Joshua speel hy is ‘n hondjie, kruip onder ouma se lessenaar in, nog steeds in sy pijamas.
Ouma: “Kom ons gaan trek jou aan.”
Joshua: “Kom ons speel die hondjie het nie klere nie.”
24 Woensdag Mar 2021
Posted Uncategorized
inJoshua speel hy is ‘n hondjie, kruip onder ouma se lessenaar in, nog steeds in sy pijamas.
Ouma: “Kom ons gaan trek jou aan.”
Joshua: “Kom ons speel die hondjie het nie klere nie.”
21 Sondag Mar 2021
Posted Uncategorized
inHy dra ‘n “monster-onesie”, ‘n grys eenstukpijamapak met ‘n kappie met tande en twee oranje horinkies. Mens sou dink dat hierdie mondering enige moontlikheid van waardigheid sou kanselleer, maar sy beskuldiging van verraad styg uit bo die absurde en laat ouma verslae en sonder verweer.
Want sy het vir Joshua se mamma loop vertel dat Josh die groot swart-en-wit kat in die katmandjie ingebondel en toegemaak het, alle instruksies om dit nie te doen nie, ten spyt.
Nou staan Joshi hier voor haar met die trane wat loop onder die kappie met die tande en die oranje horinkies: “Jy moenie dit sê nie, jy móénie!”
Sies, ouma, jy wat so hoog opgee oor oumas en lojaliteit teenoor hulle kleinkinders, skaam jou…
19 Vrydag Mar 2021
Posted Uncategorized
inAalsie skryf: “Met net mooi genoeg provokasie sal elke vrou dalk, ja dalk tóg! een vir een hulle bladsye terugskryf sodat die leser kan agterkom HOE en WAT en HOEKOM elkeen in haar eie reg geluk gevind het. https://fresh.inlinkz.com/p/567e0dbec3284abbacab09e8d73f276e”
Laatnag/vroegoggend op Rebusfontein sluip Frannie met die wenteltrap af en lig die valdeur in die vloer van haar ivoorbaksteentoring. In die maanlig dra sy ‘n yslike ou boek trap-op na haar lessenaar daar voor die toringvenster, slaan dit oop en kyk na die gat in die middel, waar die Goue Vroue hulle pynlik eerlike stories een aand seremonieel met ‘n knipmes uit die hart van die boek uitgesny het.
Die opdrag het nou van Aalsie af gekom: “Dis tyd vir heelword! Skryf julle stories terug in daardie boek in, maak die gat heel – julle het immers almal reeds vrede bereik, of hoe?” Frannie trek haar skootrekenaar nader en begin tik…
“Daardie dag in die VSA het ek gesweer ek praat nooit weer ‘n enkele woord met Silver nie. Mansmense is so stjoepit! Hy was veronderstel om agter my aan te hardloop en mooi te praat, nie om hom te wip en weg te ry, landuit te geepad, terug na SA toe nie! En toe loop verkoop hy sy Harley en foeter in die Overberg rond in ‘n lendelam Volksiebus soos wafferse hippie – sonder my, nogal!! Ek weet dit vir ‘n feit, want Toortsie het hom gesien. (Ai, dit sou so lekker gewees het om daar rond te ry, te kyk na die mooie panorama, oor die strand te stap en in die lieflike see te swem…)
“Hoe kón hy my so in die steek laat na ons wonderlike geskiedenis: die tango in Pretoria, die kuier op Cullinan, die konsert in die Rebusrus-amfiteater?” Die maanlig blink op ‘n groot traan wat teen Frannie se wang afbiggel. Vererg vee sy dit sommer so met die agterkant van haar hand af en tik verder:
“Dit het lank gevat, maar ek dink ek’s nou oukei, want ek het ophou soek. Vir my is die veilige hawe van ‘n volgehoue liefderike verhouding klaarblyklik nie beskore nie. Dis tog te jammer, ou girl, dat jy soveel tyd en inspanning vermors het in jou lewenslange, vergeefse soektog! Maar jy het nog die nóú, Rebusfontein met sy diere (Santie, ek gaan jou nog mooi na my hand leer!), en die heel belangrikste: die Goue Vroue se vriendskap. Dis genoeg – dis meer as genoeg.”
Soos wat Frannie getik het, het die woorde ook in die boek verskyn. Die gat is een bladsy vlakker, die bladsy waarop haar vredestorie verskyn. Frannie sit die boek onder haar arm en stap uit op die meent, wat in die vroegoggend se ligroos gloor uitgestrek lê. ‘n Oomblik lank verlustig sy haar in die Afrikalug, dan begin sy aanstryk om die boek aan Aalsie te oorhandig, wat volgende haar storie gaan skryf.
16 Dinsdag Mar 2021
Posted Uncategorized
inOns is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein.
Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus het om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
Volg hierdie skakel om by die Inlinks te kom waar al die stories in die regte volgorde verskyn: https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af
In haar ivoorbaksteentoring sit Frannie en peins oor die kenmerke van mense wat in Juliemaand gebore is en onder die sterreteken Die Krap (soms ook “Kreef” genoem) val. Hulle dra die harde dop van die seedier, maar binne is hulle murgsag. Huislike geluk en warmte is vir hulle hoogs belangrik. Die see en die maan wat die getye bepaal, stem hulle tot drome en mymeringe… Frannie snork van viesgeid en dink: ja, en hulle foeter al in die verkeerde rigting, skeef-skeef nes ‘n regte krap!
Sy vlieg op, gryp haar voorskoot en begin aanstryk kookklas toe. Ter ere van haar verjaarsdagmaand het sy besluit sy gaan vandag ‘n souttert met krapvleis maak, al hou sy nie juis van seekos nie. Die instruktrise Isabella Qh… Kge…Ghebê… Aaag, newwermaaind, hulle noem mos almal mekaar op die voornaam! Isabella se opdrag vir vandag se klas was om ‘n eie resep vir ‘n teetafel te maak, met raakpunte met hulle eie sterreteken. Frannie waai by die toetskombuis in, vol selfvertroue. Dis ‘n maklike resep, mens moet net weet hoe om ‘n romerige, klontvrye witsous aanmekaar te slaan.
Vol vertroue begin sy roer, maar o allawêreld, wat gebeur hierso? Die sous het klonte in! Wag, laat sy met die handklitser inspring, dit behoort die ding te doen. Frannie raak al hoe meer ontsteld. Isabella, wat op pad is na Frannie se werkstasie toe, herinner haar al te veel aan haar kwaai Huishoudkundejuffrouens in die jaar toet. Frannie klits en klits maar dis tevergeefs, die sous is ‘n onredbare gemors…
Toortsie kom agter daar’s fout en staan nader. “Frannie, jy sal moet oorbegin, niks gaan daardie sous red nie. Of wag, laat ek sommer gou-gou vir jou ‘n nuwe witsous aanmekaarslaan. Seegogga! Kom help ons vriendin, kan jy asseblief vir haar die krapvleisies uit die dop en pote haal? Aa, Una, bly jy het kom loer wat hier aangaan, kerf gou-gou vir ons die groente. Frannie, maak jy nou net die kors, jy is mos goed met meelgebak – hiert jy, nou waar is die vrou dan nou heen?”
Trommeltjies is dik van die lag: “Sy’s daar agter by die wasbak, sy sê al waarvoor sy in ‘n kookklas goed is, is om die vadoeke te was.” “Ek sal haar gaan haal,” bied Positief aan, “as sy nie nou dadelik weer verder kook nie, gaan sy al haar selfvertroue verloor.”
Frannie word rooigesig en skoorvoetend aan die hand teruggelei na waar Aalsie vir haar bestanddele reggesit het om die kors mee te maak. Appeltjie het klaar die eiers geklits en is nou besig om die bakpan vir haar te smeer en Scrapy moedig haar aan: “Kom nou, Frannie, dink net aan al die mooi broodjies wat jy al gebak het. Hier het jou maats nou vir jou die vulsel reg, al wat jy hoef te maak, is die kors! Moenie dat valse trots jou vandag in die wiele ry nie, jy weet mos die Goue Vroue help graag.” Bondeltjies gee haar ‘n vertroostende drukkie, San klop haar bemoedigend op die skouer en Frannie spring aan die werk. Toe sy sien wat gebeur, het Christa Isabella se aandag afgelei en haar in ‘n druk gesprek gewikkel, sodat sy nie die petalje rondom die klonterige witsous sou sien nie. Met puik teenwoordigheid van gees skink Sonell vir Frannie ‘n stywe dop frangelico en volg dit op met ‘n tweede…
Intussen dek Woordnoot die allermooiste teetafel met ‘n groen geborduurde tafeldoek, fyn servetjies en ‘n woestynrosie langs elke koekbordjie. VirgoC rangskik die blomme en kruietakkies wat sy gebring het om as fokuspunt te dien. Die souttert is ‘n reusesukses en Kameel gaan stal dit neffens al die ander fyngebak uit. Frannie sink op ‘n stoel neer en trek vrugtekoek en tee nader, terwyl sy ongemerk aan ‘n derde glas frangelico teug. Heelwat later lewer sy ‘n snikkende, hikkende toespraak van dankbaarheid (Isabella verstaan nie waarom die oorstuurde vrou aanhoudend uitroep: “Een vir almal en almal vir een!” nie). Daarna word Frannie na haar toringhuisie begelei, waar sy nanag onder die volmaan sit en droom oor die collage wat by die maand Julie in hulle kalender gaan verskyn: een-een swem die Goue Vroue in seewater en maanlig…
16 Dinsdag Mar 2021
Posted Uncategorized
inVir Kersfees het my Amerikaanse kinders vir my (onder andere) ‘n Kindle present gegee en sodoende ‘n jarelange onuitgesproke wens vervul.
Nou, terug in SA, vrees ek g’n beurtkrag nie, want ek kan aanhou lees, ek moet net sorg dat die wonderlike apparaatjie gelaai bly. Ek lees dat die letters spat: goedkoop fantasieverstrooiing, heerlike Deon Meyer, intense Etienne van Heerden. Ek lees soggens, smiddags, saans, snags.
Vanoggend sit ek met ‘n “outydse boek” en betrap myself dat ek ewe optimisties regs onder op die bladsy tik, in vaste vertroue dat die bladsy homself nou gaan omblaai…
11 Donderdag Mar 2021
Posted Uncategorized
inMy kleindogtertjie Gabby se hare is haar trots: twee lang vlegsels aan weerskante van haar koppie. Vanoggend is die punte van die vlegsels sopnat.
Ouma: Hoekom is jou hare so nat?
Gabby: Want ek het my voete gewas.
04 Donderdag Mar 2021
Posted Uncategorized
inUiteindelik is ek en die opgegaarde “pampiere” van ‘n leeftyd herenig…
Ek kom op Middelkind se st. 4-bloemlesing af. Dit begin besonder goed: BLOEMLESING in netjiese sjabloonletters, met ‘n foto van Eugéne Marais en ‘n kort stukkie oor sy digkuns. Op die volgende bladsy is ‘n tekening van ‘n wilde gesig met ‘n ronde oop mond ter illustrasie van “Die winterwind” deur E. van der Merwe. Daarna kom ‘n paar spreuke van Langenhoven aan die beurt en dan “Dis al” van Jan F.E. Cilliers. Daar is ‘n goeie skets van die blond, die blou, die veld en die lug, met ‘n grafsteen tussen die grasse. Ek lees die klein lettertjies van die grafskrif – ‘n erge anachronisme: “Rus in vrede 1816-1834”. Hoe het ek dit oor die hoof gesien? Het seker maar vinnig geloer en “mmm” gesê, indien ek ooit daarna gekyk het – my arme middelkind… Dan kom die laaste inskrywing: “Die Sfinks van Memfis” sonder erkenning aan die digter. Drie gedigte en ‘n paar spreuke vir ‘n hele jaar? Waar was die kind se ma? Besig met ‘n kleuter, ‘n huishouding en ‘n oggendwerk wat in middae en aande oorgespoel het, dís waar.
Hierdie kosbare seun wat maar sy eie weg deur die skooljare gevind het, het ook sy eie weg ná skool gebaan. In 2020 het hy ‘n Meestersgraad in Rekenaarwetenskap cum laude behaal. Ondanks sy ma, wat desnieteenstaande bars van die trots.
Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"
Leer, Speel, Skep
... en sê nou daar's 'n ... kat?...
Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer
Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies
Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas
A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough
Every journey begins with the first step
Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten
Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir
Opvoedkundige navorser
Lig is beter as duisternis
Afrikaanse kortverhale
Missives from far and near
Skrywer
Camino stories & Other journeys
Saam kan ons ‘n verskil maak
Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend
Idees, raad en pret !
Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals
Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!
Home
My journey, my lewe in Skotland
Reisjoernaal oor Hier, asook Daar
Musings about my travels...
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
From pregnancy to parenting in a busy world
A pensioner's blog
Ons onthou die lekker dinge van die verlede
- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand
Fine Art Photography, Napier, South Africa.
My vreugdes en frustrasies
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
Living the life of the common people.
~ 'n Weblog vir die Afrikaanse digkuns ~
A year in the Cape Floral Kingdom
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede
Advies vir troeteldiereienaars
Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.