Sleutelwoorde
bloganuary, bloganuary-2024-19, dailyprompt, dailyprompt-1822
Goeie leiers moet tegelyk ‘n kerngesonde selfbeeld hê en nederig wees. Hulle moet beslis kan optree, maar terselfdertyd ook na hulle volgelinge se menings luister. Hulle moet weet wanneer om die spreekwoordelike sweep te klap en wanneer om sagkens te bemoedig.
Hulle moet mensliewend wees, sodat hulle werklik hulle spanlede kan aanmoedig en dié se sukses kan waardeer. Goeie leiers gee erkenning aan ander en soek nie eie eer nie.
Goeie leiers is nie bang om standpunt in te neem nie. Hulle is dapper; het letterlik die moed van hulle oortuiging.
‘n Goeie leier moet kan lag! Werk is soveel makliker as daar ook ‘n bietjie pret is.