Sleutelwoorde
bloganuary, bloganuary-2024-12, dailyprompt, dailyprompt-1815
Die VSA is grondboontjiebotter-bedot. Reese’s vervaardig ‘n hele reeks sjokoladelekkertes, waaronder hulle Peanut Butter Cups seker die bekendste is. ‘n “Peanut budder ‘n jelly sandwich” is ‘n landswye gunsteling (die “jelly” is eintlik ‘n soort druiwejam). Mense skep selfs ‘n homp grondboontjiebotter met ‘n selderystokkie uit die bottel en knaag ewe gelukkig daaraan!
Self kon ek nog nooit regtig van grondboontjiebotter hou nie – maar toe ontdek ek iets wonderliks: Nutter Butters. Twee plat, bros beskuitjies, in grondboontjievorm kompleet met die tipiese tekstuur van ‘n grondboontjiedop, word opmekaargeplak met ‘n romerige soet grondboontjievulsel. Ek sou sommer nou dadelik die een na die ander kon verorber – dit was eintlik ‘n katastrofiese ontdekking…