• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: Maart 2018

Libretto van Die Messias in Afrikaans

31 Saterdag Mar 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 10 Kommentaar

Op versoek van Hester:

Libretto van Die Messias gekomponeer deur George Frederick Handel, geskryf deur Charles Jennens

Hierdie Afrikaanse weergawe is die intellektuele eiendom van Anna Marx

Die aanhalings kom uit die hersiene uitgawe van die 1933-vertaling van die Bybel in Afrikaans, wat nader aan die Engelse teks van die libretto is as die 1983-vertaling

Petra donkies klein

DIE MESSIAS

Deel I – Herkoms en Geboorte

1. Overture

2. Tenoor – Jesaja 40:1-3

Troos, troos my volk, sê julle God. Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die Here dubbel ontvang het vir al haar sondes. ‘n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die wildernis ‘n grootpad vir onse God!

2a. Tenoor – Jesaja 40:4

Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ‘n gelykte en die rotsagtige plekke ‘n laagte word.

3. Koor – Jesaja 40:5

En die heerlikheid van die Here sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die Here het dit gespreek.

4. Bas – Haggai 2:6, 7 en Maleági 3:1

a.Want so sê die Here van die leërskare: ‘n Rukkie nog, ‘n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei.

b. Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.

5. Bas – Maleági 3:2

Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.

6. Koor – Maleági 3:3

…en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die Here in geregtigheid ‘n offer sal bring.

7. Alt – Jesaja 7:14 en Matteus 1:23

Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

7a. Alt en Koor – Jesaja 40:9 en Jesaja 60:1

O Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op ‘n hoë berg! O Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!

Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.

8. Bas – Jesaja 60:2 en 3

Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóu sal die Here opgaan en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.

9. Bas – Jesaja 9:1

Die volk wat in duisternis wandel, het ‘n groot lig gesien, die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ‘n lig geskyn.

10. Koor – Jesaja 9:5

Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors –

11. Pastorale Simfonie (Herders in die nag by hulle skape)

11a. Sopraan – Lukas 2:8, 9, 10, 11, 13

En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:

11b. Koor – Lukas 2:14

Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!

12. Sopraan – Sagaria 9:9 en 10

Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; Dan sal Hy aan die nasies vrede verkondig.

13. Alt – Jesaja 35:5 en 6 en Jesaja 40:11

Dan sal die oë van die blindes geopen word en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok, en die tong van die stomme sal jubel.

13a. Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.

14. Sopraan – Matteus 11:28 en 29

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele.

15. Koor – Matteus 11:30

Want my juk is sag en my las is lig.

16. Koor – Johannes 1:29

Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Deel II – die Passie en Opstanding

1. Alt – Jesaja 53:3

Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

2. Koor – Jesaja 53:4, 5 en 6

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte – dié het Hy gedra;

2a. Maar Hy is terwille van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

2b. Ons almal het gedwaal soos skape, en ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

3. Tenoor – Psalm 22:7 en 8

Maar ek is ‘n wurm en geen man nie, ‘n smaad van die mense en verag deur die volk. Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:

4. Koor – Psalm 22:9

Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!

5. Tenoor – Psalm 69:21

Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelye, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.

6. Tenoor – Jeremia 1:12, Jesaja 53:8

Toe sê die Here vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

− Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote – wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Terwille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

7. Tenoor – Psalm 16:10

Want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.

8. Koor – Psalm 24:7-10

a. Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

b. Wie is tog die Erekoning? Die Here, sterk en geweldig, die Here geweldig in die stryd.

c. Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

d. Wie is dan tog die Erekoning? Die Here van die leërskare – Hy is die Erekoning!

9. Koor – Psalm 68:12

Die Here het die woord laat hoor – die vroue wat die goeie tyding gebring het, was ‘n groot skare;

10. Sopraan – Romeine 10:15

Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

11. Koor – Romeine 10:18, Psalm 19:4

Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde

– daar is geen spraak en daar is geen woorde nie – onhoorbaar is hulle stem.

12. Bas – Psalm 2:1 en 2

Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en sy Gesalfde en sê:

13. Koor – Psalm 2:3

Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

14. Tenoor – Psalm 2:4

Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.

15. Tenoor – Psalm 2:9

U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.

16. Koor – Openbaring 19:6 – 11:15 – 19:16 Halleluja

a. Ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.

b. Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

c. En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here. Halleluja!

Deel III – Die Ewigdurende Heerlikheid

17. Sopraan – Job 19:25 en 26 – I Korintiërs 15:20

a. Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;

b. Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.

18. Kwartet en Koor – I Korintiërs 15:21 en 22

a. Aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens.

b. Want soos almal in Adam sterwe,

c. so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.

19. Bas – I Korintiërs 15: 51-52

Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin;

20. Bas – I Korintiërs 15:52 Trompet

Want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

21. Koor – Openbaring 5:12 en 13

Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

Amen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Messias

30 Vrydag Mar 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 13 Kommentaar

Vanmiddag kon ek, net soos verlede jaar, gaan luister na ‘n lieflike opname van Handel se Messias.

Ons sit in die mediasentrum van ‘n woonplek vir “selfversorgende bejaardes”, so ‘n stuk of tien vrouens en twee mans. Elkeen het ‘n handgeskrewe libretto van die betrokke Bybelgedeeltes in Afrikaans, sodat ons presies kan volg en verstaan waaroor die musiek gaan: dele uit Jesaja, die Psalms, die Evangelies, ‘n stuk uit Openbaring. Die teks deur librettoskrywer Charles Jennens het Handel so begeester dat hy sy monumentale werk binne die bestek van drie tot vier weke in Augustus/September 1741 in ‘n verstommende kreatiewe uitbarsting gekomponeer het.

Die werk bestaan uit drie dele: I Die geboorte van Christus, II Sy lyding en sterwe, III Die opstanding. Koning George die Tweede het met ‘n uitvoering van die Messias tydens die Hallelujakoor opgestaan. Protokol het vereis dat almal in die koning se teenwoordigheid ook dan moes staan, wat gelei het tot die tradisie om tydens die Hallelujakoor te staan, wat vandag nog gehandhaaf word. Vanmiddag het ons handjievol mense ook gestaan, in erkentlike ootmoed voor ons Heer en Verlosser…

Die dryfveer agter hierdie jaarlikse geleentheid is ‘n besonderse vrou – die een wat die libretto vir ons uitgeskryf en gefotostateer het. Haar blymoedigheid gee my sommer moed vir die ouderdom!

Dis nie asof sy geen droefheid en smart deurgemaak het nie: sy is lank reeds weduwee en meer onlangs moes sy binne die bestek van ‘n paar jaar ‘n skoonseun, ‘n kleinseun en ‘n dogter aan die dood afstaan.

Wat is haar geheim? Benewens haar geloof, dink ek dis haar gawe om uit te reik en vir ander om te gee. Sy maak nie haar woonstel se deur toe en luister in afsondering na die goddelike musiek nie. Nee – sy sit vir ons ‘n musikale fees voor en sy sorg selfs vir die lekkerbekke: vrugtekoek, ‘n gemmerbroodjie, paaseiers, gemmerbier, vrugtesap…

 

In die oomblik…

29 Donderdag Mar 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 7 Kommentaar

Joshi se dieet vir vanoggend:

Weetbix met melk

Kolwyntjie

Piesangskyfies

Happies graankos by ouma

‘n Paar druiwekorrels

Klipharde droë bessies wat hy buite optel en kou dat die doppe so spat…

 

In die oomblik…

19 Maandag Mar 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 22 Kommentaar

‘n Lieflike koel vroegherfsoggend, na goeie reën oor die naweek.

Vanoggend takel ouma, met swartsak en geel handskoene, daardie ellendige gras wat so tussen die plaveisel se bakstene groei!

Joshi bommel maar heen en weer: speel met die hond en trek haar maaghare (dankietog sy’s so geduldig!); ry op sy blou plastiekfietsie (totdat hy sy vingertjie met die stuurstang vasknyp); klim op die motorhek se masjienkas en roep om hulp om weer daar af te kom; verdwyn in die huis en raak onheilspellend stil…

So tussen die onderbrekings deur vorder ouma fluks, totdat die tweejarige besluit hierdie swartsak is ‘n al te lekker speelding. Nou maak hy dit vermakerig toe totdat ouma vra: “Maak oop die sak, Joshi?” Dan hou hy dit oop vir een uitgetrekte grassietjie; maak weer die sak toe; wag vir ouma se volgende pleitslag. Uiteindelik hol hy weg, sak en al.

Ouma het seker so vyf bakstene se onkruid uitgetrek gekry…

Maar dis ‘n lieflike koel herfsoggend in Pretoria.

 

‘n Wonderlike oomblik

18 Sondag Mar 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 6 Kommentaar

Dis altyd ‘n voorreg om ‘n doopdiens gelei deur ons predikant te beleef. Hy het ‘n besondere aanvoeling vir “okkasie”, navigeer behendig om die verskillende hooftooiseltjies, en die kindertjies voel sy rustige outoriteit aan, met die gevolg dat hulle selde huil.

Vanoggend skuif ons reg hier vlak voor die doopvont, omring deur ‘n falanks familie – oumas en oupas, ooms en tantes en ‘n niggietjie in ‘n pienk rokkie. Die dopelingetjie is ook in die geselskap, uitgedos in ‘n wit skeppinkie met die suigeling se weergawe van ‘n “fascinator” op die koppie. Hoe pragtig is die kuiltjies op daardie elmbogies!

Toe mamma en pappa voor moet gaan staan, raak poplap omgekrap en begin knies. Die familie skuif rond en dan word sy eenparig aangegee na – ag, ek wou nog kyk wie het haar so vinnig stil gekry in die ry net agter my, maar mens kan mos nie onbeskaamd jou nek knak om te sien nie!

Die doop verloop glad, kleinding sit kiertsregop en laat haar die drie druppels water welgeval. ‘n Oomblik van plegtige seën – en toe vang ons dominee ‘n waagstuk aan! Hy vat die kindjie by haar mamma en draai na die gemeente toe. Ek ys om te dink dat daardie dogtertjie nou haar stemmetjie gaan verhef – maar nee, sy sit rustig op dominee se arm terwyl hy ons as geloofshuisgesin aanspoor om hierdie jongste familielidjie te verwelkom en na haar om te sien.

Dit was ‘n wonderlike oomblik.

 

 

 

In die oomblik…

08 Donderdag Mar 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 11 Kommentaar

Klein Joshua word more twee. Sy sussie (4) se kommentaar:

“Wonderlik! Nou sal hy beter luister vir my.”

100_2452

Oëverblindery…

06 Dinsdag Mar 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 2 Kommentaar

Hier is ‘n blogger uit Litnet se dae. Dink julle sal aanklank by haar besondere sensitiwiteit vind.

Voz Sola

Jy lê met jou gedagtes vasgevang tussen die kussing en die dak. Woorde vloei deur jou are en versmelt met elke hartklop terwyl nuwe woorde kom klop-klop.

Steeds lê jy magteloos en staar…beelde soos ‘n ou-ou klanklose movie blits verby. Die stilte is hartverskeurend. Vêr in die agterkop van ‘n vlietende gedagte hoor jy ‘n deuntjie draal. Die klanke kom in eb en vloed tot dit oordonderend hard verbyskuur na die voorgrond.

Jy wil gryp na pen en papier…maar jy lê verlamme maar sien hoe jy elke woord in jou gedagtes wêreld op papier skrywe met ‘n pen waarvan die ink onsigbare kolle klad in die dagboek wat steeds leeg op die bed bly lê. Dag na dag is vol van die niksheid gekryf.

View original post

In die oomblik – vir Woestynkind

05 Maandag Mar 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 4 Kommentaar

Hier is nog ‘n Pretoriase dakdier:

100_2459
100_2464
100_2465

Krag van Woorde

02 Vrydag Mar 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 2 Kommentaar

Beter kan niemand my respek vir goeie onderwysers verwoord nie…

binnekantoe

My Graad-7 dogter vertel tydens aandete van twee insidente by haar skool. Albei insidente spel die belangrik rol wat ‘n onderwyser/es in ‘n skolier se lewe speel, baie goed uit.

In die eerste insident het haar register onderwyseres vertel dat dit in wese goed is vir ‘n mens om vyande te hê , want dit motiveer jou om te alle tye jou bes te doen. Waarop ‘n klasmaat vra hoe die stelling ‘n sagmoedige kind soos my eie raak, wat immers geen vyand sou hê nie. Die onderwyseres het geantwoord dat so ‘n kind haar eie vyand sal wees. Sy sal teen die swakheid in haarself moet veg, en haarself dwing om bo haar beperkinge uit te styg. Hoewel ek die onderwyseres se gedagtegang volg, verkies ek om myself eerder as my grootste ondersteuner te sien, en probeer ek myself gedurig motiveer en aanspoor om my doelwitte te bereik.

Die…

View original post 190 more words

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • In die oomblik – 2021(2)
  • Verf volgens nommers op Rebusfontein
  • In die oomblik – 2021(1)
  • Maandag=Wasdag 7: Vreugde
  • Maandag=Wasdag 6: Frustrasie

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • In die oomblik – 2021(2)
  • Verf volgens nommers op Rebusfontein
  • In die oomblik – 2021(1)
  • Maandag=Wasdag 7: Vreugde
  • Maandag=Wasdag 6: Frustrasie

Nuutste kommentaar

Una oor In die oomblik – 20…
Letty-Ann oor In die oomblik – 20…
sandreyerskryf.wordp… oor In die oomblik – 20…
Tannie Frannie oor In die oomblik – 20…
woordnoot oor In die oomblik – 20…

Argief

  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Leeshoekie

Afrikaanse stories en insigte

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Letters from Joburg

Musings of a wondering mind

Detouring

Home

My Cape Town - round and about

My Cape Town

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Kollektiewe weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Hond Se Gedagtes

Advies vir troeteldiereienaars

elanabarkerhome.wordpress.com/

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Die Oerknal van die liefde

'n Versameling van Afrikaanse gedigte, skrywes, liedjies, vertellings en sommer alles wat ek naby my hart wil hou . . . met'n titseltjie Engels ook so dan en wan tussenin rondgestrooi

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

Coetzeeblog 2

Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.

Positief

Griffelbord vir gedagtes en dinge

Always Anne

Sophisticated. Feminine. Chic.

My Mapstieks

"Eendag is vandag"

writingsofthebard

Gypsy Café

The Travelosopher's Home

Enelda

Sonder 'n masker

Bo-Karoo

oor die lewe in Vanwyksvlei

MEDICINE MOMMY

Ouerskap is nie 'n kompetisie nie. - Alyssa Loftus

Kreukels en plooie

Skryfsels oor en uit eie ondervindings

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

deel-woorde

soms, net soms, waag 'n mens om gedinkte woorde te deel...

Dr. Christa van Staden

Afrikaanse Navorser, Opvoedkundige & Blogger

J.T. Strauss

Fiksieskrywer

Maanlig Waansin

'n Treinongeluk in stadige aksie

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

Tall tales, truths and lies of a travellover

here I will share some humour, stories, advice that deals with travel, holidays and things travellers do.

Kanselleer

 
Die kommentaar is aan't laai...
Kommentaar
    ×
    Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
    To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy