Sleutelwoorde
bloganuary, bloganuary-2024-05, dailyprompt, dailyprompt-1808
Seker maar met dink aan die verlede – dis immers die langste deel van my lewe.
Beslis nie aan die dag van more nie, want ek lewe soos die lelies van die veld.
Eintlik, eintlik leef ek in die oomblik, hier in die groen weivelde langs waters van rus waar ek nou is. Hoe bevoorreg en geseënd is ek!
Eens aan die einde van my lewe
sal ek, van sorge 'n moeite vry,
vir elke dag my hier gegewe,
U hoër, reiner loflied wy.