Sleutelwoorde
bloganuary, bloganuary-2024-17, dailyprompt, dailyprompt-1820
Gisteraand het my skoonseun buite in die koue hamburgerfrikadelle staan en braai op sy yslike gas-“griller”. Hy het die rou frikadelle gaan koop toe my dogter laat val het dat ons vis vir aandete sou kry; die liewe man hou niks van vis nie.
V het vroeg gaan inkruip, want sy het ‘n riller van ‘n dag gehad, dus was dit net ek en P wat by die kombuiseiland gestaan het. “Let’s pray,” sê P, en sit sy arm om my skouers…