• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: Mei 2016

Vir Toeka-Tokkel: Dag van die proteas

31 Dinsdag Mei 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 20 Kommentaar

Toe ons nou so oor mense en blomme blog, het nog ʼn herinnering in my opgewel: aan ʼn grandiose gebaar in ʼn gelukkiger tyd…

Durf ek daaraan terugdink? Durf ek daaroor skryf? Sal ek bloederig anderkant uitkom, of sag-mymerend en vol berusting?

My gewese man het destyds hoofsaaklik in die Kaap gewerk. Hy het ʼn woonstel in Groenpunt bewoon en ek en die kinders het die tuisfort in Pretoria gehou, veilig in die wete dat hy vir ons lief is. Vir ʼn groot okkasie het hy my Kaapstad toe laat vlieg.

Toe ek by die woonstel instap, sien ek dadelik die yslike rangskikking proteas in die portaaltjie. Nog ʼn vaas met fynbos trek my oog – en nog ʼn bos proteas, nog een, nog ene…

So dwaal ek van die een heerlikheid na die ander, dwarsdeur die hele woonstel. Hy het selfs die ysemmer as blompot opgeoffer!

My gewese man is sjarmant, wat my mammie genoem het: “Hail, fellow, well met!” Hy kan lekker gesels en mense voel instinktief aangetrokke tot hom. Die vorige week het hy deur ʼn Kaapse vriend ʼn blomboer ontmoet en saam het die driestuks sy verrassing beplan. Vragte blomme het die liewe boer van sy plaas af aangery en gewese liefling het ure lank daaraan gerangskik.

Dit het my asem weggeslaan, daardie uitbundige verwelkoming in die mooiste Kaap.

Aggenee, dêmmit, die berusting bly steeds uit…

Vir Toeka-Tokkel: ‘n mens in elke blom

31 Dinsdag Mei 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 6 Kommentaar

My dogter het ʼn tatoe van ʼn hibiskusblom skuins agter op haar lae rug – haar eie ontwerp. Hibiskusblomme pas by haar: sterk, mooi en kleurvol. Op die luukse dik wit kamerjas wat sy my tydens my kuier in die VSA present gegee het, blom hibiskusse in skakerings van pers en pienk. As ek daardie kamerjas aantrek, is dit asof sy my in haar arms toevou. In haar eerste nag op hierdie aarde het daar ʼn klein ligpienk rankrosie by haar koppie gelê, gestuur deur my mammie ter viering van haar eerste kleinkind. Nou-die-dag het ek verras vasgesteek by ʼn heining om ʼn soortgelyke rosie te bewonder en te verlang…

In my mammie se huis was daar altyd blomme, maar die een blommetjie wat my altyd aan haar laat dink, is ʼn viooltjie. Vaagweg onthou ek dat my pa viooltjies vir haar gebring het toe hy nog by haar vlerkgesleep het. Hoe verlang ek na die vars geur van blomme en groenigheid in my ouerhuis…

Jare terug, toe ek nog in die sweet van my aanskyn in verkeersknope moes vassit, sien ek skielik die papawers in ʼn beddinkie langs die straat: teer, papierdun blomblare skyn sonnig in warm kleure…en ek onthou hoe ons die harige stingeltjies van die “pôppies” se punte in ʼn kersvlam geskroei het voordat my mammie dit rangskik, sodat dit langer kon hou. Die verkeer begin beweeg en ek ry verder terwyl ek na my pa verlang.

Hy was ʼn plaaskind wat op ons voorstedelike erf en in die skooltuin steeds sy verknogtheid aan die grond gevier het deur tuin te maak. My pa is in so baie blomme: papawers, dahlias en pom-poms, gesiggies, leeubekkies, rose… Ai, die lieflike rose wat hy in oordaad vir my gepluk het om saam te vat woonstelletjie toe!

As ek ʼn sonneblom sien, dink ek aan my pa en hoe ek ʼn olieverfskilderytjie van sonneblomme vir hom bestel het, wat eers na sy onverwagse dood gereed was. Die kunstenaar het verstaan toe ek die bestelling kanselleer… Dit moes sonneblomme wees, vanweë my pa se gunstelinggedig:

Ah! Sunflower – William Blake (1757 – 1827)

Ah! Sunflower, weary of time,

Who countest the steps of the sun,

Seeking after that sweet golden clime

Where the traveller’s journey is done;

 

Where the youth pined away with desire,

And the pale virgin shrouded in snow,

Arise from their graves and aspire;

Where my sunflower wishes to go.

Oor speletjies, vir Toeka-Tokkel

25 Woensdag Mei 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 9 Kommentaar

Toortsie se “grond en stof en klippe” het my nou geïnspireer om ook terug te dink…

“Giffie” was op ʼn stadium ʼn gunstelingspeletjie, maar ek moes gaan Google-loer om die reëls in besonderhede te onthou, want ek het dit net ʼn kort rukkie gespeel, toe belet my ouers daardie speletjie. Ofskoon hulle my toegelaat het om ʼn willewragtig te wees, het hulle die streep by hierdie speletjie getrek – waarskynlik omdat hulle dit regtig as gevaarlik beskou het. Ek onthou die drie gaatjies in die grond, die plat klippe wat gegooi word en soms hoog opgespring het, die opwinding en die inspanning…

Teen die garage-muur het ek “sewetjie” gespeel (ʼn spel wat seker meer gepas was vir ʼn dogtertjie): sewe verskillende maniere om sewe maal ʼn tennisbal teen die muur te gooi en weer te vang, bv. vang dit direk; laat dit een keer hop voor jy dit vang; laat dit twee keer hop; gooi dit onder jou been deur; draai in die rondte voor jy dit vang… Vang jy mis, moet jy weer heel voor begin!

Op my tannies se groot erf in Potch was daar ʼn heerlike gelyk stuk rooi grondpad waar mens die mooiste “hopscotch”-raamwerke kon trek – die een met die kringe en dubbelblokke en ook die vierkantige een. As ek ooit my kleinkinders wil leer speel, sal ek weer eens moet gaan Google-loer, want ek het al die reëls vergeet. Ag, en waar gaan ons ʼn stukkie grond kry in hierdie stedelike wêreld van teer, sement en plaveisel?

Stay, that’s the first step.

25 Woensdag Mei 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 2 Kommentaar

Lees wat sê hierdie jong meisie…dis ware, wyse woorde!

ASHLIN BOYLES

I thought I was doing really well.

I was settling back into life in Georgia and feeling pretty accomplished. I found a place to live, a job, a gym, a routine. I was running, I was working, I was doing well in school, I was laughing with my friends. I was set.

All at once, it came crashing down. A series of events in a few weeks took my carefully tailored life into a tailspin. The physical pain I began to experience in my back was growing increasingly unbearable. My mind was slowly bending to its breaking point. Pain can do that to you–it can take every bit of sanity you think you hold and slowly burn it to the ground.

I kept pushing through. I kept thinking, it will get better, push through. Just push through the pain.

Body hurts? Push through! Heart hurts? Suck it up! That’s the only way I’ve ever known. Survive and push through.

View original post 418 more words

Vir Gabby

23 Maandag Mei 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 11 Kommentaar

“Gaan haal jou vlerkie-ding, Ouma,” beveel die helder stemmetjie.

Ek skarrel kamer toe en bring die bleekpers wolsjaal; gooi dit oor my skouers; sprei dit oop en nooi haar: “Kom sit onder my vlerk.”

Die asempie jaag van erns; die lyfie wikkel tot gemaklikheid.

Ek vou haar in my wolvleuels toe en ek wens – ag, ek wens! – dat ons vir altyd so sou kon sit, met my veilige arms vol van liefde en asem en warm lewe…

Aan my vriendin, met haar 70ste verjaarsdag

20 Vrydag Mei 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 5 Kommentaar

Jou fotogalery op fb kon netsowel my eie gewees het: bolwangdogtertjie in ʼn gesmokte kraagrokkie, die haartjies netjies gekam; met mondigwording, gehul in die stralekrans van die jeug; ʼn dramatiese foto uit die tyd toe jy in TRUK se operakoor gesing het; die akademikus besig met ʼn lesing.

Ek het lank uitgesien na jou verjaarsdagviering in jou smaakvolle woonstel. Ek het geweet daar gaan heerlike eetgoed en wyn wees, besonderse klassieke musiek, interessante geselskap. Dit was so ʼn mooi aand, met die driekwartmaan en pers aandwolkies met blinkrooi randjies. Vol verwagting het ek die trap geklim – en ek is nie teleurgestel nie.

Jy stel my voor as die vriendin wat jy op sestienjarige leeftyd ontmoet het (slimkop, dat jy op daardie ouderdom reeds op universiteit was!), wat saam met jou Asterhof se ontgroening deurgemaak het, wat jou woonstelmaat was in Hatfield en Arcadia, wat jy vandag nog “vriendin” noem.

In die een hoek blom die pragtige litroos uitbundig – en ek onthou die rubberplant wat so erg tydens een van ons trekke geknou is, dat dit een vir een blaar staan en afgooi het terwyl ʼn paar muggies daarbokant ronddraai… In die kombuis staan armsvol blomme: bloedrooi rose van jou peetkind, veelkleurige gerberas en asters en krisante.

Nie minder nie as drie van jou fyn glase sneuwel in die loop van die aand en dis hoe dit hoort: heildronke op 70 jaar moet dramaties beklink word! Ek onthou jou 21ste verjaarsdagpartytjie toe ons die plafon met kreukelpapier laer gemaak het. Toe die vaatjie bier se kraantjie ingekap word, spuit daar ʼn bierfontein dwarsdeur die papierplafon en die hele plek ruik soos ʼn sjebeen.

Vanaand is die atmosfeer rustiger, maar gʼn snars minder feestelik nie. Jy en ʼn mede-musikant speel ʼn concerto vir twee altviole, begelei deur ʼn pianis wat haarself vooraf beskryf het as sou sy die rol van ʼn hele orkes moes vervul – wat sy dan ook met swier regkry!

Deur die besonderse woorde van E wat die heildronk op jou instel, word jy geteken: briljant, begaafd, kunssinnig en gekompliseerd. Ek teug diep aan die sjampanje en eggo haar mooi wense vir jou in my hart…

Oor legkaarte, vir Toeka-Tokkel

17 Dinsdag Mei 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 23 Kommentaar

Teen my kamermuur hang ʼn pragtige geraamde legkaart – ʼn fantasiefiguur van ʼn vlindervrou met wilde blonde hare en pouvere, omring deur blomme, voëltjies en feë, in die pragtigste ryk, gedempte kleure met ʼn metaalglans. In die een hoek is daar ʼn silwerblou en pers see met seilskepe onder ʼn sekelmaan, en die water wat die see vorm, drup uit ʼn pragtige skulp. Daardie stukkie van die legkaart, waarop die druppende water afgebeeld is, kon ons eers heel laaste ingepas kry, want ek en my dogter het die stukkie heeltyd dwars laat lê in plaas van vertikaal, met die gevolg dat ons nie besef het die strepies is druppende water nie.

My kind het by ʼn boekwinkel gewerk toe sy hierdie legkaart gekoop het, in die tyd voordat sy oorsee is om by Disneyworld te gaan werk. Toe ons dit klaar gebou gehad het, het sy dit laat raam en nou is dit ʼn kosbare herinnering aan gelukkige ure wat ons saam kon deurbring.

Ek kyk dikwels na daardie laaste stukkie en wonder wanneer en hoe ek die laaste stukkie van my lewenslegkaart ingepas gaan kry… Is daar iets wat ek strykdeur verkeerd-om laat lê? Om ure lank aan ʼn legkaart te bou en dan agter te kom dat ʼn paar van die stukkies weg is, is ʼn groot teleurstelling. Hoe nou gemaak met verlore stukke en die lelike gate wat dit in my lewe laat?

Te midde van my wroeging eggo die woorde: “Kyk, Ek maak alles nuut.” (Openbaring 21:5)

 

 

Oor (by)name, vir Toeka-Tokkel

11 Woensdag Mei 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 17 Kommentaar

Vandag kierang ek, want ek gaan oor die verskillende vorme van my naam skryf, nie juis oor rêrige byname nie.

Ek het my ouma se tweede naam gekry – Francisca – en dit was nog altyd vir my ‘n mooi naam, dus ag ek myself baie gelukkig. (Anders as my liewe dogter, wat die naam Vilette gekry het, omdat haar ouma Violet niks van die idee gehou het dat haar kleindogtertjie met “Violet” opgesaal moes word nie. “Vilette” is die Afrikaanse benaming vir die mooi, geurvolle pers en pienk ritse wintersblomme wat die Engelse “stocks” noem – en dit was ook die skuilnaam waaronder haar ouma af en toe artikels en briewe aan die pers geskryf het. Ek dag toe dis ‘n goeie kompromie – hoe moes ek nou weet dat haar hoërskoolmaats haar “steak” sou doop!!)

Deur die jare het verskillende vorms van my naam verskillende persona vergestalt:

Cisca – geliefde dogter van liefhebbende ouers. ‘n Paar mense noem my nog so: my voormalige bure uit die dae toe ons kinders grootgemaak het; my ouderling en diaken uit daardie selfde tyd. Wanneer iemand my so noem, versmelt my hart…

Fanska – bedorwe brokkie van my ma se suster, Tannie Katy – die pragtige mens wat nooit getrou het nie en so lekker met haar susterskind gespeel het. Ek onthou nou nog hoe sy my teddiebeer gryp en kammakastig met hom weghardloop. Haar kamer was de ene “glamour”, omgeef deur die heerlike geur van Philnana-parfuum, met ‘n ingeboude kas waarin Fanska kon inkruip om die talryke mooi skoene te bewonder.

Fran (my gunsteling!) – my alter ego se naam: die amateurtoneelspeler, die onafhanklike jongmeisie wat laatnag na repetisies met haar rooi kewer deur Pretoria se strate huis toe gejaag het. My kosbare vriend uit daardie dae noem my nou nog so en dis vir my heerlik om op daardie naam voorgestel te word.

Fransie (og, hoe het ek dit gehaat!) – een van my kollegas het my so genoem en omdat ek jonk en beleefd was, kon ek nooit die moed bymekaarskraap om hom te vra om dit nie te doen nie.

Grimzelda – ja, ek weet ook nie hoe dié pêl daarby uitgekom het nie! Dalk omdat ek dikwels vir hom vies was?

Tannie Cicca – die naam waarop my broerskinders my noem.

Tannie Frannie (“Frannie” rym met “Tannie”) – die blognaam wat ek gekies het toe ek doelbewus met die benoeming “Tannie” wou vrede maak. Een of twee bloggers noem my net “Frannie”, ‘n bedagsame gebaar wat ek geweldig waardeer. Sien, Afrikaanse kinders word op een van twee maniere opgevoed: óf jy “Oom” en “Tannie” voor die voet almal tien jaar ouer as jyself as teken van respek, óf jy doen dit NIE want hulle is nie familie nie! Diegene wat volgens laasgenoemde beginsel grootgemaak is, is die ouens wat sukkel…

 

 

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Nuutste kommentaar

Una oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Weerberig, 25 Januarie 20…
woordnoot oor Weerberig, 25 Januarie 20…
scrapydo2.wordpress.… oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Sondagstap

Argief

  • Januarie 2023
  • Desember 2022
  • November 2022
  • Oktober 2022
  • September 2022
  • Augustus 2022
  • Julie 2022
  • Junie 2022
  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

DeWetsWild Photography

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

Hannes van Eeden

Bodemklippe

Docendo discimus

Enelda

Sonder 'n masker

Wild Adventures Blog

Journey to the wild

Jan Peppler HOME

Exploring Our Connection to People and Place

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino Stories & Other Journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

'n Webwerf vir die Afrikaanse digkuns

Masha du Toit

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 223 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar