• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: April 2018

Le-jou-eier: Skryf-Safari – Skryf die storie klaar

27 Vrydag Apr 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 21 Kommentaar

WomanAloneWithSuitcase1

Betyds

Saar Minnaar kners op haar tande. Braam se vrolike gefluit irriteer haar. Waar sy kalmte geanker is, sal sy nie weet nie. Die droogte is allesverterend – veld, vee, water, selfs menswees verskrompel tot niks.

“Ons het ‘n wonderwerk nodig,” sê Saar mistroostig.

“Nee, my lief, ons het geloof en vasbyt nodig, en miskien ‘n bietjie toevallige geluk,” sê Braam terwyl hy die possleutels en sy loterykaartjie in sy hempsak druk. Hy sluk sy koffie en soen haar voorkop.

“Ek gaan gou dorp toe. Daar kom vandag lusern van die Hoëveld. Ons sal maar swaar trek as die land se mense nie so hulpvaardig is nie.”

“Gmmf, gekkebelasting. Dis al wat daai loterykaartjie van jou is. Die kanse dat die hemel val en ons blou mussies gaan dra is meer waarskynlik. So van hulpvaardig gepraat. Hier is my dorpslysie. Asseblief, moenie vergeet om by Tannie Malie by Dokter Soois aan te gaan nie. Sy het laat weet ons moet daar draai,” vra Saar.

Braam kla: “Ag Saar, Tant Malie praat so baie, kom saam.”

“Ek het goed wat ek moet doen, en ek sien nie kans vir die rit in die lorrie nie. Wie is nou hulpvaardig?” kom dit snipperig.

Braam haal sy skouers op en glimlag skeef.

Gou is die lorrie se gedreun ‘n herinnering, en die stilte sak soos die versengende hitte op die werf neer. Saar begin met haar dag se sleurwerk.

Die hoenders kry kos, eiers word uitgehaal. Die stoof voel koud, en sy gooi hout op die vuur. Saar pieker oor aandete, Braam gaan rasend wees van die honger na die dag op die dorp.

Sy begin water tap om wasgoed te was. Die kraan drup enkele druppels water in die wasbak.

Die tenk is leeg. Saar stap uit na die windpomp by die sementdam. Sy trek die handpomphefboom op en af sodat die watertenk kan vol word. Die boorgatpomp het die gees gegee en daar is nie geld vir herstel nie.

Die waterpomp se handvatsel hang opeens swaar in haar hand. Morsaf gebreek. Daar is geen manier om water te pomp nie. Moedeloosheid stroop haar van alle rede.

“Nou is ek klaar,” snik Saar en storm die huis in. Sy haal haar kerkpakkie en hakskoene uit die hangkas en verklee. Sy smyt haar tandeborsel, pajamas, smuktas, ‘n skoon stel klere en haar handsak in ‘n tas.

Met ferm tred stap sy eetkamer toe en haal die Familiebybel uit die buffet en haak die trouportret van die muur af. Braam glimlag uit die foto asof hy net goeie dinge in hulle toekoms sien.

Sy draai die kleinnode in ‘n blou kombersie toe. Die kombers wat bedoel was vir die seuntjie wat hulle nie het nie.

Sonder om terug te kyk, stap sy, tas in die hand en kosbaarhede styf teen haar bors geklem, by die plaashek uit.

“Klaar,klaar, klaar,” knars die klippers onder haar sole in ‘n koor.

Dit gaan sukkel op die hoë hakke, en gou loop sweet in riviere teen haar slape af. Sy sit een voet voor die ander. Omdraai is nie ‘n opsie nie. Genoeg is genoeg.

Die plaashuis word al hoe kleiner tussen die verskrompelde mielielande – soos ‘n bedremmelde geliefde in onvermoë om Saar tot inkeer te roep.

Skielik, asof in ‘n droom, voel Saar hoe die horison kantel toe haar voet swik en die tas uit haar hand vlieg. Sy klou verbete aan die kombers met sy kosbare inhoud. Glas splinter en haar arms en knieë brand soos vuur. Sy bly in die rooi stof lê.

“Ek gaan nou net hier bly lê. Iemand kan oor my ry, of die aasvoëls kan maar my kom oë uit pik. Ek verstaan nou vir Job wat sommer so in sak en as kon sit en sy sere krap!”

Saar hoor nie die donkiekar nader kom nie. Moos, haar skoonpa se bejaarde regterhand, kry haar plat op die grond, trane in leivore oor haar stofbesmeerde gesig, onbedaarlik aan die snik.

“En as Saar nou hier in die middel van die pad sit en grens?” vra Moos besorg.

“Ek wil hier weg, Moos. Ek kan nie meer nie.”

“Kom ek help jou op. Bella en Koos sal ons gou daar onder daai doringboom se koelte staanmaak. Kry nou al jou seer bymekaar en vee af die huil. Mens is nie sommer net so klaar nie. Almal kry swaar. Dit is nou tyd om geduldig te wees. Net soos Vader Abram in die Bybel. Hy was oud voor die Jirre se woord waar geword het en daar ‘n kjênd vir hom en Sara gebore is. En later toe hy Isak moes gaan offer, het hy bly glo, en die Jirre se voorsienigheid het hom gespaar. Die Jirre se tyd is Sy tyd,” raas Moos.

Saar sit kop onderstebo. Moos is reg. Wat is anders op ‘n ander plek. Stadig kom sy tot haar sinne. Sy kyk af na haar verkreukelde romp, nerfaf knieë en haar hakskoene. Wat het sy gedink?

“Ag, Moos, ek is sommer simpel. Dis net alles te veel…”

Sy kry nie kans om klaar te praat nie. Rooi stof slaan om hulle op. Dis Braam. Hy slaan remme aan toe hy hulle sien…

“En nou?” vra Braam toe hy met lang treë aangestap kom. Hy bekyk die toneel met sy gewone oplettendheid: Saar, geboë op die bok van die donkiekarretjie, die blou kombersie vol rooi stof op haar skoot. Skerwe glas in die middel van die grondpad, die tas, die Bybel en die verrinneweerde troufoto agter op die kar.

Sy mentor vandat hy ‘n klein ou seuntjie was, neem hom dringend aan die arm. “Braampie, vandag moet jy mooi werk hierso!” en Moos draai om, stryk aan huis toe, los sy donkies en die kar net daar. Die troetelnaampie wat Braam jare laas gehoor het, maak die knoop van woedende ontsteltenis in sy binneste effens los.

Hy klim terug in die lorrie en trek dit van die pad af. Dan gaan sit hy op die drywer se plek en vat die leisels vas. As die blêssitse donkies nou net nie vandag weer hulle steekse streke uithaal nie! Hoe gouer hulle by die huis kom, hoe beter. Wat op aarde het haar besiel om te wil wegloop?? Hy klik met die tong, klap met die leisels op Vaaltyn se rug. Die donkie proes, trap effens rond, staan dan weer botstil. “Mirjampie?” beroep Braam hom op die wyfie; leun oor en gee haar ‘n ligte klappie op die boud. Geen reaksie nie. Hier langs hom sit Saar so stil soos ‘n standbeeld, vee net nou en dan ‘n traan af.

Braam sug diep en klim van die karretjie af. Hy kry albei donkies aan die stange beet en beur met mag en mening. Die twee beweeg so vinnig vorentoe dat hy sy balans verloor en plat in die stof gaan sit. Die donkies swenk om hom, gaan staan dan weer rustig, terwyl Braam ‘n rympie swets van woorde wat hy baie selde gebruik.

Hy hoor ‘n menslike geproes – sit Saar jouwragtigwaar vir hom en lag? Ja – sy loer oor die rand van die karretjie en haar oë dans van die lagduiweltjies. Daardie paar blink oë, haar stowwerige gesiggie met die traanstrepe oor die wange, laat hom skielik onthou hoekom hy al sy take op die dorp in die wind geslaan het om huis toe te jaag. Hy klim vinnig weer op die donkiekar en gryp Saar se hande vas. Haar “Eina!” laat hom na haar hande kyk. Diep snye loop oor albei palms – natuurlik, dis aan die troufoto se glassplinters te wyte!

“Saar…askies, Saar – ek wou nooit, ooit hê dat ons huwelik jou so moes seermaak nie…” Braam onthou die nagte wat haar sagte snikke oor nog ‘n maand se teleurstelling hom laat ineenkrimp het van magteloosheid. Hy beleef weer al die vergeefse behandelings, mense se skimpe en onnadenkende vrae. Dan sien hy Tant Malie se juigende gesig en hoor hy haar skel stem toe sy dit voor almal in dokter Soois se wagkamer uitbasuin: “Dis positief, Braam! Jou ou ramkat – dié keer het dit gewerk!”


Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=777222

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

Aansoek om asiel

23 Maandag Apr 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 53 Kommentaar

Heil die Leser!

Hiermee doen ek, Tannie Frannie, nederig en paniekerig aansoek om asiel in die Towerpaleis, Oostenryk.

Vanweë omstandighede buite my beheer, is dit nie langer vir my moontlik om (snik) hier te bly nie.

Uit hoofde van my ondervinding, sal ek graag die Towerpaleis-personeel se kleuters en peuters oppas terwyl hulle ouers die paleisratte glad laat loop. Die paleislike skatkamer sal ‘n puik crèche wees, aangesien klein kindertjies baie lekker met blink goeters speel.

Voorts beroep ek my op hul edeles prinses Camilla en prins Marco se goedgesindheid teenoor ‘n arme ou tannie wie se gesondheid en selfvertroue onlangs ‘n ernstige knou gekry het.

Bygesegd maak ek staat op vroeëre vriendskappe met bepaalde dames wat hulle nou in die Towerpaleis bevind, om ‘n arme voortvlugtige ou tantetjie ‘n veilige heenkome te bied (snot en trane)…

Hoogagtend die uwe

7b8e0e360d0691446c10dd1b17107a3b

(Nou sluit ek met die pen, maar nie met die hoopvolle hart nie.)

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te lees of om jou deelnemende blog aan te heg, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Hierdie week is die uitdaging gerig deur die gasblogger Toortsie.

 

 

Ai tog…

13 Vrydag Apr 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 14 Kommentaar

Nou-die-dag was stil en rustig – trouens, te stil en rustig na my sin.

Die middag kom my kleindogtertjie van die kleuterskool af, haar mamma van die werk af en toe daag ander ouma en oupa op − aa, geselskap in oorvloed!

Toe sit daar drie groepies mense om drie selfone geskaar. Hulle kyk na lawwe video’s, na facebook, na die weervoorspelling. Was daar ‘n blogger onder hulle, sou dit seker ook aan die beurt gekom het. Ek sit in die hoekie, sonder my selfoon (verpik of ek dit sal gaan haal!) en steeds sonder geselskap…

Is ek ‘n knorpot omdat ek afgehaal voel?

Knorpot

09 Maandag Apr 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 22 Kommentaar

Om “mooi” oud te word, is ‘n geweldige uitdaging. Daagliks verstaan ek die uitdrukking “a grumpy old woman” so ‘n bietjie beter!

Die ouderdom stroop ‘n mens van so baie: voorkoms, lewenskrag, werk, besittings, onafhanklikheid… Ja, die beeld van ‘n boom wat sy blare in die herfs moet laat val sodat die essensie van sy boomwees in die winter gesien kan word, is aangrypend – totdat mens besef maar jý is nou soos daardie boom. Dan skop die verset in: die vasklou aan jou waardigheid en die liggeraakte reaksie by die geringste aantasting daarvan.

Die gemene deler in hierdie verlies en verset is trots, daarom gaan googleloer ek wat die Bybel oor trots sê. So kom ek uit by my eie kerk se webtuiste en ‘n preek oor nederigheid, wat op ‘n verrassende manier na my gunsteling-psalm verwys. Die prediker wys daarop dat ons volgens Psalm 23 hoegenaamd niks het om op trots te wees nie, maar wel rede het tot diepe dankbaarheid, want dit is nie ons nie, maar God wat al die werk doen; wat aan ons rus en vrede, reddinge en seëninge skenk:

Hy laat my… Hy bring my… Hy gee my… U is by my… In u hande is ek veilig… U laat my by ‘n feesmaal aansit… U ontvang my soos ‘n eregas…

Dit lyk dus vir my asof ‘n mens oud moet word sodat jy uiteindelik ook van jou inherente trots gestroop word. Uit die oë van oumense wat die hoogmoed oorwin het, straal daar iets van die hemel self.

Psalm 73:26 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

 

 

 

 

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • In die oomblik – 2021(2)
  • Verf volgens nommers op Rebusfontein
  • In die oomblik – 2021(1)
  • Maandag=Wasdag 7: Vreugde
  • Maandag=Wasdag 6: Frustrasie

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • In die oomblik – 2021(2)
  • Verf volgens nommers op Rebusfontein
  • In die oomblik – 2021(1)
  • Maandag=Wasdag 7: Vreugde
  • Maandag=Wasdag 6: Frustrasie

Nuutste kommentaar

Una oor In die oomblik – 20…
Letty-Ann oor In die oomblik – 20…
sandreyerskryf.wordp… oor In die oomblik – 20…
Tannie Frannie oor In die oomblik – 20…
woordnoot oor In die oomblik – 20…

Argief

  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Leeshoekie

Afrikaanse stories en insigte

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Letters from Joburg

Musings of a wondering mind

Detouring

Home

My Cape Town - round and about

My Cape Town

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Kollektiewe weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Hond Se Gedagtes

Advies vir troeteldiereienaars

elanabarkerhome.wordpress.com/

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Die Oerknal van die liefde

'n Versameling van Afrikaanse gedigte, skrywes, liedjies, vertellings en sommer alles wat ek naby my hart wil hou . . . met'n titseltjie Engels ook so dan en wan tussenin rondgestrooi

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

Coetzeeblog 2

Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.

Positief

Griffelbord vir gedagtes en dinge

Always Anne

Sophisticated. Feminine. Chic.

My Mapstieks

"Eendag is vandag"

writingsofthebard

Gypsy Café

The Travelosopher's Home

Enelda

Sonder 'n masker

Bo-Karoo

oor die lewe in Vanwyksvlei

MEDICINE MOMMY

Ouerskap is nie 'n kompetisie nie. - Alyssa Loftus

Kreukels en plooie

Skryfsels oor en uit eie ondervindings

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

deel-woorde

soms, net soms, waag 'n mens om gedinkte woorde te deel...

Dr. Christa van Staden

Afrikaanse Navorser, Opvoedkundige & Blogger

J.T. Strauss

Fiksieskrywer

Maanlig Waansin

'n Treinongeluk in stadige aksie

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

Tall tales, truths and lies of a travellover

here I will share some humour, stories, advice that deals with travel, holidays and things travellers do.

Kanselleer

 
Die kommentaar is aan't laai...
Kommentaar
    ×
    Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
    To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy