• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: September 2019

Aanhaling

What is it about Rebusfontein and King Louis VIII? — SEVEN CIRCUMSTANCES

30 Maandag Sep 2019

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 29 Kommentaar

On the subject of fictional worlds: I’d like to introduce you to “Rebusfontein”. Rebusfontein (pronounced rhéá-booz-fonteyn) is an Afrikaans name meaning Rebus Fountain. In South Africa, which is partly semi-arid, many inland place names end in words that have to do with water – fountain, dam, river, stream, etc. A rebus is a word and picture puzzle. […]

via What is it about Rebusfontein and King Louis VIII? — SEVEN CIRCUMSTANCES

Towerinne! Lees net hier! Hierdie blogger het bande met Suid-Afrika en sy dink die inwoners van Rebusfontein is nogal oulik 😀 Haar opinie beteken baie, want haar blog spreek van insig en kundigheid.

Misterie van die ou biblioteek, hoofstuk 2

23 Maandag Sep 2019

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 32 Kommentaar

le-jou-eier1-e1512926357627

Onthou julle nog Kim Kardashian se tolk? Die jongeling wat besluit het hy gaan terug na sy oupa en ouma se Bosveldplaas? Sy naam is Jakobus en sy ma is ‘n dinamiese antiekhandelaar in Johannesburg. Jakobus het haar vertel van die antieke koekstaander op my stoep en sy is baie opgewonde – skynbaar is dit besonderse Africana waarvoor die regte versamelaar baie sal betaal, dalk sommer nog met ongeslypte diamante! Silver het onderneem om die transaksie te gaan beklink – hy is netnou hier weg op sy Harley, met die koekstaander veilig in een van die sy-tasse weggepak. Hopelik kry ons ‘n ou ietsie om ons deur te sien totdat daar tyd is om die herehuis behoorlik vir skatte te fynkam.

Hoop julle geniet die croissants wat Lorenzo vir ons gebak het (ja, ek weet – hoeveel talente gaan ons nog ontdek??), Toortsie se heerlike neutemuffins en die baksel wortelmuffins wat ek gepleeg het deur Toortsie se resep noukeurig te volg. Daar is botter, gerasperde kaas en appelliefiekonfyt. Julle moet lekker eet – die arbeider is haar loon werd! Intussen gaan ek die slimme Vuurvliegie se wenk opvolg en daarbinne na ‘n eksemplaar van “Far from the Madding Crowd” soek – wie weet wat ons daarin mag ontdek!

Kyk julle, kyk! (Atiesjoe, atiesjoe, kug, kug, hagahagahaga…og, daardie ellendige stof!) Daardie einste boek het sommer reg onder my neus gelê, amper asof ek dit móés raaksien. ‘n Verbleikte pienk briefie, nog in sy koevertjie, sonder adres en met ‘n ongestempelde seël – dis nooit gepos nie! Wag, kom ek lees dit vir ons:

Pappa,

Ek is so ongelukkig! Wanneer kom jy huis toe? Mamma dwaal in die tuin rond, sy steur haar nie aan haar kinders nie – nie aan my of selfs aan Thomas nie. Tannie Isabella het gesê sy gaan my nie meer klavierles gee nie, want ek oefen nie hard genoeg nie. Mnr Hardy raak al hoe kwaaier – Pappa, mens is tog nie veronderstel om bang te wees vir jou butler nie?

Die dag nadat jy weg is, het oom Leonard ook vertrek. Hy het gesê hy kan my niks meer van waterverf leer nie, dat ek nou ‘n meesteres-skilder is! Ek mis hom ook, maar nie halfpad soveel soos vir jou nie. Waaroor het jy en mamma so baklei voor jy hier weg is? Sy het daardie hele nag gehuil…

Volgende week word ek sestien – ag Pappa, kom huis toe vir my verjaarsdag, toe, asseblieftoggie? Ek het mev. Marks baie mooi gesoebat en sy het uiteindelik ingewillig om vir my ‘n spesiale koek te bak, met pienk versiersel en ‘n string klein versiersuikerrosies. Pappa, as jy net hier kan wees, met jou arm om mamma se middel en jou ander arm om Thomas se ou smal skouertjies. Jy sal vir ons glimlag en in jou donkerbruin oë sal ons jou liefde vir ons kan sien. Eden sal weer ons huis wees, met musiek en vrolike stemme…en Mamma sal weer lag en sing…

Ek het nou net besef ek het geen idee waar jy is nie, geen adres waarheen ek hierdie brief kan stuur nie. Ag, Pappa!

Klara

Frannie kyk op en haar oë is vol trane, veroorsaak deur die ou traanklatte hier en daar op die tragiese ou briefie. “Julle, ek het nog ‘n boekie ontdek – ‘n dagboek. Dis gesluit en op die omslag staan: ‘Charlotte se dagboek’.  Ek dink dis die naam van Klara se ma – ek dink dis die vrou wat die brief aan Leonard geskryf het. Vuurvliegie, ek gee hierdie dagboek veilig in jou hande oor – ek weet jy sal die misterie verder vir ons ontrafel.”

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

 

 

Soos ‘n lied

08 Sondag Sep 2019

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 21 Kommentaar

Die afskeid was pynlik. Ons het mekaar styf vasgehou, met ingehoue trane. Wie weet of ons mekaar ooit weer in hierdie lewe sal sien?

H en ek ken mekaar nou een en vyftig jaar lank. Ons was lank kollegas en het elke oggend se saam koffiedrink in die kafeteria sommer as vanselfsprekend beskou – min het ons besef hoe bevoorreg ons was! Terwyl haar eie lewe goed geordend verloop het, het sy geduldig na my stormagtige klaagliedere geluister, altyd ‘n wyse trooswoord gehad. Die lewe het sy gang gegaan – sy en haar gesin het later Kaap toe getrek, maar elke keer as ons mekaar gesien het, het ons moeiteloos die drade opgetel en ons in mekaar se teenwoordigheid gekoester.

Toe kom die uitsonderlike kans om ‘n week lank by haar op Bredasdorp in die Overberg te gaan kuier, terwyl haar man in Kaapstad gaan werk. Dit was weer een van die rusplekke langs my pad wat my lewe lank nog so genadiglik aan my gegun word.

Hoog teen die skuinste staan die wit huis waar hulle woon, met ‘n wydse vergesig oor die mooi ou dorp. Kerkklokke verbreek die Sondagstilte; heuningvoëltjies swiep vinnig om die struike in die welige tuin. Daar is gereeld vars blommetjies in die huis – ook op my bedkassie. Ek verlustig my in die pragtige skilderkuns van haar pa, wat oral met groot sorg gehang is. Ons eet ons broodjies aan tafel; sê elke keer dankie vir die voorreg van dié week.

100_2919
100_2920
100_2926
100_2922
100_2895
100_2897

Oor Dinsdag se salige kuier saam met Toortsie en Seegogga het ek hier geskryf. Haar seun het sy motortjie “Rooies” vir ons gelos toe hy en sy pa Kaapstad toe is. Rooies neem ons op ‘n verkenningstog na die plaaslike Spar. Ons ry Waenhuiskrans toe, stap op die strand en ontdek die bron van die gladde klippe wat in hope op die strand lê: dit kom uit klonte rots wat gaandeweg verweer en dan die klippers vrylaat om deur die see rondgespoel en op die strand opgestapel te word.

100_2918
100_2916

Ons verken ‘n sjarmante kompleksie in Bredasdorp waar Givemore die kwekery toegewyd versorg. Ons eet spinasiesop met fetakrummels langs ‘n kaggelvuur – dis nog skoon winter in hierdie geweste. Opgediepte voorwerpe in die Skeepswrakmuseum bring die wrede werklikheid van skipbreuk tuis. In die ou pastoriegedeelte is daar vae spore van die dorp se beroemde dogter Audrey Blignault: van haar bundels essays in ‘n antieke boekrakkie; ‘n kort lewenskets teen die muur. Ek onthou weer haar onverbeterlike beskrywing van ‘n jakaranda in volle blom: “’n Glasligte blomwolk”… en hoe ek die enkele keer toe ek haar ontmoet het, sommer my hele lewensgeskiedenis uitgeblaker het, net omdat sy met sulke intense belangstelling uitgevra en geluister het.

Saterdag gaan wys H en haar man vir my Franskraal, Kleinbaai en Gansbaai. Op aanbeveling van die mensekenner agter die toonbank van KoekeLoer, ry ons na Afrikanos vir middagete. Weer is daar die wonderlikste oop vuurherd en die porsies is ongelooflik vrygewig.

Hoe heerlik om hierdie skoon see te mag beleef! Die baaitjies loop diep in die land in, sodat mens soms die golwe van die kant af strand toe sien jaag. Mens kan sommer so by die strand stilhou en ewe gemaksugtig die ryk seevoëllewe sit en bewonder. Die son en die reën kom en gaan…

Heeltemal te gou moet ek terug noorde toe. Vir my beeld hierdie reëltjie volkspoësie onwilligheid en verlange so goed uit:

My voete loop na Wellington maar ek gaan Worcester toe.

Die woorde en die gevoel draal dae lank in my gedagtes… Dan troos ek my maar aan die Amerikaanse digter Eunice Tietjens se woorde:

Old Friendship – Eunice Tietjens

Beautiful and rich is an old friendship,

Grateful to the touch as ancient ivory,

Smooth as aged wine, or sheen of tapestry

Where light has lingered, intimate and long.

Full of tears and warm is an old friendship

That asks no longer deeds of gallantry,

Or any deed at all – save that the friend shall be

Alive and breathing somewhere, like a song.

 

Kunsuitstalling op Rebusfontein

04 Woensdag Sep 2019

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 11 Kommentaar

Toe ek onder Laatlam se dak ingetrek het, moes ek drasties afskaal – eintlik so te sê al my besittings wegmaak. Dit was vir my bevrydend, maar terselfdertyd ook traumaties. Dis hoekom ek so verknog is aan my toringhuisie op Rebusfontein, waar geliefde voorwerpe uit my verlede telkens opduik…

Hier hang byvoorbeeld ‘n olieverfskildery deur Nerine Desmond, wat my mammie in die vyftigerjare van die vorige eeu met meet en pas deur ‘n skema by haar skool gekoop het. Sy kon net twee skilderye bekostig, toe sit die departement die skema stop. Baie jare later was sy nog spyt daaroor. Dis ‘n Kaapse toneel, met drie figuurtjies in helder kleure wat langs ‘n rivier verby witstambome stap. Vir my het daardie skildery “Huistoegaantyd” versinnebeeld. In die werklike lewe het ek die skildery sonder sy raam vir my dogter in die VSA gevat, waar sy dit opnuut pragtig laat raam het. Dit hang nou op ‘n ereplek bokant hulle eettafel.

Hier is ook ‘n klompie surrealistiese syraamdrukke, die skeppings van ‘n digter-medikus-psigiater wat ‘n buurman in Sunnyside se woonstelwêreld was en later in New York gaan woon het. Hulle is destyds met groot sorg teen hoë mure in my huis gehang, in die ruimte waar die houttrappie was wat na die boonste slaapkamer gelei het, en het nou weer teen die “ivoortoring” se mure verskyn.

My vriend K het gesê ek mag hierdie skilderytjie (op hout) vir die uitstalling leen, omdat dit vir my so baie mooi is.

Stay wild Moon Child

Hierdie kat het ek gehou, want hy is spesiaal een Kersfees deur my begaafde skoondogter wat nou in Ierland woon, vir my geskilder en geraam. ‘n Replika hang in my dakslaapkamertjie op Rebusfontein, want ek kan eintlik nie sonder hom klaarkom nie.

Taryn se kat

My vriendin H se pa J.G. Borman was ‘n bekende skilder, veral met waterverf, alhoewel sy olieverfskilderye vir my asemrowend mooi is. Een aand, lank, lank gelede, het ek die skildery “Reën oor die Wes-Transvaal” by die opening van een van sy kunsuitstallings gekoop, want toe ek dit sien, wou ek dit hê. Vele jare later het H ‘n Eeufeesgedenkuitstalling van haar pa se werk gereël, waarheen ou vriende hulle skilderye gebring en by haar eie versameling gevoeg het. Watter wonderlike aand was dit tog! Hierdie skildery het ek vir iemand gegee wat ek geweet het dit sou waardeer, maar ai – ek verlang nog steeds daarna.

Reen in die Wes-Transvaal

Dit dan die som van my bydrae – Jinay moet nou maar sien hoe sy gaan maak daarmee.


Hierdie is ‘n denkbeeldige kunsuitstalling en elke Towerin word gedaag om haar unieke kuns (hetsy self gemaak of sommer net self gelief) te kom uitstal! Die In-linkz skakel is: https://fresh.inlinkz.com/p/ea9c1f40af104092b8ababac55311c85

 

 

 

“Rooies”

02 Maandag Sep 2019

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 15 Kommentaar

Die afgelope week het ek ‘n heel onverwagse kompensasie vir die ouderdom beleef.

‘n Blok van ‘n man het my op die Kaapstadse lughawe kom ontmoet, my in sy karretjie “Rooies” gelaai en by sy ma-hulle in Bredasdorp gaan aflaai. Ek ken hom van sy babadae af – wie sou ooit kon dink dat hy my eendag op ‘n besige lughawe sou kom ontmoet en aanry na ‘n heerlike kuier?

Gister het ons twee weer in Rooies gespring en die pad gevat terug lughawe toe. Ons ry in gemeensame stilte, gesels af en toe, dis die heerlikste ontspanne rit so deur die pragtige landskap van die Overberg.

Canolaland in die Overberg

Om oud te word, is minder erg as ‘n mens so deur die volgende geslag bederf word!

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • In die oomblik – 2021(8)
  • Labrador
  • Kasteelstorie
  • In die oomblik – 2021(7)
  • Ontmoet vir Kwazimoto

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • In die oomblik – 2021(8)
  • Labrador
  • Kasteelstorie
  • In die oomblik – 2021(7)
  • Ontmoet vir Kwazimoto

Nuutste kommentaar

Tannie Frannie oor In die oomblik – 20…
Tannie Frannie oor In die oomblik – 20…
appeltjie oor In die oomblik – 20…
seegogga oor In die oomblik – 20…
Anne oor In die oomblik – 20…

Argief

  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Create a free website or blog at WordPress.com.

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Leeshoekie

Afrikaanse stories en insigte

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

My Cape Town - round and about

My Cape Town

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Kollektiewe weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Hond Se Gedagtes

Advies vir troeteldiereienaars

elanabarkerhome.wordpress.com/

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Die Oerknal van die liefde

'n Versameling van Afrikaanse gedigte, skrywes, liedjies, vertellings en sommer alles wat ek naby my hart wil hou . . . met'n titseltjie Engels ook so dan en wan tussenin rondgestrooi

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

Coetzeeblog 2

Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.

Positief

Griffelbord vir gedagtes en dinge

Always Anne

Sophisticated. Feminine. Chic.

My Mapstieks

"Eendag is vandag"

writingsofthebard

Gypsy Café

The Travelosopher's Home

Enelda

Sonder 'n masker

Bo-Karoo

oor die lewe in Vanwyksvlei

MEDICINE MOMMY

Ouerskap is nie 'n kompetisie nie. - Alyssa Loftus

Kreukels en plooie

Skryfsels oor en uit eie ondervindings

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

deel-woorde

soms, net soms, waag 'n mens om gedinkte woorde te deel...

Dr. Christa van Staden

Afrikaanse Navorser, Opvoedkundige & Blogger en kampvegter vir begaafde kinders

J.T. Strauss

Fiksieskrywer

Maanlig Waansin

'n Treinongeluk in stadige aksie

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

Tall tales, truths and lies of a travellover

here I will share some humour, stories, advice that deals with travel, holidays and things travellers do.

Kanselleer

 
Die kommentaar is aan't laai...
Kommentaar
    ×
    Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
    To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy