Joshua (hoogs verontwaardig): “Nee, daai werk nie vir my nie. Daai’s ‘n baie stoute plan om te doen!”
Aitog – hoe wens ouma sy kon onthou wat sy voorgestel het om so ‘n kwaai reaksie uit te lok…
29 Dinsdag Mar 2022
Posted Uncategorized
inJoshua (hoogs verontwaardig): “Nee, daai werk nie vir my nie. Daai’s ‘n baie stoute plan om te doen!”
Aitog – hoe wens ouma sy kon onthou wat sy voorgestel het om so ‘n kwaai reaksie uit te lok…
19 Saterdag Mar 2022
Posted Uncategorized
inJulle weet Rebusfontein is denkbeeldig, ne? Maar die res van die storie is nie…
Frannie sit in die middel van Rebusfontein se verlate dorpsmeent. Aan haar voete lê Lelik en Danie – die res van Rebusfontein se diererykdom is skoonveld, nes die inwoners. Hier is geen ander mens of dier te siene nie! Frannie voel sommer behoorlik allenig en dis alles die dekselse Covid se skuld. Aan die ander kant is dit seker net so wel, aangesien sy haar voorgeneem het om hier te kom self-isoleer, nie om te kom ginnegaap in tipiese Rebusstyl nie.
Maandagoggend het Laatlam positief getoets. Dinsdagaand het Gabby nog haar ouma se hare in bokstertjies gekam, voordat die kleintjie Woensdagoggend vir twee koorsige dae op haar bed gaan lê en jammerklaag het. Joshua was Maandag hewig siek – en Dinsdagoggend perdfris, tot nou toe nog! Frannie het van Woensdag af begin griepmedisyne drink en in die bed gekruip, mens kon met haar niks uitrig nie. Haar skoondogter het soos ‘n brose skim deur die huis beweeg, die nodige gedoen gekry, uit blote wilskrag staande gebly.
Vanoggend besef Frannie sy voel beter. Almal in die huis is egter kort van draad. Joshua raas meer as gewoonlik oor die “hmmm’s” en “oukeis” waarmee ouma probeer om hulle (hoofsaaklik eensydige) gesprek aan die gang te hou. Laatlam maak planne vir groentesop, maar Frannie weet dit gaan nog ure duur voor dit reg is vir eet. Ai, en sy is so honger! Ja, en sy weet sy moet baie dankbaar wees dat sy honger is, want dit beteken sy’s beter, maar op hierdie oomblik maak dit haar net al hoe meer befoeterd.
Daar is net een uitweg: Rebusfontein toe. Sy sal in haar toringhuisie gaan bly en vir nog ‘n week en ‘n half wegbly van alles en almal af, soos wat ‘n verantwoordelike inwoner behoort te doen. Sy sal dalk so af en toe melodramaties by die toringvenster vir die ander inwoners wuif, net sodat hulle kan sien sy mis hulle en besef hoe offervaardig sy is en so aan…
En nou is daar niemand om voor te wuif nie! Geen musiek agter Woordnoot se groen deur nie; Toortsie se gordyne is almal toegetrek; Seegogga se stoep, waar Frannie haar sovele keer aan die heerlikste vrugtekoek vergryp het, staan leeg. Una se huisie is duidelik bottoe. Frannie sug en trek saggies aan Danie se ore. “Hei, ou grote,” prewel sy, “ek kan verstaan hoe Esau sy erfporsie vir ‘n pot lensiesop kon verkwansel…”
14 Maandag Mar 2022
Posted Uncategorized
inLekkervurig het die uitdaging gerig. Vandag ontdek ek hierdie woorde van Henri Nouwen in een van my notaboeke.
Hope – Henri Nouwen
Hope means to keep on living among desperation,
and to keep humming in darkness.
Hoping is knowing that there is love,
it is trust in tomorrow
it is falling asleep
and waking again
when the sun rises.
In the midst of a gale at sea,
it is to discover land.
In the eye of another
it is to see that he understands you.
As long as there is still hope
there will also be prayer.
And God will be holding you
in His hands.
13 Sondag Mar 2022
Posted Uncategorized
in“n Stralende Sondagoggend.
Ek roep Joshua om vir my die motorhek te kom oopmaak en kry Laatlam se hulp met die ander swaar hek wat in my karretjie se pad is.
Toe ek wegry, staan die “chip” en die “block” altwee vir my en waai, met vrolike glimlagte en ligte hare wat blink in die sonlig – die seuntjie die ewebeeld van sy pappa toe hy so klein was.
Met so ‘n begin kan die dag net al hoe beter word.
12 Saterdag Mar 2022
Posted Uncategorized
inTerwyl ek 14 maande in die VSA gekuier het, het ek my vaderland en sy mense baie gemis.
Vanoggend kon ek weer my landgenote se spontaneïteit en gemaklike gemeensaamheid beleef en geniet. ‘n Yaris draai voor my in en ons volg dieselfde roete winkels toe. Die bestuurder is ‘n goed versorgde jong vrou: hare hoog opgekam, swaaiende oorbelle. Die passassier wat agter sit, se lang helderkleurige romp is in die deur vasgeknyp en wapper vrolik, so ver soos wat hulle ry. Ek sien verlig dat die materiaal darem nie in die wiel verstrengel gaan raak nie.
‘n Hele ent verder hou ons by ‘n rooi robot stil. Drie manne in oorpakke sit onder ‘n boom in die lang gras, hoopvol om stukwerk vir die Saterdag te kry. Rustig staan die een op, loop nader en maak die agterdeur van die Yaris oop. (‘n Ongesluite kar in die misdaadstrate van die stad?) Behendig vou hy die romp in die kar in, maak die deur toe en stap terug na sy plek onder die boom. Die dankie-gebare uit die Yaris erken hy deur liggies teen sy pet te tik en sy kop ernstig te knik.
Ons ry verder en die Yaris raak verseil tussen die verkeer, maar my hart bly warm oor die mooi bedagsaamheid van ‘n wildvreemde man.
09 Woensdag Mar 2022
Posted Uncategorized
inHoe loop die tyd soos water deur ‘n mens se vingers! My maatjie Joshua is vandag ses jaartjies oud.
Hy is vanjaar vir die eerste keer met mening skool toe – graad R – en hy floreer. Hier is die prent wat hy gister huis toe gebring het: Afrikaboom – braaier – karavaan – tent – Afrikaboom, met son en wolke. Ouma dink Gauguin kan gaan slaap.
Die ou vertaling van Spreuke 17:6 lui: “Kindskinders is ‘n kroon vir grysaards…”, wat die 1983-vertaling ewe prosaïes weergee as: “Kleinkinders is vir oumense ‘n trots…”. Hoe dit ook al geformuleer word, dit is waar! Nie net ‘n kroon en ‘n trots nie, maar ook ‘n salwing en ‘n troos, is hierdie ou seuntjie vir my.
Op ‘n baie praktiese vlak hou hy my ingelig oor verwikkelinge in die res van die huis: ek weet wanneer die spulletjie in die buurt gaan stap, want Joshua kom nooi my om saam te gaan; ek weet wanneer daar planne vir kitskos gemaak word, want Joshua kom neem my bestelling. Dit is sy werkie om ouma saans vir ete te roep (geseënde ouma, wat maar net kan gaan opskep en smul!). Wanneer Laatlam my kom vertel van die een of ander reëling, weet ek reeds daarvan, te danke aan sy spraaksame spruit.
Joshua het dit goed opgesom: “Ek maak jou gelukkig”.
Ag, sensitiewe ou sieletjie, met jou sterk drang tot beskerming en jou diepe verontwaardiging as dinge nie verloop soos jy dit gereël gehad het nie, wat gaan die wêreld met jou maak? Gelukkig het jy ‘n voortvarende sussie wat jou elke dag brei, twee honde waarop jy kan snou as jy vies voel en liefhebbende ouers…
…en ‘n ouma wat geredelik luister (al reageer sy soms net met ‘n afwesige “hmm” of ‘n “oukei” met elaborate stembuiging op verskillende toonhoogtes). Ai, daardie “oukei” kan jou vies maak, want jy weet goed dis net ‘n pligpleging: “Nee, ouma! Jy moenie net ‘oukei’ sê nie!”
Ag janeewat, Josh, nou dat ek daaraan dink, jou fyn waarneming maak jou weerbaar teen als wat die lewe na jou kant toe mag gooi. Jy is oukei 😘
06 Sondag Mar 2022
Posted Uncategorized
inDis Doopsondag.
Drie klein lewetjies word vanoggend aan die Here opgedra as sy kinders.
Ons predikant het die manier om na die doop elke babatjie by die ouers te vat en aan die gemeente bekend te stel, terwyl hy ons aanspoor om die kindjie deel te maak van ons geloofsgemeenskap. Toe hy dit ‘n paar jaar gelede die eerste keer gedoen het, het my hart amper gaan staan – sê nou net daardie kleinding haak af en skreeu blou moord? Maar ek het ons dominee se charisma heeltemal onderskat.
Vanoggend is dit weer so: Die eerste babatjie, ‘n fyne kleine duimpelinatjie, met satynsandaaltjies en ‘n blommetjie op haar koppie, sit in dominee se hande en skop met haar voetjies. Terwyl hy praat, rek sy haar blou ogies wyd oop en glimlag met haar hele hartjie vir hom.
Die tweede meisietjie is geklee in ‘n pragtige dooprokkie met ‘n gehekelde kopbandjie. Terwyl dominee met ons praat, kyk sy diékant toe, om dan, net voor hy klaar is, skielik met volle aandag en verstomming na hom te kyk.
Die derde baba is effens groter as die ander, gebore iewers in die erge covidtyd en nou reg om gedoop te word in sy blou-en-wit hempspakkie. Hy ontvang die drie druppels water rustig en kyk ernstig na die gemeente aan wie hy voorgehou word.
“Laat die kindertjies na My toe kom…”
‘n Kinderhospitaal in Israel stuur ‘n mediese afvaardiging om by ‘n vlugtelingsentrum die Ukraïense kindertjies te gaan help. Hulle gaan ook kinders wat in hospitale in Kiëf was, in Israel ontvang en behandel. Die hoof van die hospitaal sê: “We at Schneider believe and know that children, wherever they are, are our future, in Israel and around the world. We are proud to be part of this delegation and hope for better days.”
stitchings and musings on the art of quilt making by Mariss Stevens
Travel inspiration, tips and tricks when in South Africa
Lees saam...
The blogging challenge keep you motivated and start the new year on the "write" track!
In die hoenderhok, kekkel ons lustig voort met woorde van elke soort
Ysbere kan dalk smelt of gekielie word!
Finding my feet on the journey as a creative
my adventures in learning Dutch
Kleurvolle Platteland Stories
Alles wat mooi is
Disappearing into South Africa's wild places... Again!
Docendo discimus
Sonder 'n masker
Journey to the wild
Exploring Our Connection to People and Place
Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"
Leer, Speel, Skep
want die maan is van kaas gemaak
Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer
Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies
Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas
A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough
Every journey begins with the first step
Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten
Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir
Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer
Resilient Minds, Thriving Lives: Unveiling the Art of Purposeful Living
Afrikaanse kortverhale
Missives from far and near
Skrywer
Camino Stories & Other Journeys
Saam kan ons ‘n verskil maak
Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend
Idees, raad en pret !
Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals
Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!
Home
My journey, my lewe in Skotland
Reisjoernaal oor Hier, asook Daar
Musings about my travels...
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.