Sleutelwoorde
bloganuary, bloganuary-2024-04, dailyprompt, dailyprompt-1807
Etienne van Heerden skryf in sy nuwe roman Gebeente:
“Toe die deur [van die verlate museumpie] nie wil oop nie, trap hy dit oop. Met ‘n sug en ‘n neerstorting van stof en ou modderpleister en stukke kalkverf en ook ‘n brok verrotte kosyn, skiet dit oop.”
Wat ‘n evokatiewe beskrywing van verwaarlosing en verval…
Die grootste geskenk wat iemand my sou kon gee, is ‘n boek – veral ‘n Afrikaanse boek…