Hibiskusblomme op my dogter se houtstoep: oop, gulhartig en pragtig.

29 Saterdag Aug 2020
Posted Uncategorized
inHibiskusblomme op my dogter se houtstoep: oop, gulhartig en pragtig.
28 Vrydag Aug 2020
Posted Uncategorized
inFrannie sit in haar ivoorbaksteentoring, kyk uit oor die dorpsmeent. Sy sukkel om aan die nuwe uitsig gewoond te raak. Sy mis haar buurvroue in Towerinstraat 6 en 8, die huisies staan mos nou in ‘n wye kring om die meent. Sy weet nie mooi wie is nog daar en wie het Rebusfontein die rug gekeer nie. Sy huil deesdae nog makliker as gewoonlik. Frannie hanteer verandering glad nie goed nie!
Diep sug die vrou daar voor die venster. Dit raak al hoe moeiliker om in ontkenning (van die ouderdom) te leef. Die jonges se tempo hier op Rebusfontein put haar uit: as sy nog oor een onderwerp dink, huppel hulle reeds rondom ‘n tweede, selfs ‘n derde uitdaging. Sy kan nie bybly nie, sy is moeg.
Lelik kom spring op haar skoot en gaan lê saggies, die een voorpootjie uitgestrek, stert netjies om die lyfie gevou, om Frannie met haar gerusstellende spingeluid te troos. Ringo die towerhond is weg, daar is niemand meer om vir Lelik te tolk nie. Tog begin Frannie verstaan wat die ou wit kat vir haar wil sê:
“Nooi, ek weet hierdie huisie en hierdie plek en hierdie mense is vir jou baie belangrik. Ek weet jy kom hier wegkruip vir jou deurmekaar lewe. Moe-nou-nie moedeloos raak nie. Skryf jou skrywe en lees jou lese teen jou eie tempo. Jou huisie het nou nog nie amptelik naam gekry nie? Nou maar géé dan daai naam, newwermaaind of jy laat is!”
Al weet Frannie die ou kat hou nie daarvan om gedruk te word nie, gryp sy die lyfie vas. Vererg wriemel Lelik haar uit haar simpel nooi se arms uit, ruk haar stert iesegrimmig op en spring rats teen die wenteltrap af. “Ek gaan nou vir eers weer terug Petooria toe, my nonnatjie daarso gee my nat kos!”
Frannie loop deur haar sitkamer, kyk lank na die waterverf “Reën oor die Wes-Transvaal” teen die muur, haal haar Bali-eend met die pienk hotpants van die kaggelrak af en streel oor haar kolletjieskeil.
Sy dwaal na die kombuis waar haar geglasuurde kleipotte op ‘n spesiale rakkie staan, maak ‘n kasdeur oop om seker te maak die nommerpas-glasbakkie vir jellie is nog daar. Op die eerste verdieping kyk sy na die kleurvolle aandrokke in die ou houtklerekas – skulppienk, skelpienk, bleekpienk-en-swart, helderpers met blinkertjies, smaraggroen, mosgroen, liggeel…
In haar dakslaapkamer kyk sy weer oor die panorama van Rebusfontein uit. “Huisie van my hart, vol van my onthougoed, jou naam is Toringhuisie.”
25 Dinsdag Aug 2020
Posted Uncategorized
inMy kind bring rosies uit haar tuin.
24 Maandag Aug 2020
Posted Uncategorized
inOnlangs het ek hierdie foto in ʼn inskrywing gebruik en my blogmaats het laat weet dat hulle baie van die stoel (en die kat) hou.
Die kommentaar het my hart verbly, want dis ʼn stoel wat my meisiekind vir ʼn appel en ʼn ei op ʼn vendusie gekoop en self oorgetrek het. My mond hang oop vir haar vindingrykheid en behendigheid! Hierdie eetkamerstoele het sy oorgetrek om by haar pers eetkamermure te pas en toe sommer vir die pret ‘n blommotief op die rugleunings gebruik.
Deel van hulle eerste sitkamerstel was ʼn kolossale ronde leunstoel – ag, dis eintlik meer ʼn lêstoel, so groot is dit. Ek was bevoorreg om sy tweede metamorfose te beleef: V het twee katte wat dink daai stoel is hulle eie krappaal, dus moes sy dit reeds vantevore oortrek en dit het al weer gehawend begin lyk. By Ollie’s, die wonderlikste, yslike deurmekaarwinkel (“Good Stuff Cheap!”) het sy kussings gesien wat haar geïnspireer het om klaargemaakte gordyne te gaan soek wat by die kleurskema sou pas en wat sy kon gebruik om die stoel weer nuut oor te trek. (Sy sê dis goedkoper as om materiaal van rolle af te koop.) Sommer gou-gou het sy die regte skakerings tussen die horde gordynpakke raakgesien – haar aanvoeling vir kleur verstom my.
Dis ʼn hele proses om so ʼn stoel oor te trek – mens het goeie skroewedraaiers, sterk hande en baie vasberadenheid en stamina nodig om die kontrepsie eers uitmekaar uit te haal en daarna weer aanmekaar te sit.
Nou geniet die nooi en haar katte die “nuwe” stoel.
Toe kom sy te hore van ʼn laaikas uit die vroeë 1900’s wat verniet weggegee word – mens kan nogal sien hoekom.
Kyk hoe lyk hy nou.
Die oulikste detail vir my is die muurpapier wat sy aan die buitekant van die laaie geplak het en wat mens amper nooit gaan sien nie. Dis ʼn groot versoeking om nie die laaie almal so ʼn entjie uit te trek en so te laat staan nie!
Toe ek nou-die-dag kla omdat ek nie kan onthou of mens ‘n kraan kloksgewys of anti-kloksgewys toedraai nie, leer my behendige kind haar ma ‘n wonderlike nuttige rympie:
“Righty tighty; lefty loosey.”
Mens is nooit te oud om by jou kind te leer nie. Sy maak my ook nuut.
21 Vrydag Aug 2020
Posted Uncategorized
inVir Woordnoot
…dis skemertyd in Tsitsikamma en ek is dáár, daar by Stormsriviermond. Heel bo op die groot rots sit ek, daar waar die klipformasie ‘n gerieflike leunstoel gevorm het, terwyl die son ondergaan en vir een wonderlike oomblik groen flits. Die volmaan verrys in die ooste, die branders breek met dowwe slae teen rotsriwwe en skiet pluime wit skuim uit die turkoois ribbes van die golwe in die lug in op. ‘n Enkele seemeeu vlieg laat huis toe…
20 Donderdag Aug 2020
Posted Uncategorized
inVir Woordnoot
…ek kon alles verstaan wat Honey vir my wil vertel.
20 Donderdag Aug 2020
Posted Uncategorized
inVir Woordnoot
Sê nou net ek kon my Suid-Afrikaanse kleinkindertjies vir ‘n dag hier in die VSA by hulle oom en tannie laat kuier het. Ek sou hulle druk en vashou en Cheerios voer. Hulle sou hulle fietsies op die mooi wandelpaadjies gaan ry, met ouma soos ‘n mal mens agterna: “Stadig, Gabby! Hou stil by die groot pad daar voor en wag vir ouma!! Joshi het omgeslaan – ouma moet hom eers optel en spoegies smeer!”
Middagete sou ‘n “Little Boy Cheese griller” wees – gemorskos op sy beste, ‘n yslike, olierige geroosterde toebroodjie met wit én geel kaas.
Later sou ons swem.
Skemertyd sou ons s’mores maak – ‘n vreeslike konkoksie van beskuitjies met ‘n vulsel van geroosterde malvalekkers en sjokolade. Die lekkerte is dat mens sélf jou malvalekker op ‘n lang stokkie oor die vuur rooster.
Slapenstyd sou hulle terug in SA wees en ouma sou maar weer verder moes verlang…
13 Donderdag Aug 2020
Posted Uncategorized
inDie allerverskriklikste tweestryd: Wanneer mens ‘n boek* nie kan neersit nie, maar terselfdertyd sien jy hoe die bladsye al minder word…
*The Clockmaker’s Daughter deur Kate Morton
10 Maandag Aug 2020
Posted Uncategorized
inTucker is eergister terug huis toe na sy mense toe. Hy het my darem ta-ta gesoen, so ‘n vinnige lekkie uit hom se bekkie deur ounooi se eet-en-drink. Ek mis hom vreeslik!
06 Donderdag Aug 2020
Posted Uncategorized
inAs ek geweet het dat ek eendag in die verre verskiet so baie vrye tyd sou hê dat ek sou kon lees totdat die letters by my ore uitpeul – sou ek minder laatnag in die bad gesit en lees het en meer nagrus ingekry het? Kan nie eens meer onthou wát ek destyds gelees het nie – behalwe daardie een boek van Terry Pratchett wat ek, half aan die slaap, in die water laat val het…
Jaja, ek weet: “Hier beneden is het niet,” maar is dit te veel gevra as mens na net so ‘n bietjie meer balans in die lewe smag?
‘n Bietjie meer rus en vrede vir die besige mammas en ‘n bietjie minder suisende stilte vir die alleniges…
‘n Bietjie minder verpligtinge vir die werkendes en ‘n bietjie meer verantwoordelikheid vir die afgetredenes…
‘n Bietjie minder inperking en ‘n bietjie meer kuiers saam met rêrige mense…
Ag, en as ek tog net al daardie opgegaarde pampiere in SA hier by my gehad het, sodat ek hulle nou rustig en sonder onderbrekings kon uitsorteer…kon huil oor die foto’s van vergange jare, kon glimlag oor vreugdes en die oorblyfsels van nare herinneringe kon verbrand… Maar nouja…
Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals
Afrikaanse stories en insigte
Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!
Musings of a wondering mind
Home
My Cape Town
My journey, my lewe in Skotland
Reisjoernaal oor Hier, asook Daar
Musings about my travels...
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
From pregnancy to parenting in a busy world
A pensioner's blog
Ons onthou die lekker dinge van die verlede
- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand
Fine Art Photography, Napier, South Africa.
My vreugdes en frustrasies
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
Living the life of the common people.
~ 'n Kollektiewe weblog vir die Afrikaanse digkuns ~
A year in the Cape Floral Kingdom
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede
Advies vir troeteldiereienaars
Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.
'n Versameling van Afrikaanse gedigte, skrywes, liedjies, vertellings en sommer alles wat ek naby my hart wil hou . . . met'n titseltjie Engels ook so dan en wan tussenin rondgestrooi
A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.
persoonlike blog - cam venter
Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.
Griffelbord vir gedagtes en dinge
Sophisticated. Feminine. Chic.
"Eendag is vandag"
The Travelosopher's Home
Sonder 'n masker
oor die lewe in Vanwyksvlei
Ouerskap is nie 'n kompetisie nie. - Alyssa Loftus
Skryfsels oor en uit eie ondervindings
Waar die hart van vol is, loop die mond van oor
soms, net soms, waag 'n mens om gedinkte woorde te deel...
Afrikaanse Navorser, Opvoedkundige & Blogger
Fiksieskrywer
'n Treinongeluk in stadige aksie
Menz. Lag of huil, menz bly menz.
Cilnette Pienaar weaves and unravels
here I will share some humour, stories, advice that deals with travel, holidays and things travellers do.