Sleutelwoorde
bloganuary, bloganuary-2024-18, dailyprompt, dailyprompt-1821
Sonder huiwering sou ek die slimfoon tot die uiterste hoeke van die aarde wou verban!
Mense dra deesdae ‘n wêreld se vermaak in hulle sakke rond en hulle pluk daardie foontjie te eniger tyd uit wanneer die geselskap hulle verveel, maar ook sommer net uit gewoonte. Ja, ek weet die ding is nuttig, maar wat die mensdom nou wen aan gerief, verloor hulle aan intydse medemenslike kontak. Ja, ek weet daar’s ‘n balk in my eie oog, maar glo my, ook in ander se oë is daar ‘n balk, nie ‘n splinter nie.
Dis net verstommend hoe daardie klein skermpie ‘n mens se aandag opeis. Ja, ‘n boek kry dieselfde reg, maar dit was nog nooit sosiaal aanvaarbaar vir mense om in die geselskap te sit en lees nie.