• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: September 2018

Kuier-safari: Interlude

30 Sondag Sep 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 16 Kommentaar

SafaribusIn haar lemmetjiegroen teepot met die mooi blink glasuur maak sy vir haar blaretee; skink dit in die boepensbeker van fynporselein versier met donkerpienk teerose; gaan sit op die stoeptrap en droom…

Die afgelope naweek op Bondelsgedagtes se toevlugsoord-plaas was met een woord wonderlik. Sy kon saam met die Towerinne lag, Pasella se koppie krap en deur die pragtige vars groentetuin dwaal. Haar vrees vir enigiets atleties is besweer deur die skouspelagtige oorwinning wat sy en Trommeltjies met eiergooi by die boeresport behaal het. As sy haar oë toemaak, voel dit asof sy weer in die lugballon sweef.

Die teebeker is leeg. Teen die kante het die teeblare uitbundige prentjies gevorm: ‘n flamenco-vrou met ‘n valletjiesrok, ‘n galante heer met ‘n pluiskeil, ‘n Harley…

Stoepstorie 12: Ouma Barlow en die dorp Stella

26 Woensdag Sep 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 3 Kommentaar

Lees net hierdie heerlike vertelling!

Kuier-safari: Brief aan die Varswaterreddingsinstansie

26 Woensdag Sep 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 34 Kommentaar

SafaribusGeagte Varswaterredders

Die afgelope naweek het julle my op die Hartebeespoortdam daar naby Kosmos te hulp gesnel en my uit die water uitgesleep net toe ek gedink het dis nou klaar met my. Innig baie dankie, want ek wil darem graag ons Kuiersafari end-uit meemaak.

Net een ligte verwytjie: julle moes darem nie die alkoholinhoud van hierdie arme ou tannie (snik) se bloed getoets het nie…

Julle gevallelêers is vertroulik, nie waar nie?

Nou sluit ek met die pen maar nie met die hart

Tannie Frannie

 

Kuier-safari: ‘n Broodnodige verklaring

17 Maandag Sep 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 63 Kommentaar

Die uwe is bekommerd, al geniet sy die gekuier daar by Una saam met die Towerinne gate uit. Die saak staan so:

‘n Hele ruk gelede het sy ‘n ou broodjie raakgevang wat so uit die hemele op haar neergedaal het. Sy het dit diep, diep agter in haar hangkas weggesteek en haar bes probeer om daarvan te vergeet. Maar ag, as Mammon eers sy tande in ‘n mens se hart ingeslaan het…

Toe raak sy slaags met die gereg en ontsnap dramaties na die Towerpaleis in Oostenryk. Om daar toegelaat te word, dag sy sy moes maar erken dat sy in besit van die kroonjuwele is. Nou kan sy haar tong afbyt, want sy is ennieway met ope arms daar ontvang en had sy tog maar stilgebly, sou die Towerinne nie nou met soveel stelligheid na haar diamante verwys het nie!

Ondertussen was daar ook nog ‘n skrikwekkende reddingspoging om Una uit aanhouding te gaan ontset – maar weer eens het die brood met sy skatte behoue gebly.

Nou, lyk dit my, is dit klaarpraat met die ou broodjie se inhoud. Ek moes in opdrag van Una “’n paar sulke pikante bierbroodjies” bak, elkeen met ‘n diamantknewel in die middel. Dit is ons reisversekering teen skade en skande op hierdie trippie.

En (‘skuus Lou) wat lees ek toe nou vandag?? Hester en Perdebytjie verwag ek moet die hele toer borg! Nee kyk, mense, dit was net EEN ou broodjie en wat van die skat oorgebly het na die bierbroodjies is net-net genoeg vir my om die Towerinne hier in Pretoria te onthaal…

In die oomblik…

04 Dinsdag Sep 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 16 Kommentaar

Ouma en Joshi sit langs mekaar en smul aan mieliepap…

Ouma dink ver, ver terug, aan ‘n agtjarige dogtertjie wat vir die eerste keer by ‘n maatjie op ‘n plaas oorslaap. Die twee verken ‘n toweragtige woud – wat seker nie veel meer as ‘n paar bloekombome was nie. Daar sit ‘n oom by ‘n vuurtjie waarop hy ‘n driepootpotjie stywepap gekook het. Hy nooi hulle nader en elkeen kry ‘n bolletjie pap, met die heerlikste geur van houtvuur en aanbrandsel, haar eerste kennismaking met hierdie wonderlike stapelvoedsel en met ubuntu.

Vanoggend se kossies is maar karakterloos – gemikrogolf in die voorstede. En tog, tog bly die smaak betowerend.

In die oomblik…

01 Saterdag Sep 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 11 Kommentaar

Gabby vertel vanoggend triomfantelik: “Ouma, ek het die hele nag geslaap sonder my mamma se arm om my! Dit was nie te bad nie…”

Die appel van my oog word nou te vinnig groot.

Gabby

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • In die oomblik – 2021(2)
  • Verf volgens nommers op Rebusfontein
  • In die oomblik – 2021(1)
  • Maandag=Wasdag 7: Vreugde
  • Maandag=Wasdag 6: Frustrasie

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • In die oomblik – 2021(2)
  • Verf volgens nommers op Rebusfontein
  • In die oomblik – 2021(1)
  • Maandag=Wasdag 7: Vreugde
  • Maandag=Wasdag 6: Frustrasie

Nuutste kommentaar

Una oor In die oomblik – 20…
Letty-Ann oor In die oomblik – 20…
sandreyerskryf.wordp… oor In die oomblik – 20…
Tannie Frannie oor In die oomblik – 20…
woordnoot oor In die oomblik – 20…

Argief

  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Create a free website or blog at WordPress.com.

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Leeshoekie

Afrikaanse stories en insigte

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Letters from Joburg

Musings of a wondering mind

Detouring

Home

My Cape Town - round and about

My Cape Town

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Kollektiewe weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Hond Se Gedagtes

Advies vir troeteldiereienaars

elanabarkerhome.wordpress.com/

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Die Oerknal van die liefde

'n Versameling van Afrikaanse gedigte, skrywes, liedjies, vertellings en sommer alles wat ek naby my hart wil hou . . . met'n titseltjie Engels ook so dan en wan tussenin rondgestrooi

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

Coetzeeblog 2

Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.

Positief

Griffelbord vir gedagtes en dinge

Always Anne

Sophisticated. Feminine. Chic.

My Mapstieks

"Eendag is vandag"

writingsofthebard

Gypsy Café

The Travelosopher's Home

Enelda

Sonder 'n masker

Bo-Karoo

oor die lewe in Vanwyksvlei

MEDICINE MOMMY

Ouerskap is nie 'n kompetisie nie. - Alyssa Loftus

Kreukels en plooie

Skryfsels oor en uit eie ondervindings

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

deel-woorde

soms, net soms, waag 'n mens om gedinkte woorde te deel...

Dr. Christa van Staden

Afrikaanse Navorser, Opvoedkundige & Blogger

J.T. Strauss

Fiksieskrywer

Maanlig Waansin

'n Treinongeluk in stadige aksie

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

Tall tales, truths and lies of a travellover

here I will share some humour, stories, advice that deals with travel, holidays and things travellers do.

Kanselleer

 
Die kommentaar is aan't laai...
Kommentaar
    ×
    Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
    To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy