• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: April 2016

Z staan vir Snork (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

30 Saterdag Apr 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 8 Kommentaar

Ses en twintig letters, 26 blog-inskrywings oor 26 redes tot dankbaarheid.

Die uwe is taamlik uitgeput.

Nou gaan ek ‘n rukkie lank hier op die blogs zzzzzzzzzzzzzzzzzzzzz

snork

Y staan vir Ylings (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

29 Vrydag Apr 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 12 Kommentaar

Die HAT verklaar ylings so: Vinnig, snel, in groot haas, bv. Ylings om hulp kom vra. Die woordverklaarders bestempel dit as “deftig”. Hoe graag ek ook al sou wou, sal ek dit seker nooit in ‘n gesprek gebruik nie. Dit keer my egter nie om myself oor die woord te verkneukel nie – oeps, wag…

Die HAT verklaar verkneukel so: Stilletjies lekkerkry oor iets. Hierdie ene het ek wel op fb gebruik, tot my slim seun se verkneukeling.

Ek is dankbaar oor woorde en die mense wat woordeboeke maak. Nou gaan ek ylings tee maak.

Foto

X staan vir Soentjie (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

27 Woensdag Apr 2016

soentjie

Posted by Tannie Frannie | Filed under Uncategorized

≈ 4 Kommentaar

W staan vir Willewragtig (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

27 Woensdag Apr 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 6 Kommentaar

My ouers het my laat begaan. Ek het boomgeklim, in heinings weggekruip, met karretjies in die modder gespeel. Ek was ʼn willewragtig en ek was gelukkig.

 

 

V staan vir Vriendskap (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

25 Maandag Apr 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 11 Kommentaar

Vriendskap is een van die grootste seëninge in my lewe.

ʼn Leeftyd gelede het ek hierdie gedig met ʼn kosbare vriendin gedeel.

Verlede jaar het sy dit tussen ou dokumente ontdek en dit op Facebook aan my opgedra.

Old Friendship – Eunice Tietjens

Beautiful and rich is an old friendship,

Grateful to the touch as ancient ivory,

Smooth as aged wine, or sheen of tapestry

Where light has lingered, intimate and long.

Full of tears and warm is an old friendship

That asks no longer deeds of gallantry,

Or any deed at all – save that the friend shall be

Alive and breathing somewhere, like a song.

 

U staan vir Uil (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

25 Maandag Apr 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 5 Kommentaar

Onheilsbode op die nok van ʼn dak

Jagter wat geruisloos op sy prooi afduik

Nagmerrie-element in DJ Opperman se gedig Spermutasie:

Ondersoek uit skeure en bouvalle

– soos argeoloë ou ashope –

die saamgekoekte hare

en klein kakebene

in uilballe.

Kenmerkende silhoeët op kinderklere en babakombersies

Gewilde leermeester van kleuters deur klanknabootsing:

Hoe maak ʼn uil? Hoe-hoe!

T staan vir Tee (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

24 Sondag Apr 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 13 Kommentaar

In die dae van my jonkheid was dit die toppunt van sofistikasie om te rook. Toe my karakter in ʼn verhoogproduksie ʼn sigaret moes aansteek, was my doppie geklink. (Ja, ons het orals gerook! In vliegtuie, busse, treine, op kantoor, by die huis, in die flieks en op die verhoog.) Dit was nie lank nie, toe koop ek my eie pakkie sigarette: so ʼn stylvolle goue pakkie waarvan die dekseltjie heeltemal oopgeslaan het. Op ʼn stadium was my verbruik 19,5 sigarette per dag (statisties gesproke, dis nou nie asof ek elke dag ʼn halwe sigaret doodgedruk en vir môre gebêre het nie).

Lank voor die drakoniese maatreëls waarmee die arme twakverslaafdes deesdae te kampe het, het ek egter besef dit kon nie so aangaan nie. Dit het my tien jaar gevat om die gewoonte finaal af te sweer. Dit was soos ʼn liefdesteleurstelling: eers dink jy dag en nag aan jou verlore geliefde, later besef jy skielik: “Haai – ek het gister laas aan … gedink” en nog later gaan daar ʼn week/maand/jaar sonder verlange verby. Tog geniet ek dit vandag nog om skelmpies diep in te asem as ek verby ʼn rookarea loop.

Sonder die wonderlike troos van ʼn koppie tee sou ek dit nooit reggekry het om op te hou rook nie. Ja, ek het een verslawing vir ʼn ander verruil, maar hierdie een is ten minste sosiaal aanvaarbaar.

old_lady_cigar_smoking_

S staan vir See (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

22 Vrydag Apr 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 11 Kommentaar

Hester se inskrywing oor skulpe het my dilemma opgelos – natuurlik: S staan vir See!

Die lou-soet geur van duineplante terwyl my voete deur die growwe geel seesand van die Natalse Suidkus grawe.

Tsitsikamma se onrustige pluime water soos die golwe teen die rotse slaan.

Ifafa se rotspoeletjies, Astonbaai se duine, Bettiesbaai se seebamboese, Clifton se ronde rotse, Bloubergstrand se Tafelberg-vergesig, Lambertsbaai se snaterende seevoëls, St Lucia se denneboomstrand…

Toe ek op ʼn steil houttrappie hoog bokant ʼn klein strandjie by Brenton-on-Sea sit en uitkyk oor die deinende waters, was ek so dankbaar dat die Skepper vir sy skepsels sulke wonderlike speelplekke gemaak het.

R staan vir Reënboog (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

21 Donderdag Apr 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 5 Kommentaar

Vir my is ‘n reënboog elke keer ‘n wonderwerk.

Reënboë laat my dink aan my kind.

Reënboë laat my dink aan God.

Genesis 9:16 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.

reenboog

Q staan vir Quidditch (Toeka-Tokkel se April-uitdaging > my alfabet van dankbaarheid)

19 Dinsdag Apr 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 8 Kommentaar

Quidditch is die sportsoort waarin Harry Potter op Hogwarts uitblink. Hoe kan mens dankbaar wees oor ‘n fiktiewe sport? Ag nouja, vanweë die skaarste aan q-woorde kul ek so ‘n bietjie: ek’s eintlik dankbaar oor fantasie-fiksie – veral oor JK Rowling, Terry Pratchett, TH White, JRR Tolkien en CS Lewis – maar die letter f is laankal afgehandel…

← Older posts

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Nuutste kommentaar

Una oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Weerberig, 25 Januarie 20…
woordnoot oor Weerberig, 25 Januarie 20…
scrapydo2.wordpress.… oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Sondagstap

Argief

  • Januarie 2023
  • Desember 2022
  • November 2022
  • Oktober 2022
  • September 2022
  • Augustus 2022
  • Julie 2022
  • Junie 2022
  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

DeWetsWild Photography

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

Hannes van Eeden

Bodemklippe

Docendo discimus

Enelda

Sonder 'n masker

Wild Adventures Blog

Journey to the wild

Jan Peppler HOME

Exploring Our Connection to People and Place

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino Stories & Other Journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

'n Webwerf vir die Afrikaanse digkuns

Masha du Toit

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 223 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...