• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: Junie 2020

Hoe het jy die status van Towerin bereik?

28 Sondag Jun 2020

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 23 Kommentaar

Hester van Dis Ekke skryf:

“Kameel het gister gevra dat ek ‘n InLinkz-skakel moet opstel en Towerin-bloggers moet vra om te beskryf hoe hulle oorspronklik met die ander Towerinne kennis gemaak het, hoe hulle betrokke geraak het by hierdie groep en wat hierdie groep vir hulle beteken. En hier is die skakel waar almal se bydraes aangeheg moet word: https://fresh.inlinkz.com/p/a0c98db4df894be6921458c62165d987“

Iemand het my op LitNet se adreslys gesit en daar het ek die blogs begin lees; toe in 2011 self daar begin blog (sjoe, dis ‘n lang tyd!). Op ‘n stadium het ‘n klompie bloggers besluit om oor te skakel na WordPress, iets waaroor ek nog nooit spyt was nie.

Die uwe is nie goed met spertye nie – trouens, ek is hopeloos verby. Ek hou van uitstel, maar haat die gevolglike paniek van op die laaste nippertjie iets te probeer lewer. Dit lyk ook nie asof ek ooit hierdie swakheid te bowe gaan kom nie – nie eens hier in Blogland nie. My destydse verskoning om nié by die avonture rondom Toweropstal betrokke te raak nie, was “ek doen nie spertye nie”. Dit het my egter nie verhinder om lustig te lees en heerlik kommentaar te lewer nie! En toe skryf Perdebytjie my sommer in die storie in en word ek weens daardie manewales genoodsaak om asiel by die Towerinne in Oostenryk te vra. Daar is ek gulhartig verwelkom en by die Toweringeheime ingelyf. Watter ongelooflike voorreg!

Vir my is die wonderlikste kenmerk van die Towerinne hulle fyn begrip; ‘n halwe woord lewer altyd die gewenste reaksie. Hulle noem my “Frannie”, want hulle weet ek is eintlik glad nie okay met “Tannie” nie.

Dan is daar hulle ryk verbeeldings, kreatiwiteit en onnutsigheid. Toe ek iewers op die giggelgroen bus aan heimwee oor my allenigheid toegee, het VirgoC aan die werk gespring en vir my ‘n virtuele maat geskep: Silver, die man wat op ‘n Harley ry en weet hoe om te tango. (Hy trek nogal sterk op Sam Elliott.) Kameel het ons in ‘n restourant laat flirt; WoordNoot het vir Silver ‘n wonderlike vroeëre storie geskep.  

Vuurvliegie dig “grasie en kalmte” aan my toe – menige dag het daardie onverdiende kompliment my al van onwaardige gedrag weerhou! Hester vang vis as sy nie mag stap nie en hou die strande van KwaZulu-Natal helder in my gedagtes. Scrapy lewer kommentaar en dis asof ons saam sit en tee drink uit fynporseleinbekertjies. Christa vertel van koue en hitte in die noordelike halfrond en haar ervarings verryk my eie. Una is altyd daar, eerlik en vol begrip, soos ‘n beskermengel op die blogs. Bondeltjies bak jêmtertjies en verstom my met haar medemenslikheid. Toortsie woel en werskaf en weet hoe om tiramisu, witblits en ‘n onskuldige voetjie voor te sit. Seegogga teken die sjarmantste prentjies – hoe beny ek haar daardie ongelooflike talent! Wanneer Positief kom inloer, voel ek altyd bly, want sy is baie besig en dis spesiaal dat sy vir ons tydjies afknyp. Sonell vertel van haar gesin en herinner my aan daardie verre, vae tyd toe ‘n dag se ure te min was en die uitdagings te veel. Ons tjeer so graag vir haar! Trommeltjies is stil – hopelik sal sy en ek weer kans kry om suksesvol aan boeresport of waterpolo deel te neem.  

In hierdie eienaardige tyd, waar ons almal maar half ontredderd voel, is Rebusfontein, sy inwoners en aanhangers (soos Tina en Baron Room) vir my ‘n toevlug en ‘n vreugde. 

https://frandr.wordpress.com/2019/05/06/woordsnoer-4-towerinstraat-5-rebusfontein-tannie-frannie/

In die oomblik – VSA5

16 Dinsdag Jun 2020

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 19 Kommentaar

Liewe kraletjieshoep-hoep, het jy ooit kon droom dat jy in die verre VSA sou beland, onder vreemde sterre en ‘n maan en son wat verkeerd hang?

Ek onthou die dag toe ek by die skrikwekkende kruising van Lynwoodweg en Solomon Mahlangu van die pad af getrek het, met my hart in my keel, om jou te koop sodat ek jou vir my dogter kon saambring hierheen. Ek moes jou draadpootjies van die lang, stewige bloudraadpen af losdraai, want daar was nie plek in die tas daarvoor nie. Nou sit jy maar so op die grond in die sitronellaplant se pot.

Hoe wens ek die een wat jou so kunstig aanmekaargeweef het kon weet waar een van sy sjarmante skeppings nou is.

Sê my, hoep-hoepie, verlang jy?

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Winter in die VSA
  • Emmerskoplysie 6
  • Ontmoet vir Barkley
  • In die oomblik – VSA28
  • In die oomblik – VSA27

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Winter in die VSA
  • Emmerskoplysie 6
  • Ontmoet vir Barkley
  • In die oomblik – VSA28
  • In die oomblik – VSA27

Nuutste kommentaar

Will van der Walt oor Emmerskoplysie 6
woordnoot oor Winter in die VSA
katrina oor Winter in die VSA
Abrie Joubert oor Winter in die VSA
alison41 oor Winter in die VSA

Argief

  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Create a free website or blog at WordPress.com.

My Cape Town - round and about

My Cape Town

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Kollektiewe weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Hond Se Gedagtes

Advies vir troeteldiereienaars

elanabarkerhome.wordpress.com/

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Vryheidsontdekker

Ek deel dit wat ek ontdek op hierdie pelgrimstog na vryheid.

Die Oerknal van die liefde

'n Versameling van Afrikaanse gedigte, skrywes, liedjies, vertellings en sommer alles wat ek naby my hart wil hou . . . met'n titseltjie Engels ook so dan en wan tussenin rondgestrooi

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

Coetzeeblog 2

Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.

Positief

Griffelbord vir gedagtes en dinge

Always Anne

Sophisticated. Feminine. Chic.

My Mapstieks

"Eendag is vandag"

writingsofthebard

Gypsy Café

The Travelosopher's Home

Enelda

Sonder 'n masker

Bo-Karoo

oor die lewe in Vanwyksvlei

MEDICINE MOMMY

Ouerskap is nie 'n kompetisie nie. - Alyssa Loftus

Kreukels en plooie

Skryfsels oor en uit eie ondervindings

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

deel-woorde

soms, net soms, waag 'n mens om gedinkte woorde te deel...

Dr. Christa van Staden

Afrikaanse Navorser, Opvoedkundige & Blogger

J.T. Strauss

Fiksieskrywer

Maanlig Waansin

'n Treinongeluk in stadige aksie

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

Tall tales, truths and lies of a travellover

here I will share some humour, stories, advice that deals with travel, holidays and things travellers do.

Henri Meyer se Blog

Marc Latilla

"The best thing is surprising people, knowing that tomorrow it will all be forgotten" Regine Zylberberg

Engelroeper

Psalm 91:11 "Want Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm orals waar jy gaan. Hulle sal jou dra sodat jy nie eers jou voete teen 'n klip sal stamp nie. Selfs as jy leeus of slange teëkom, sal jy hulle doodtrap."

Mostly Birding

Adventurous Birding, Atlasing and Travel

Kanselleer
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy