Met die onrus en hartseer wat die nuus gebring het, het ek nie raad nie – daarom skryf ek nou maar, want dit help altyd.
‘n Ou blogvriend, Danie van coetzee2014 en Coetzeeblog2, is in Paraguay vermoor nadat hy ontvoer is – ja, die waarheid is soms amper onmoontlik om te glo.
So ‘n sagte, mensliewende mens! Sy vertellings oor gesprekke met werkers was altyd boeiend, veral die manier waarop hy mense kon kry om te ontdooi en lekker te gesels. Daar was landbou-inligting, kuiers met vriende, pragtige foto’s van wolkformasies. Steeds het sy liefde vir sy vrou en kinders deurgeskemer.
Watter bittere verlies vir sy dierbares…
Die son skyn deur my kind se kombuisvenster om my aan te praat: Die lewe is vervlietend en broos – waardeer elke oomblik.