• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: Mei 2018

WAT ’N KAT VAN SAFFRAAN WEET

30 Woensdag Mei 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 6 Kommentaar

Lees net hierdie feestelike Afrikaans!

ilsezietsmanblog

First published in Die Burger, October 2013

Katte het personeel in diens; honde het ’n baas. Katliefhebbers ken ’n magdom spreekwoorde wat kattekaskenades sowel as kieterkaters en hul kenmerkende kruidjie-roer-my-nie gedrag beskryf. En voel of hul wil spin as hulle ’n kuierplek ontdek waar ’n kattekind op ’n stil plekkie opgekrul lê of wat ’n kat-tema of –naam het.

Felix het sy eie kafee (gehad)

Een hele muur word beslaan deur 'n foto van die nimlike Felix

Café Felix in Riebeeck-Kasteel is na ’n gitswart kat vernoem. Hoewel Felix se ‘personeel’ intussen die eetplek verkoop het en Felix terug na die stad verhuis het, is díé swart kat steeds alomteenwoordig.

Die restaurantnaam het onveranderd gebly – ek vermoed Felix het daarop aangedring of dit dalk in die kontrak laat inskryf. Dis nogal voorbarig as jy inreken dat Felix ’n optelkat was voor sy nuwe status as bedorwe brok by ’n liefdevolle familie.

DSC_1302

Op een muur pryk ’n allemintige foto – van die…

View original post 810 more words

Skryf-Safari: Deur die venster

27 Sondag Mei 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 8 Kommentaar

FB_IMG_1509622669449

Skemeraand… Sy is jonk en baie hartseer, dwaal deur die rustige strate op soek na vrede.

Dis ou huisies in ‘n boomryke omgewing, oorkant ‘n pragtige parkie van inheemse flora. Deur een venster val warm lig, onbelemmerd, want die gordyne is nog nie toegetrek nie. Die voortuin is vlak, sodat sy maklik deur die venster kan kyk. Rosegeur hang swaar in die lug; net binnekant die venster lê ‘n spoor outydse rose tot by ‘n blikbeker op die vensterbank, volgeprop met die bleekpienk heerlikheid. Sy sien die bron van die geur en oorvloed: ‘n knoetsige ou roosbos net langs die venster.

‘n Boekrak vul die hele oorkantste muur. Die boeke is netjies gerangskik, met hier en daar ‘n opening waar ‘n boek uitgehaal is. Langs die venster is daar ‘n groot houtlessenaar, besaai met boeke en papiere. Potlode en penne steek by ‘n erdebeker uit. Drie skerpgemaakte potlode en ‘n leë A4-skryfblok vertel die storie: wil, maar kan nie op die oomblik nie. Die skewe draaistoel is duidelik in moedeloosheid agteruit gestamp.

In die middel van die kamer staan ‘n rooi driewieletjie.

Dit word donker; sy stap stadigaan terug in die rigting van die koshuis, verander dan van koers en glip by die parkhekkie in. Sy gaan sit op ‘n bankie (“ons” bankie, wat nou net “myne” geword het) en wonder oor die mense van daardie huis. ‘n Jong dosent, dalk? Met ‘n kunstenaarsvrou, wat rose uit haar tuin op so ‘n oorspronklike manier rangskik? ‘n Klein krulkopseuntjie, wat na sy pappa in sy studeerkamer kom soek het? Sy wonder of daardie pappa besef hoe geseënd hy is…

Die aandlug word kil.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

In die oomblik…

22 Dinsdag Mei 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 7 Kommentaar

Die blondekopseuntjie en die wit kat hardloop deur flikkerende sonlig en skaduwees oor groen gras. Die kleuter kry die kat se agterstewe beet en probeer haar optel. ‘n Paar tellings lank beweeg hulle so vorentoe: Joshi met sy armpies om die kat se agterlyf, hoog in die lug opgehys, terwyl haar wit voorpootjies fyntjies op die gras vorentoe trap, kompleet soos die kruiwastoot-item op boeresportdag. Ouma sit op die stoeptrap en proes van die lag. Dan ontglip die kat en spring ligvoets tot bo-op die hoë tuinmuur, vanwaar sy ver oor die straat sit en tuur terwyl sy haar waardigheid probeer terugkry…

Skryf-Safari: Dieremaniere

20 Sondag Mei 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 15 Kommentaar

Dankie aan Scrapydo vir ‘n heerlike onderwerp.

Om ‘n vriendin soos J te hê, is ‘n voorreg. Sy is die blymoedigste mens wat ek ken, ten spyte daarvan dat haar lewe, soos sy self sê, “vol drama” is. Sy maak tuin (groente en kruie en blomme), kook die wonderlikste geregte, bedryf ‘n wynproeklub, rits die wêreld vol saam met haar man, lees wyd, stap verwoed en geniet haar kinders en kleinkinders terdeë. Ons het mekaar leer ken toe sy kliënteskakel by ‘n groot drukkery was en die werksverhouding, wat toe reeds vriendskap was, is na ons albei se aftrede voortgesit.

Toe J se kinders klein was, het sy nie vir hulle gewone stories gelees nie, maar uittreksels uit “Mammals of South Africa”. Sy het eendag vir my vertel hoe ‘n olifant langs die oop Landrover kom staan het en haar sagkens en ondersoekend met sy slurp besnuffel het. Op haar aanbeveling het ek Lawrence Anthony se boek “The Elephant Whisperer” gelees – watter aangrypende ware verhaal!

Die boek vertel hoe hy ‘n groep “rogue elephants” op sy wildsplaas en -heenkome Thula Thula in KZN herberg gegee het. Hulle was heeltemal getraumatiseer, want eers is hulle trop uitgedun en toe verskuif. Hulle het uit die aanvanklike kamp ontsnap en pad gevat. Wildsbewaarders kon hulle terugneem na Thula Thula, maar Anthony is gewaarskau dat die olifante geskiet sou moes word as dit weer gebeur. Hy het besluit om hulle vertroue te probeer wen en het dag en nag, weke lank, in die wildernis na aan hulle gaan bly. Hy en die matriarg-olifant het ‘n verstandhouding ontwikkel, wat tot ‘n diep, mistieke verband gegroei het.

Anthony is in 2012 oorlede. In die weke na sy dood, het wonderlike berigte vertel van hoe die twee troppe olifante op sy plaas oor hom gerou het:

https://www.iol.co.za/news/south-africa/kwazulu-natal/elephants-say-goodbye-to-the-whisperer-1253463

Sy weduwee Francoise sit die werk voort:

https://www.youtube.com/watch?v=UTtcz8Vuor0

Mense wat omgee vir diere en na hulle omsien – van die kleinste ou straatkatjie tot by die bedreigde renoster – is ware rentmeesters, wat die Skepper se gebod verstaan en dit nakom:

Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

Les van die jellytots

16 Woensdag Mei 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 14 Kommentaar

Saterdagoggend, net voor ouma Joshi vir sy slapie moet vat, gee sy pa vir hom ‘n halwe mediumgrootte-sak jellytots – daar is seker omtrent vyftig lekkertjies in. Ouma (gedagtig aan al daai suiker) maak heftig beswaar en pa vat die sak ietwat hardhandig weg. In die proses gryp die kleinding wanhopig en slaag daarin om drie jellytots beet te kry.

Toe sit hy op ouma se skoot en huil – snot en trane en borrels – oor die ander 47 lekkertjies wat hy nou nie meer het nie. Hy huil so erg dat hy nie eens daaraan dink om die drie wat hy wel in sy vuisie vashou, te eet nie.

Iewers in hierdie episode lê daar ‘n groot morele les vir ouma opgesluit.

Stuur groete vir Laurika Rauch (2006)

14 Maandag Mei 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 2 Kommentaar

Lees gerus hierdie lieflike beskrywing van gemengde gevoelens, deur ‘n blogger wat nou in ‘n poskaartmooi land met vriendelike honde woon, maar verlang…

Elders is dit mooiweer en warm

mg_89651Dis Maryna se skuld dat ek ompad ry by die Afrikaanse Kaffee (sic) langs, op pad na Albert-kind se swemles toe. Dis sy wat my gevra het om gou daar te stop om souttertbestandele te kry vir daardie spesifieke een wat sy wil hê ek moet maak.

Dis haar skuld dat ek die rakke besnuif en op die ou end wragtag ‘n blikkie Vienna’s op die rakke opspoor, tussen Mrs Balls blatjang en Johnson’s babapoeier. Mens kry dit nie in Auckland se supermarkte nie, en net nou die dag het ek so lus gekry om daardie souttert te probeer wat my ma altyd gemaak het. En $4,95 dollar is seker nie te veel daarvoor nie. En Maryna sê toe entoesiasties ja, bring vir kuier.

Die Kaffee in Auckland se Browns Bay net na vyf op ‘n Woensdagmiddag in November is skielik besig soos al wat leef en beef vinnig kom…

View original post 955 more words

Skryf-Safari: ‘n Feëverhaal

11 Vrydag Mei 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 12 Kommentaar

pexels-photo-460659.jpeg

Daar was eendag ‘n koningin, wat in ‘n pragtige kasteel in ‘n land vol bome gewoon het. Sy was baie lief vir haar man die koning en het haarself altyd aan mense voorgestel as “die koning se vrou”.

Die koningin het rustig by die kasteel gebly om die prinsies en prinsessie op te pas terwyl die koning die wêreld vol gereis en talle avonture beleef het. Naderhand was haar geselskap nie meer vir hom interessant genoeg nie en uiteindelik het hy op sy wit perd geklim en weggery sonder om eens een keer om te kyk.

Vir die koningin het dit gevoel asof haar regterarm afgeruk was. Sy moes na ‘n klein grasdakhuisie trek, omdat sy nie meer die kasteel kon onderhou nie. Sy het elke nag drieuur wakker geword en verskriklik gehuil. Dan het haar kat op haar bors kom staan en diep in haar oë getuur, sodat sy die groen glans en die goue spikkels in die kat se oë kon sien, terwyl die kat kliphard spin: “Rrrruk-jou-rrrreg, rrrruk-jou-rrrreg…” En toe het sy sommer opgestaan en tot die volgende more aan ‘n tapisserie gaan weef, met die kat opgekrul op haar skoot om haar in die koue nanag-ure warm te hou.

Omdat haar oë so vol trane was, kon sy presies die regte kleure gare kies. Daar was blou en pers om die hartseer te besweer; rooi en oranje omdat sy so kwaad was; bruin en swart omdat dit al was wat sy in haar toekoms kon sien; maar ook groen en goud sodat haar kat se bemoediging in die weefwerk vasgelê kon word. Omdat sy elke liewe nag wakker geword het, het die tapisserie so groot geword dat dit by die deur van die huisie begin uitsteek het en naderhand die hele pad vol gelê het. Almal wat by haar huisie verbygeloop het, het hulle aan die kunswerk verstom. Die pragtige kleure het mense se seer harte sommer beter laat voel. Hulle het vir ander daarvan vertel en uiteindelik het die Goeie Fee van Handvaardigheid van die wonderlike tapisserie te hore gekom.

Die Goeie Fee van Handvaardigheid het die wêreld vol gereis om pragtige handwerkitems te versamel, wat sy in haar feëpaleis uitgestal het en waarvoor sy altyd die mense wat dit gemaak het, met ‘n pot vol goud beloon het. Sy was ‘n hoogs puntenerige fee, wat breiwerk en naaldwerk en hekelwerk en weefwerk en kerfwerk en rygwerk en pottebakkery met kwaai X-straaloë van voor tot agter en van bo tot onder en van binne tot buite bekyk het, soos wafferse Huishoudkundejuffrou van ouds.

Toe sy die koningin se tapisserie sien, was sy heeltemal oorrompel deur die vrede wat daaruit gestraal het. “Wie is jy?” vra sy. Die gewese koningin maak ‘n diep kniebuiging: “Ek is die weefster en my naam is Een-Alleen.”

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

In die oomblik…

10 Donderdag Mei 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 9 Kommentaar

Ontmoet vir Tortellini, die nuutste aanwins in ons huishouding. Sy het hier naby ons verdwaal en die vrou wat haar aanvanklik oor die diertjie ontferm het, kon haar nie hou nie. Sy het eers vir die kat duur Maine Coon-kos gaan koop (klaarblyklik ‘n katliefhebber!), toe orals gevra en foto’s op fb gepos, maar kon nie die eienaar opspoor nie.

100_2481

Tortellini is nog jonk en baie spelerig, sy en klein Joshi raak ewe vrolik poot- en handgemeen. Sy het die hond klaar getem, maar is nog lugtig vir die wilde wit kat, wat haar met argwaan bejeën. Die kleur van haar pels lyk soos ons ou kat wyle Knersus s’n, maar die wolle is lank en dig, soos my lieflingskatjie oorlede Skoonlief s’n.

Tortellini

Katte en klein kindertjies verbly my hart.

100_2482

 

Skryf-Safari: my hartsplek

04 Vrydag Mei 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 12 Kommentaar

7a2438eb54198aa289212de6759cf48d

Kom saam met my na Firwoodlaan 45, iewers in die tagtigerjare van die vorige eeu. Ons stap met hierdie woudpaadjie langs: af, af, al dieper in die skaduwee in, totdat ‘n verblindende flits ons in die tyd terugskiet…

Daar woon ‘n ouma, ma en pa, drie kinders (twee amper ewe oud plus ‘n laatlam), vier katte en een hond. Die ouma maak tuin; die ma het ‘n oggendpos; die pa kom en gaan ter wille van vername mense en belangrike sake; die kinders ry fiets skool toe, speel netbal en rugby en die tuba en toneel. Sussie sit krullers in Laatlam se blonde krulle; Middelkind bind sy beentjies met toue vas.

Soggens vroeg word melk en lemoensap afgelewer; smiddae kuier die kinders om die swembad. Soms sit hulle in die yslike multiflora wat verby pa en ma se slaapkamervenster op die tweede verdieping groei; soms klim hulle die tipuana aan die anderkant van die swembad. Die karee met sy wipplanktakke kom ook aan die beurt. Ouma wys hulle hoe om ertjies en boontjies te plant; Laatlam kweek ‘n boerpampoen. Daar is rose en magrietjies en heldergeel botterblomme, ‘n wisteriaprieel, Kaapse kanferfoelie en ‘n katjiepiering.

Af en toe kuier pa en sy pêlle saans in die kroegie. Hy braai vleis in die sementbraai by die swembad en nooi die hele wêreld om te kom help eet aan die kreef wat sy Kaapse kollegas vir hom gegee het. Die kinders kyk na die puik Afrikaanse kinderprogramme op die TV en ma en ouma sit in die kamer en gesels oor die dag se dinge.

Die kinders van die buurt kom kuier. Af en toe kom drink ‘n buurvrou tee. Die mense langsaan en oorkant en straat-af is almal bekendes; hulle is bewus van mekaar se lief en leed.

So glip die dae verby en ek leef hulle asof dit maar altyd so sal aanhou…

Daardie dae en daardie plek is onherroeplik verby en verlore, maar die herinneringe hou my hart nog steeds warm.

——————————————————————————————————————————————–

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Winter in die VSA
  • Emmerskoplysie 6
  • Ontmoet vir Barkley
  • In die oomblik – VSA28
  • In die oomblik – VSA27

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Winter in die VSA
  • Emmerskoplysie 6
  • Ontmoet vir Barkley
  • In die oomblik – VSA28
  • In die oomblik – VSA27

Nuutste kommentaar

Will van der Walt oor Emmerskoplysie 6
woordnoot oor Winter in die VSA
katrina oor Winter in die VSA
Abrie Joubert oor Winter in die VSA
alison41 oor Winter in die VSA

Argief

  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Create a free website or blog at WordPress.com.

My Cape Town - round and about

My Cape Town

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Kollektiewe weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Hond Se Gedagtes

Advies vir troeteldiereienaars

elanabarkerhome.wordpress.com/

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Vryheidsontdekker

Ek deel dit wat ek ontdek op hierdie pelgrimstog na vryheid.

Die Oerknal van die liefde

'n Versameling van Afrikaanse gedigte, skrywes, liedjies, vertellings en sommer alles wat ek naby my hart wil hou . . . met'n titseltjie Engels ook so dan en wan tussenin rondgestrooi

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

Coetzeeblog 2

Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.

Positief

Griffelbord vir gedagtes en dinge

Always Anne

Sophisticated. Feminine. Chic.

My Mapstieks

"Eendag is vandag"

writingsofthebard

Gypsy Café

The Travelosopher's Home

Enelda

Sonder 'n masker

Bo-Karoo

oor die lewe in Vanwyksvlei

MEDICINE MOMMY

Ouerskap is nie 'n kompetisie nie. - Alyssa Loftus

Kreukels en plooie

Skryfsels oor en uit eie ondervindings

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

deel-woorde

soms, net soms, waag 'n mens om gedinkte woorde te deel...

Dr. Christa van Staden

Afrikaanse Navorser, Opvoedkundige & Blogger

J.T. Strauss

Fiksieskrywer

Maanlig Waansin

'n Treinongeluk in stadige aksie

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

Tall tales, truths and lies of a travellover

here I will share some humour, stories, advice that deals with travel, holidays and things travellers do.

Henri Meyer se Blog

Marc Latilla

"The best thing is surprising people, knowing that tomorrow it will all be forgotten" Regine Zylberberg

Engelroeper

Psalm 91:11 "Want Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm orals waar jy gaan. Hulle sal jou dra sodat jy nie eers jou voete teen 'n klip sal stamp nie. Selfs as jy leeus of slange teëkom, sal jy hulle doodtrap."

Mostly Birding

Adventurous Birding, Atlasing and Travel

Kanselleer
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy