• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: November 2017

Lê-Jou-Eier: Jy leef net een keer – lek die bak uit!

27 Maandag Nov 2017

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 8 Kommentaar

Die deeg van my lewe is reeds gemeng en gebak; al wat oorbly, is die laaste lekker lekseltjies.

‘n Leeftyd gelede staan sy na die aanddiens saam met vriende voor ‘n sierlike ou kerk. “Kyk,” sê sy, “kyk hoe mooi is die skaduweetjies van die jakarandatakke op die plaveisel.” Die jongman met die deurdringende ligblou oë en die bos blonde krulhare kyk verras na haar: “Jy kyk fyn…”

Jare en jare daarna, toe haar lewe reeds ‘n paar misbaksels opgelewer het, skryf hulle ‘n stormagtige storie saam. Net toe sy dink hulle sou saam die lewenspad kon stap, draai hy na iemand anders en trou met haar. Die laaste keer toe hulle met mekaar gepraat het, was vol wedersydse onbegrip en verwyte.

Meer as ‘n halfeeu later woon sy as besoeker die kerssangaanddiens in daardie einste kerk by. Die musiek is verruklik en die tema aangrypend: Dans, dans met God, wat die sleutels van die Lewe aan jou gee. Sy sit langs die gangetjie en toe daar ‘n paar werklike sleutels uitgedeel word, word een ook aan haar oorhandig. In absolute vervoering stap sy by die kerk uit om vir haar vriendin te wag wat in die koor gesing het.

Sy sien hulle aankom, ‘n gemeensame groepie: man met ‘n bos grys krulhare, vrou en vriendin. Die twee vrouens gesels heerlik; hy skuifelstap maar in gemoedelike stilte saam. Vir een wilde oomblik wil sy uit die skaduwees naderhardloop, haar arms om hom slaan, vir hom vra of hy haar onthou, vertel dat sy vanaand gehuil het oor Somerkersfees, vertel dat haar man haar laaankal gelos het en dat amper al haar mense ver weg woon waar dit Kersfees sneeu… Dan besin sy haar en trek ‘n bietjie dieper in die skaduwees terug.

Gisteraand het ek die kans om ‘n lekseltjie van my lewensdeeg te proe, aan my laat verbygaan. Dalk ook maar goed, want dit sou baie maklik galbitter kon gewees het.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=751225

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

U omsluit my van alle kante

22 Woensdag Nov 2017

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 8 Kommentaar

Die wonderlike speelplekke wat die Skepper vir ons gemaak het, slaan soms my asem weg: die blink blou see by Brenton-on-Sea, die woudpaadjies by Tsitsikamma, sandstrande en rotstorings.

Die Skepper het ook klein-klein speelgoedjies gemaak, waarvan enetjie hierdie ouma se dae ophelder: ‘n peuter se voetjie. So sag soos satyn, ferm soos ‘n satynkussinkie, met die vyf ronde toontjies op ‘n ry, soos ertjietjies, net reg vir streel. Ek sit Joshi op my heup en loop met hom rond terwyl ek met daardie ry toontjies speel…

Wanneer ek hom weer neersit, sprei altwee voetjies se toontjies oop sodat die groottoontjies dwarsweg vastrap en dit lyk soos rudimentêre handjies wat aan die grond vasklou. “Gaan sit, Joshi,” beveel ek en hy gehoorsaam summier. Ek vat ‘n voetjie en druk-druk van onder teen die toontjies. Die ertjietjies ontwikkel stingeltjies – hoe kunstig is hierdie voetskarniertjies!

Psalm 139:14 – Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.

Met die hoed in die hand…

18 Saterdag Nov 2017

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 11 Kommentaar

Ai, ek wil darem baie graag die Bloggachino daar naby die dam gaan beleef, maar my karretjie (en sy bestuurder) is onbetroubaar.

Nou vra ek maar die bloggers in Pretoria vir ‘n saamrygeleentheid. ‘Seblief? Ek sal help petrol betaal, gesels as jy wil en shaddap as jy dit verkies.

My pa

11 Saterdag Nov 2017

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 10 Kommentaar

10 November is my pappa se verjaarsdagdatum. Hoe geseënd is ek om so ‘n pa te kon gehad het!

Iewers is daar ‘n kiekie van hom met ‘n klein katjie in elke hand en die teerste glimlaggie op sy gesig. Een van my eerste herinneringe is hoe hy my opgeswelde voet gestreel het toe die bysteek erg gejeuk het. Ek sien sy sorgsame hande, besig om vir my ‘n stukkie biltong te kerf.

Altyd was hy beskikbaar om my rond te ry: winkels toe, openbare swembad toe, na maatjies se huise toe. Vir my toekoms het hy gesorg deur vakkeuses te bespreek en ‘n onbeperkte boekerekening oop te maak. Hy het my danslesse laat neem voor ek universiteit toe is – hoeveel heerlike aande het dit my besorg om met selfvertroue oor die dansbaan te kon gly!

Op ‘n klipperige Wes-Randse erf het hy die wonderlikste boord en prieel aangelê; elke jaar op haar verjaarsdag die eerste sappige perske seremonieel aan my mammie oorhandig. Vir my het hy in liefderike oordaad vrugte en blomme gepluk om saam te vat na my eenvrouwoonstel toe.

Hy was ‘n geliefde skoolhoof wat sy roeping met oorgawe uitgeleef het; ‘n toevlug vir onderwyser, ouer en kind. Een jaar na sy aftrede is hy skielik oorlede. Met sy begrafnis het van die skool se personeellede teen my mammie se skouer kom huil…

Ag pappa, ek verlang.

Verjaarsdagwens

08 Woensdag Nov 2017

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 9 Kommentaar

My Liefiekind

Die dag toe jy gebore is, moes Ouma eers ‘n stuk werk klaarmaak voordat ek jou kon gaan ontmoet. Lank dié middag het ek jou op my skoot vasgehou en na jou slapende ou gesiggie gekyk – so klein, so weerloos. Vandag is dit presies vier jaar gelede.

Jy en ek het in hierdie vier jaar allerlei avontuurtjies beleef, maar my beste herinneringe is aan ons stappies in die Botaniese Tuin. Onder hoë bome het ons geskuil en oor grasvelde gehuppel. Ons het kolganse en kiewiete gesien en soms gaan sit en ryspoeding geëet.

Deesdae help jy my graag om eiers te klits en deeg aan te maak. Jy is ‘n nuttige helpertjie, soos nou-die-dag toe ons die roompoffertjies met die hand moes vorm omdat ons nie ‘n versierspuit gehad het nie. Ewe behendig het jy elke deegklontjie bewerk – ag, en dat jy hier teen die einde van die proses ‘n hele ry met jou voorarmpie platgedruk het, sal ons vir niemand anders vertel nie, nè?

Wanneer jy vies of hartseer of verleë voel, druk jy jou koppie so skuinsweg teen jou skouertjie en korrel met ‘n vreeslike frons na ‘n mens. Wanneer jy lag, juig die hele wêreld saam.

Jy is so lief vir klim! Partykeer het jy amper my hart laat gaan staan met jou onverskrokkenheid. Nou klouter jy rats op en oor jou klimraam, swaai soos ‘n apie daar af en land veilig en vas op jou voetjies. Jou handjies het eeltjies aan die binnekant van al die vashouwerk.

Hoe vertederend is dit om te sien hoe jy daardie handjies teen mekaar sit as daar gebid word! Mag jy tog nooit op jou lewensreis jou kinderlike geloof verloor nie.

Mag jou vreugde meer wees as jou verdriet, jou hele lewe lank.

100_2218.JPG

‘n Groen sterretjie

06 Maandag Nov 2017

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 10 Kommentaar

Klein Gabby word vandeesweek vier jaartjies oud en ons het Saterdag partytjie gehou.

Skoolmaatjies, niggie en nefies het kom saambaljaar en eet; onder die berg geskenke ingevaar en chaos geskep soos wat net klein kindertjies kan.

Die oumas en oupas het in die koel lapa met sy Bosveldse grasdakgeur teen die hitte geskuil en die jong ouers het die son buite trotseer.

Dit was ‘n wonderlike dag.

Sondagoggend vroeg bring Gabby vir my ‘n plakkertjie uit een van haar presentboeke met ‘n groen sterretjie (groen, want sy weet dis my gunstelingkleur). Toe ouma vra hoekom sy ‘n sterretjie kry, hoor sy die volgende getuigskrif:

Want jy pas jou kamer op en jy kam jou hare en jy borsel jou tande en jy slaap soet.

 Ouma het inderdaad Saterdagnag soet geslaap – sy was vodde.

Lê-Jou-Eier: Hygroman?

02 Donderdag Nov 2017

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 5 Kommentaar

Ofskoon ek al wat ‘n hygroman is op my dogter se boekrak met plesier verslind het, voel ek tog dat dinge vandeesweek handuit ruk in die hoenderhok. Daarom stel ek graag vir Philip de Vos aan die woord, uit sy bundel Daar’s Bitterals in die Heuningwals, in 1988 deur Tafelberg uitgegee.

Kyk net

allie goggas –

zoemend

deur die lug –

poedelnakendkaalbas

vlieg hul heen en trug.

Vir iemand

rein en redelik

is goggas wel onsedelik,

en dus is ek vol kommer

oor muskiet en vlieg en brommer.

Gee my liefs ‘n wyfie

met ‘n goggabuustelyfie,

want oor ‘n brommer met ‘n bra

kan g’n mens tog immers kla.

Ek verkies ook elke zoemer

met ‘n skoongewaste bloemer

en ‘n kappie en ‘n rokkie

en ‘n splinternuwe frokkie –

want só – glo ek –

bly goggas

skoon en vroom en rein

en word g’n mens op aarde

se sedes ondermyn.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Donkiehemel
  • In die oomblik -2022(12)
  • Nostalgie 2
  • Vroegherfs
  • Hosanna!

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Donkiehemel
  • In die oomblik -2022(12)
  • Nostalgie 2
  • Vroegherfs
  • Hosanna!

Nuutste kommentaar

Tannie Frannie oor Donkiehemel
HesterLeyNel oor Donkiehemel
daisyopdiestoep oor Nostalgie 2
appeltjie oor In die oomblik -2022(12)
Tannie Frannie oor In die oomblik -2022(12)

Argief

  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige navorser

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino stories & Other journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha du Toit

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Hond Se Gedagtes

Advies vir troeteldiereienaars

elanabarkerhome.wordpress.com/

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 222 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...