Sleutelwoorde
bloganuary, bloganuary-2024-02, dailyprompt, dailyprompt-1805
Soos ek hier sit, is ek besig om te “speel op die blogs” – dis vir my ‘n heerlike verstrooiing.
Dis nou net mooi ‘n dekade sedert ek afgetree het. Sedertdien was ek bevoorreg om te help met die oppas van my twee kosbare kleinkinders Gabby en Joshua – ag, en het ons nie lekker gespeel nie! Hier is ek, vyf jaar gelede, met my grootste skat op aarde: my vier dierbare kleinkinders. Kleinkinders is die wonderlikste alibi vir iemand wat graag speel…
Nog ‘n lekker spelery is met die twee opgeskote katte Batman en Smokey. Dit is g’n wonder dat daar ‘n balletpassie met die naam “pas de chat” is nie, want katte daag ook – net soos balletdansers – die swaartekrag uit.