• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: November 2016

2016 Waar lees jy lekker? Tannie Frannie se keuse

18 Vrydag Nov 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 11 Kommentaar

Dankie aan Hester vir die benoeming en aan Toortsie vir die idee.

Hierdie is ‘n blogspeletjie wat ten doel het om ons blogs, verkieslike Afrikaanse blogs, ‘n bietjie blootstelling te gee.

Hoe dit werk:

  1. Dis totaal vrywillig. Jy hoef net deel te neem as jy regtig wil.
  2. Dit sal baie lekker wees as jy deelneem.
  3. Word jy benoem? Hartlik geluk! Dit beteken iemand lees graag by jou!
  4. Noem jou bloginskrywing: 2016 Waar lees jy lekker? (jou naam) se keuse.
  5. Bedank die persoon wat jou benoem het en tag die bloginskrywing waarin jy benoem is. (Omdat soveel mense vra: Kliek op bloginskrywing se opskrif, kleur die URL in, regskliek, copy; Dan in jou beheerpaneel waar jy die bloginskrywing skryf, kleur die woord in wat verwys na die persoon wat jou benoem het, regskliek en paste.)
  6. Herhaal die eerste sin in hierdie bloginskrywing, asook die reëls, sodat die volgende persoon ook weet waaroor dit gaan.
  7. Benoem 3 tot 5 bloggers/blogs waar jy graag lees en sê ook hoekom jy graag daar lees. Onthou om elkeen op dieselfde manier te tag. Kliek op ‘n bloginskrywing, kleur URL in …
  8. Jy mag iemand benoem wat alreeds benoem is, maar veral nuwe name is ook altyd welkom.

Vyf (nee, ses, nee, sewe!) bloggers wat nog nie genoem is nie:

poerdezmerdez.wordpress.com vir haar droë sin vir humor

perdebytjie.wordpress.com vir haar liefde vir Afrika-landskappe en haar wonderlike foto’s daarvan

neteknogsteeds.wordpress.com vir haar menswees en die interessante kunsgrepe wat sy met ons deel

newsferret.wordpress.com vir sy sagte oog op mense en honde en die manier waarop hy ons ‘n aangename dag of ‘n gawe naweek toewens

scrapydo2.wordpress.com vir haar menslikheid en die interessante detail oor Nieu-Seeland

binnekantoe.wordpress.com vir haar keurige taalgebruik en fyn lewensfilosofie

dewetswild.com vir die wonderlike kennis oor die natuur wat hy met ons deel en die harde werk wat in sy reisblog ingaan

En (‘skuus, Lou) as julle gedink het ek kroek met sewe in plaas van vyf nuwe name – kyk wat vang ek nou aan:

Dit kan nie anders nie – ek moet eenvoudig die volgende bloggers ook noem, al is daar reeds elders na hulle verwys: Tina van Rondomtaliedraai, Toortsie en Kameel, en Hester van Dis Ekke.

Die heeltyd kom daar nog name by my op: Monica van McGregor se dinge, Dalene van Dans met elektroniese ink – maar my mentor het gesê mens moet weet wanneer om ‘n streep te trek…

 

 

Die dag toe Mickey Mouse ‘n draai by die doopvont gemaak het

13 Sondag Nov 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 17 Kommentaar

ʼn Doopsondag roer altyd hierdie ouma se hartsnare: die ernstige formulier, die gespanne ouers, die formele uitspreek van die kindjie se naam, die pragtige ou babatjies. Gelukkig is daar altyd ʼn komiese element ook, wat my help om nie sommer in die onbeholpe sensitiwiteit van die ouderdom in trane uit te bars net omdat die hele seremonie vir my so vreeslik mooi is nie.

Vandag was weer so. Die babadogtertjies is opgetooi met die fraaiste kopbandjies (ʼn mode wat sekerlik vir predikante moet laat voel asof hulle aan ʼn hinderniswedren deelneem, maar watwou – hulle navigeer die struikelblokkies heel behendig). Met sy “sense of occasion” en lieflike deernis doop ons predikant vyf kleintjies. Die jongste babatjie skrik toe hy die koue druppels water op sy voorkoppie voel. Die peutertjie sit doodstil en wys met sy mollige voorvingertjie na die water – ʼn omgekeerde weerspieëling van die tafereel tussen God en Adam in die Sistynse Kapel. Ná die druppels water is daar ʼn effense pouse, terwyl die predikant sy hand in seën oor die klein voorkoppie uitgestrek hou. Nie een baba huil nie en ek is namens die ouers dankbaar, al het  ons geliefde voormalige herder wat verlede jaar oorlede is, gesê dis die kindertjies se manier om die Here te prys.

Die gesin wat my hart gesteel het, het skuins voor my gesit. Toe die ouers voor moet gaan staan, weet Boetie (ek skat hom so twee jaar oud) nie mooi wat om nou te doen nie. Hy gryp sy yslike opgestopte Mickey Mouse en gaan staan in reddelose stilte in die middel van die gang totdat sy pappa terugdraai, hom kom optel en saamvat vorentoe. Alle eer aan daardie pa! Dis nie enigeen wat ʼn doopseremonie met grasie kan deurmaak terwyl jy jou ouer kindjie met sy yslike Walt Disney-karakter op jou arm dra nie. En waarom sou Mickey Mouse nie ʼn draai by die doopvont kon maak nie? Hy verteenwoordig geslagte-lange positiewe stories en die geleentheid vir derduisende kunstenaars om aan hulle kreatiwiteit uiting te gee. Vanoggend was hy ʼn anker vir ʼn klein seuntjie wat nou sy wêreld met ʼn nuweling moet deel en kon hierdie seuntjie danksy sy pappa se sterk en liefdevolle arm ʼn vriendelike, genadige kerk beleef.

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Nuutste kommentaar

Una oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Weerberig, 25 Januarie 20…
woordnoot oor Weerberig, 25 Januarie 20…
scrapydo2.wordpress.… oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Sondagstap

Argief

  • Januarie 2023
  • Desember 2022
  • November 2022
  • Oktober 2022
  • September 2022
  • Augustus 2022
  • Julie 2022
  • Junie 2022
  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Create a free website or blog at WordPress.com.

DeWetsWild Photography

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

Hannes van Eeden

Bodemklippe

Docendo discimus

Enelda

Sonder 'n masker

Wild Adventures Blog

Journey to the wild

Jan Peppler HOME

Exploring Our Connection to People and Place

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino Stories & Other Journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

'n Webwerf vir die Afrikaanse digkuns

Masha du Toit

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 223 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar