Vrye vertaling van die lirieke van “Un Jour, un Enfant”:
Die dag sal breek agter drie seringtakke wat ‘n kindjie sien soos in ‘n prenteboek.
Die wêreld om hom sal leeg wees en daarom sal hy die lewe op die blanko bladsy verf.
Deur ‘n lemoen te skilder, sal hy die son laat opkom; met die skets van ‘n voël, sal hy die blomme skep; deur na watergeruis te luister, sal hy ‘n hartskreet kan hoor.
Met die teken van sterrepunte sal hierdie kindjie die weg vind van grootmense wat steeds verwonderd staan voor die vrugte van elke dag en die rose van die liefde.
As kind is jy met min tevrede. Die klein goedjies in die lewe was genoeg om jou gelukkig te maak. Ek dink die engelse term ‘childlike wonder’ som dit die beste op.
Ek het bietjie teruggedink aan die dinge wat my opgewonde gemaak het as kind:
’n Blikkie kondensmelk in die yskas, met twee gaatjies in.
Draadkar-ry.
Verjaardag partytjies. Veral as dit by Spur was! Daar was altyd ’n gesing en handeklap. Roomys en sparklers, en na die tyd het jy en jou maaitjies met julle heliumballonne resies gehou.
Die aanbreek van albaster-, top- en yo-yo seisoen by die skool.
Die avonture van vier tekenprent-waterskilpaaie, met Japanese samuraiwapens en Renaissance-kunstenaar name het my ook vir een of ander rede baie opgewonde gemaak.
Die temaliedjies van Airwolf, Brakenjan en the A-team.
’n Glasie gaskoeldrank. Dit was ’n rarigheid in ons huis. Party naweke was daar coke in die yskas, maar dan…
Joshua laai die verstuiwer (ha! het julle geweet dis eintlik die Afrikaanse woord vir ‘n “nebulizer”?) met die talle lang plastiekbinders (ummm, wat is “cable ties” in Afrikaans?) wat orals daaraan vasgebind is op sy waentjie: “Ek bou ‘n stofsuier, ouma. Hy’s nie mooi nie, maar hy werk.”
Ouma: “Hy’s vir my mooi, ook!”
Joshua (hoog die josie in): “Nee, ouma! Jy moenie daai sê nie!! Dis nie hoe die wêreld werk nie!!!”
Dis nou al twee jaar gelede dat klein Gabby in jou graad R-klas was. Gisteraand kom wys sy ‘n werkboek uit daardie jaar met jou sorgsame byskrifte by haar tekeninge: op een selfportret word elke liggaamsdeel in duidelike juffrouskrif aangedui: “kop, hare, oë, neus, mond, nek, arms, hande, vingers, lyf, bene, voete, tone”. Soos die jaar vorder, raak die portrette al hoe beter en temas word bygevleg: die ruimte, troeteldiere, “ek saam met ‘n gebakte produk” – dit was pizza, wat jy ook benoem het. Uiteindelik, in November, kan jy by ‘n realistiese skets (“ek, maan, aarde, son, venus, yskoue planeet”) triomfantlik skryf: “Baie mooi!”
Jy moes by elke kindjie in die klas gaan sit het en hulle uitgevra het oor die tekeninge om sulke byskrifte te kon skryf. Hoeveel kinders was daar in jou klas, seker om en by dertig? Wat van letters en syfers, hierdie boekie is maar een van vele uit daardie jaar!
Smiddae het Gabs met helder ogies by die huis gekom. Die atmosfeer tuis was heeljaar gelukkig – en dit was in groot mate aan jou te danke. (Sy kom nog steeds so gelukkig by die huis aan.)
Ek haal my hoed vir jou af. Dankie vir jou liefde, wysheid, energie, geduld en uithouvermoë. Mag die Here jou ryklik seën.
Vanoggend toe ek opstaan, draai ‘n ou liedjie in my kop − al in die rondte, al in die rondte – en ek hou nie eens eintlik daarvan nie!
Maar vanoggend is my hart so vol dankies dat ek ‘n paar sal moet uitskrywe, anders ontplof dit dalk.
Die lieflike waters van Mosambiek het iewers diep in my siel vasgespoel, ‘n kragbron vir elke dag.
Dis vandag my pappa se verjaarsdag. Ek sit weer in die sonnige sandput en speel, met hom langsaan op die mandjiestoel, besig om vir my skyfies biltong te kerf…
Dit was nog donker vanoggend toe Joshi se klein figuurtjie by die deur inkom. Hy pak die geld waarmee hy vandag (nog) ‘n waaier gaan koop op die bed uit, sy hele wese een stuk opwinding en afwagting.
Hoe kan mens so onverdiend en oorvloediglik met vriendskap geseën word? Soveel so dat jy maar net hoef rond te sit en bederf te word? Die dae daar langs die Hartebeespoortdam, in Una se mooie huis, het my die krag gegee om terug in Pretoria ‘n jillende 8ste verjaarsdagpartytjie te deurstaan.
Seegogga vertel van die suidelike Goue Vroue se oggendtee en ons noordelikes se avonture flits voor my geestesoog. Pret, plesier en geborgenheid – wat meer kan ‘n mens vra?
Gabby het gister verjaar – sy is nou agt jaartjies oud. Hierdie kindjie het ‘n wonderlike blymoedigheid en optimisme in haar geaardheid. Sy het verjaarsdaggeld gekry en slyp nou sommer haar tande vir Kersfees ook, sy hoop Kersvader bring nog geld.
“Maar as jy stout is, kry jy steenkool…dis goed as jy hou van braai!”
Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"
Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!