• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: Maart 2019

A staan vir Afrikaans (my alfabet van vreugdes)

31 Sondag Mar 2019

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 16 Kommentaar

Dis weer sulke tyd: in April skryf WordPress se bloggers verwoed aan die a-tot-z-uitdaging − 26 inskrywings, verkieslik van minstens 100 woorde, elke dag behalwe Sondae. April 2016 het Scrapy ons via haar Toeka-Tokkel uitgedaag om ook deel te neem en na ‘n vertraagde wegspring het die uwe daarin geslaag om enduit vol te hou. Vir ‘n luie b(l)ogger soos ek was dit ‘n taamlike prestasie! Nou sit ek hier en wik en weeg: sal ek, of sal ek nie? Aaag wat, laat ek maar probeer – ek weet my blogmaats sal vir my tjeer en troos as ek dit dan nou nie kan volhou nie…

Dink ek sal skryf oor goeters wat my bly maak, ‘n alfabet van vreugdes, dus.

A staan vir Afrikaans, my moedertaal, my hartstaal. Vanoggend het RSG ‘n voorlesing deur Paul Eilers by die KKNK uitgesaai, van Chris Barnard se verhaal My broer se kraai. Lank gelede het ek die bundel Chriskras I besit waaruit dit kom, dus is die storie nie vir my nuut nie, maar ai, die vreugde om te hoor hoe ‘n meester dit voorlees!

Dit laat my dink aan nog ‘n meesterlike beskrywing, van die vrylaat van posduiwe, uit Etienne van Heerden se skrynende roman In stede van die liefde. In hoofstuk 10 skryf hy oor Snaartjie en haar duiwe:
Dan maak haar pa agter oop en hulle haal die hokke uit. Sy druk haar koue hande tussen die duiwe in soos in ‘n bad warm water vol bondels wasgoed en sy voel die onrus en die gretige harte wat bons en dan breek die lywe verby die deksel en klapperend borrel hulle die skemer oggend in. Donsveertjies dwarrel om haar terwyl die swerm sy formasie kry, een keer diékant toe swiep, dan nog ‘n draai gooi, laag en ondersoekend, asof hulle groet, en dan die bepalende swenk, “die Kaapse draai”, soos haar pa dit noem, huis toe.

Philip de Vos se wonderlike verse het ek en my kinders so saam-saam ontdek. Hier is een uit die bundel Daar’s Bitterals in die Heuningwals, in 1988 deur Tafelberg uitgegee:

Kom bly by my in my huispaleis
en ek sal jou net vreugdes wys:

die skadu van die tortelduif
wat koer-koer voor my venster dryf

die besie van ons liewenheer
wat kol-kol wegvlieg – keer op keer

die purperwinde wat blý rank
tot teen die hoogste vensterbank

Kom bly by my in my huispaleis
en ek sal jou net vreugdes wys.

Ag Daisy, ons verlang so baie…

21 Donderdag Mar 2019

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 16 Kommentaar

Daisy 1Daisy 2Daisy 3Daisy 4

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daisy is dood

18 Maandag Mar 2019

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 42 Kommentaar

My dogter in die VSA se seer geliefde ou hond is gister dood. Vroeg gisteraand het ek gaan slaap, danksy ons immer behulpsame Eskom. Toe ek halftwee die nag wakker word, het ek die nuus gekry. Ek kon nie weer slaap nie. Ek treur namens die vrou wat ek die heel liefste op aarde het en ek kan haar nie teen my vasdruk en saam met haar huil nie. Nou skryf ek maar…oor Daisy.

Daisy was ‘n “rescue”, soos die Amerikaners die diere noem wat in toevlugsoorde opgeneem en dan deur diereliefhebbers aangeneem word. Meestal swart Labrador, maar met ‘n effens fyner lyfie en pote. Toe sy by my kinders tuisgekom het, was die haartjies om haar bek reeds grys – of dalk wit, ek was eintlik nooit seker nie. V het haar met die hand aanlyn uitgesoek en toe haar man saam na die toevlugsoord gevat met ‘n vaste agenda: as hy die mooie hond sien, sou hy haar mos nie kon weerstaan nie ;0) Al wat hulle van haar vorige lewe geweet het, was haar naam: Daisy.

Daisy-hond

Toe land daardie getraumatiseerde hond in die botter. Net die beste mediese sorg (alhoewe-el, dit het beteken dat sy maar by ‘n streng dieet moes hou). Slaap snags ‘n rukkie in ‘n gemaklike hondebed en betrek dan die sagte duvet op die dubbelbed. Twee eiesinnige katte en twee liefdevolle mense vir geselskap. ‘n Ouma (die uwe) en ‘n peetma (V se kosbare vriendin) in Suid-Afrika. ‘n “Picture window” vanwaar sy die doenighede in die straat kan dophou en ander honde kan waarsku om hier weg te bly. ‘n Agterplaas om in te speel en gereelde stappies in die buurt. Modieuse halsbande met bypassende leibande en af en toe ‘n nuwe speelding wat hond kan aanval en skud en bespring en bekou totdat daardie ding ophou piepgeluide maak. Twee dierbare bure by wie sy kon bly as haar nooi-hulle weggaan. Die gelukkigste hond op aarde: Daisy.

Daisy op die blou bank

Deur lang, eensame ure toe haar man nog in die kleinhandel gewerk en sy self van die huis af, was Daisy vir my kind geselskap en ‘n aanspraak. Daar is mos niks meer vertroostend as ‘n slapende dier langs mens as jy moet sit en werk nie – of moet lê en herstel… Heerlike geselskap en sieketrooster: Daisy.

 

100_2294

S.J. Pretorius het die volgende gedig geskryf. Ek weet hy sou nie omgegee het dat ek die woord “Oubaas” met “Ounooi” vervang het nie.

BRAKKIE

Ounooi?
Ek is maar net ‘n uurtjie in jou lewe,
‘n skadu’tjie wat by jou bewe,
net ‘n ou lekkie is my strewe;
hê Ounooi?

Ounooi?
Sal jy nie eens, − wie weet waar swerf jy rond!
dink aan ‘n ou nat snoetjie, wollemond;
‘n lankal-dood ou hond,
Hê Ounooi?

Mooi loop, Daisy-hond.

Daisy se pad

 

Lê-Jou-Eier: Eienskappe wat jou jý maak

16 Saterdag Mar 2019

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 13 Kommentaar

le-jou-eier1-e1512926357627

Kan nie die verduideliking spoeg en plak nie, maar hier is die skakel na Hester se oorspronklike uitdaging.

Hier sit ek met ‘n spesiale ESKOM-bestande spieël (dankie Vuurvliegie!) myself en bekyk (iets wat ek eintlik nooit ooit meer graag doen nie).

Daai vrou in die spieël – sy is lief vir mense. Ek moes dit van my pa af gekry het – hy sou sommer op die besige sypaadjie botstil gaan staan om hom te verlustig in die bonte mensdom rondom hom. Dis ‘n kosbare erfenis, want dit maak my lewe maklik. Ek gesels graag en hou daarvan om te kuier. Dis nie vir my moeilik om in ‘n vreemde omgewing in te pas nie, ek vertrou mense en waardeer hulle goeie eienskappe (oor die krapperige karaktertrekke glimlag ek sagweg in my mou).

“Jy is die grootste prokrastineerder wat ek ken,” het my mentor in my goue jeug eendag vir my gesê, met dieselfde liefderike, moedelose ergernis in sy stem as wat Marelize se mamma in daardie befaamde MfM-oomblik laat hoor het. Ai, prof. Willie, weet jy, ek stel nog steeds so vreeslik uit! Hoe suksesvol sou my beroepslewe gewees het as dit nie was vir hierdie erge swakheid nie? Dis nou heeltemal te laat, maar tog werk ek deesdae einde ten laaste en noodgedwonge daaraan…

Dalk is dit goed dat ek hier aan die einde van my lewe met net ‘n handvol as sit (dis nou in aardse terme − ek is meer as ryk in dit wat ewigheidswaarde het), want dit hou my nederig. Van die sewe doodsondes is trots die een waarmee ek die meeste stoei, wat ek die heel graagste morsdood wil smoor. Gelukkig kom hoogmoed voor ‘n val…en ja, Hester, dis net soos jy sê, ‘n mens kom bloedbek anderkant uit!

‘n Onlangse kompliment van ‘n hartsvriendin: “Jy moet jouself oppas. Jy beteken soveel vir baie mense op verskillende vlakke.” Haar woorde gee my moed, laat my opnuut weer onderneem:

Eens aan die einde van my lewe
sal ek, van sorge’n moeite vry,
vir elke dag my hier gegewe,
U hoër, reiner loflied wy.

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Nuutste kommentaar

Una oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Weerberig, 25 Januarie 20…
woordnoot oor Weerberig, 25 Januarie 20…
scrapydo2.wordpress.… oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Sondagstap

Argief

  • Januarie 2023
  • Desember 2022
  • November 2022
  • Oktober 2022
  • September 2022
  • Augustus 2022
  • Julie 2022
  • Junie 2022
  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

DeWetsWild Photography

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

Hannes van Eeden

Bodemklippe

Docendo discimus

Enelda

Sonder 'n masker

Wild Adventures Blog

Journey to the wild

Jan Peppler HOME

Exploring Our Connection to People and Place

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino Stories & Other Journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

'n Webwerf vir die Afrikaanse digkuns

Masha du Toit

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 223 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...