• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: Mei 2021

In die oomblik – 2021(11)

25 Dinsdag Mei 2021

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 29 Kommentaar

Vanaand het ek al die sorge van die ouderdom weggelag in ‘n lagbui wat my lamgelê het.

Joshua speel nou al twee dae ‘n speletjie waarin hy ‘n ruimtevlieënier is. Op ‘n ou musiekstoel het hy ‘n lang kontakprop met verskillende konneksies staangemaak (die draad hang teen die kant af en gaan gelukkig nêrens heen nie). Daarin word ‘n stewige skroewedraaier gesteek waarmee hy vroetel wanneer hy die ruimtetuig bestuur. ‘n Kleiner skroewedraaiertjie is in ‘n bars in die hout gedruk en word op en af beweeg. Hy sit op ‘n rooi plastiekstoeltjie en agter hom staan twee geel plastiekstoeltjies waarop sy passasiers sit (die een het ‘n sagte kombersie op, dis ouma se sitplek).

Vanaand sluit sy sussie by die speletjie aan, verklaar haarself assistent-vlieënier en annekseer die ander stoeltjie. Sy gaan haal haar duvet en ‘n pienk teddiebeer wat amper so groot soos sy self is om as kussing te dien.

Hoe sy dit reggekry het om die beer as kussing op daardie klein stoeltjie te gebruik, weet ouma nie, want teen daardie tyd het die lagbui ouma reeds oorweldig. Sy het naamlik die absolute ontsetting op die vlieënier se gesig gesien oor hierdie vreemde pienk voorwerp wat nou moet saam die ruimte in…  

ABBA-partytjie op Rebusfontein: kareoke!

11 Dinsdag Mei 2021

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 12 Kommentaar

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.

____________________________________________________________________________________________________________________________

Die sewentigerjare van die vorige eeu was Frannie se heyday. Sy het ‘n haarstyl ontdek wat haar skrikwekkende krulle getem en ten beste laat vertoon het. Daar was vriende en partytjies en baie pret met amateurtoneelspelery. Sy het in Pretoria rondgerits met haar rooi Volkswagenkewer en lekker gewoon in die ou Sunnyside-woonstelletjie met die krakende plankvloere.

Nou het die Goue Vroue besluit om partytjie te hou op maat van die klankbaan van Frannie se destydse dae: ABBA se musiek! Frannie gaan skrabbel in haar klerekas in die dakslaapkamer van haar toringhuisie totdat sy dit kry: haar grasgroen crimpolene-broekpak uit die laat-sestigerjare: ‘n lang, moulose baadjie met goue knope en – die vleiendste langbroekstyl ooit, naamlik ‘n klokbroek, oftewel bellbottoms. Sy grawe verder, tot by haar platformsandale, en pluk ook ‘n goue bloesie uit om die nodige partytjiefleur aan haar uitrusting te gee. Sy kyk in die spieël en snak na haar asem toe sy die jeugdige gesig omraam met woeste los bruin krulle sien…

Die aand wat op so ‘n betowerde noot begin, raak net al hoe beter. Die lyndansery was vet pret, al het Frannie met haar lompe houtklompe veroorsaak dat ‘n hele ry Goue Vroue in duie gestort het… Toe ABBA opdaag, het sy die sandale uitgeskop en kaalvoet onder die verhoog gediskodans dat die biesies bewe. Op die hoë noot van “Fernando” het Pierce Brosnan gearriveer.

Toortsie gryp die kareoke-mikrofoon en begin sing: “Voulez-vous…ahah…” terwyl sy flikkers in Pierce se rigting gooi. Dié sit nou in ‘n gemaklike uitskopleunstoel wat Appeltjie vir hom uit iemand se Rebusfonteinhuisie verkry het, met ‘n martini in die hand (shaken, not stirred).

Die volgende Goue Vrou kry ‘n kareoke-kans: dis Appeltjie met “Waterloo”.

Abba – Waterloo – YouTube

Dan kom Seegogga met haar gunsteling: “Super Trouper”. Uiters gepas, want hierdie vrou is ‘n ware trouper, iemand op wie mens kan staatmaak. Aalsie sing die vrolike “Mamma Mia” en Positief volg met “I do I do I do”. Woordnoot en Trommeltjies sing saam “S.O.S.”. San nooi almal: “Take a chance on me” en VirgoC sing “Thank you for the music”.

Scrapy voer “Eagle” uit: “Flying high, high, like a bird in the sky…I’m an eagle that flies on the breeze…” en Christa sing oor “Summer night city”: “Lots to take and lots to give, time to breathe and time to live.”

Agter op die verhoog sit Una en Frannie en stry oor wie “The winner takes it all” gaan sing. F: “Ja, maar jy het gesê jy kan dit nie sing nie want jy gaan verkrummel!” U: “Maar die paartie is so vrolik, ek voel nou sommer weerbaar.” F: “Una, dis mý liedjie daai, my drie-uur-innie-oggend-wysie, die lied met die woorde wat ek netsowel self kon geskryf het!” Die laaste note van “Summer night city” vervaag en Una en Frannie duik tegelyk vir die mikrofoon terwyl Christa maak dat sy vinnig wegkom. Na ‘n kort, hewige toutrekkery besef die twee dat hulle in die kalklig staan en dat die inleiding reeds speel. Una knipoog en Frannie knik haar kop; dan trek die twee saam los met die mees melodramatiese weergawe ooit van “the bleakest break-up song”, soos ‘n ABBA-impresario dit eens genoem het. “I don’t wanna talk about things we’ve gone through. Though it’s hurting me, now it’s history…”

Meryl Streep – The Winner Takes it All (Full Video) MAMMA MIA! – YouTube

Toe die laaste woorde wegsterf, sien Positief dat sy nou skielik iets sal moet doen, anders gaan hierdie partytjie in dronkverdriet verdrink. Sy wink Sonell nader, stop die mikrofoon in haar hand en sis: “Sing, suster, sing!!” terwyl die eerste note van “Dancing Queen” weerklink. Sommer gou is almal weer aan’t danse en lagge, Una en Frannie inkluis.

Intussen besef Toortsie dat Aalsie se chips met ‘n dip lankal verdwyn het, dat Trommeltjies se Vier Nefies reeds heelwat vrolikheid veroorsaak het en dat dit hoog tyd is om te eet. In haar kombuis word die een na die ander lekkerny opgetower terwyl Boetie fluks disse aandra na die tafel langs die verhoog. Hierdie partytjie is nog lank nie verby nie!

VirgoC, sal jy asseblief verder vertel?        

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Donkiehemel
  • In die oomblik -2022(12)
  • Nostalgie 2
  • Vroegherfs
  • Hosanna!

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Donkiehemel
  • In die oomblik -2022(12)
  • Nostalgie 2
  • Vroegherfs
  • Hosanna!

Nuutste kommentaar

Tannie Frannie oor Donkiehemel
HesterLeyNel oor Donkiehemel
daisyopdiestoep oor Nostalgie 2
appeltjie oor In die oomblik -2022(12)
Tannie Frannie oor In die oomblik -2022(12)

Argief

  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige navorser

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino stories & Other journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha du Toit

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Hond Se Gedagtes

Advies vir troeteldiereienaars

elanabarkerhome.wordpress.com/

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 222 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...