Sleutelwoorde
bloganuary, bloganuary-2024-16, dailyprompt, dailyprompt-1819
Die plek in my lewe wat soebat om opgeruim te word, is my geheue. Die lamlendige lêers met herinneringe in daardie plek lyk omtrent soos die foto hier bo. Ek wil hulle regop staanmaak deur te besef dat ek op daardie stadium na die beste van my vermoë opgetree het – ek wil nie meer kopskuddend wonder hoe op aarde ek soiets kon gedoen het of nié kon gedoen het nie.
Ek wil die stof van berou wegvee; ontslae raak van die spinnerakke van spyt; my nie langer skaam vir my jonger simpele self nie.
Wag maar, as ek eers daardie vensters gewas het, gaan ek my hele lewe in nuwe, positiewe perspektief sien…