• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: Januarie 2016

Toeka-Tokkel 3: Eerste soen(e)

25 Maandag Jan 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 18 Kommentaar

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/21/toeka-tokkel-no-3-eerste-soen

‘n Geliefde en beskermde kind was ek – bygevolg ook nog kind nadat my maats reeds begin ontluik het. Toe word ek na my maatjie se ouer boetie se garage-partytjie genooi. Ek onthou nou nog die uitrusting wat ek gedra het: dit was net na die era van die uitskop-onderrokke (swierige netvalle wat met suikerwater gestywe aan die wasgoeddraad droogdrup) en die blombont, geplooide rompie het vaartbelyn tot onder die knie gehang. Daarby was daar ‘n beige bloesie met ‘n breë gordel wat met ‘n bruin plastiekgespe vasgemaak het. Ons het nie gedans nie maar speletjies gespeel en toe ek op ‘n stadium moes “boete doen” omdat ek verloor het, het die boetie my vasgegryp en kaplaks! daar voor almal gesoen. Ek het my so bitterlik geskaam…
Nog ‘n vroeër soen was die een van my plaasnefie agter die hooimied – bewys dat die storie van neefs en niggies wat op mekaar oefen (soms) waar is!
Maar “my eerste soen”, die ware Jakob, was van ‘n jong mediese student wat ek genooi het om aan die einde van my st. 9-jaar saam met my Matriekafskeid toe te gaan. Ons het naby mekaar gewoon en in wintervakansies het my ouers by sy ouers ‘n rondawel by Scottburgh aan die Natalse Suidkus gehuur, waar die jongklomp daglank gekuier en gespeel het. Ek onthou my uitrusting: ‘n bleek-pienk organza-droom. Hy het my met sy DKW-tjie kom oplaai. Aan die einde van die aand het hy voor ons tuinhekkie geparkeer en my met mening vasgevat in ‘n lang, laaang “French kiss”. Ag, ek was hopeloos te onervare vir hom. In die kombuis het my mammie my een kyk gegee en toe saggies gevra: “Het hy jou gesoen?” Ek kon net stomweg knik. Haar sagte, woordelose begrip was kosbaar.
Op universiteit het hy nog soms vir my kom kuier, my ‘n keer of wat uitgeneem, maar ek was steeds nie gesofistikeerd genoeg vir hom nie, al het ek innig baie van hom gehou.
Toe sterf hierdie liewe, mooie jong man met die belofteryke toekoms in sy vierdejaar in ‘n motorongeluk, op pad huis toe van sy verloofde se ouers af. Skielik was ek met die dood gekonfronteer, met smart en sinloosheid. Tot vandag toe nog dra ek hom in my hart.

Toeka-Tokkel 2: Vakansie

18 Maandag Jan 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 1 Kommentaar

Tannie Frannie

Lees meer oor Scrapydo se Toeka-Tokkel:  https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/

Lank het ek gewik en geweeg: sal ek, of sal ek nie? Sal ek die verskriklike lang reis na Nieu-Seeland toe aandurf en oor Kersfees vir my broer en sy gesin gaan kuier? Hoe innig bly en dankbaar is ek nou dat ek dit tog gewaag het!

In my soektog na ooreenkomste met Suid-Afrika het ek aan die groen heuwelglooiings van Natal gedink, aan die laat sonsondergange van Kaapstad in die somer, aan die reënwoud van die Oos-Kaap. Uiteindelik moes ek egter besgee, want Nieu-Seeland is Nieu-Seeland, nie ‘n konglomerasie van ‘n ander land se eienskappe nie.

Die sand van die strande is hoofsaaklik kleigeel, partykeer wit en soms selfs swart, met blinkertjies. Die rotse lyk anders en teen die horison lê die dramatiese silhoeët van Rangitoto – ‘n uitgebrande vulkaan. In die baaitjie naaste aan ons was daar nie branders nie, want…

View original post 155 more words

Toeka-Tokkel 2: Vakansie

14 Donderdag Jan 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 9 Kommentaar

Lees meer oor Scrapydo se Toeka-Tokkel:  https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/

Lank het ek gewik en geweeg: sal ek, of sal ek nie? Sal ek die verskriklike lang reis na Nieu-Seeland toe aandurf en oor Kersfees vir my broer en sy gesin gaan kuier? Hoe innig bly en dankbaar is ek nou dat ek dit tog gewaag het!

In my soektog na ooreenkomste met Suid-Afrika het ek aan die groen heuwelglooiings van Natal gedink, aan die laat sonsondergange van Kaapstad in die somer, aan die reënwoud van die Oos-Kaap. Uiteindelik moes ek egter besgee, want Nieu-Seeland is Nieu-Seeland, nie ‘n konglomerasie van ‘n ander land se eienskappe nie.

Die sand van die strande is hoofsaaklik kleigeel, partykeer wit en soms selfs swart, met blinkertjies. Die rotse lyk anders en teen die horison lê die dramatiese silhoeët van Rangitoto – ‘n uitgebrande vulkaan. In die baaitjie naaste aan ons was daar nie branders nie, want dit lê binne ‘n veel groter baai, sodat die golfies klein kabbelinge is. Die bome groei reusagtig groot en die welige agapanthus – ‘n indringerplant wat party Kiwi’s verpes – wys watter waterryke, vrugbare omgewing dit is. Daar is talle natuurreservate wat die pragtige reënwoud bewaar en teen die kranse wat oor die baaitjies troon, klou die pohutukawas verbete aan die rotswande vas – Nieu-Seeland se “Christmas tree” wat in Desember bloedrooi blom.

cropped

Die mooiste klank vir my was die getjilp van die tui (mens spreek dit uit “toewhie”) – ‘n mediumgrootte voëltjie met die ongelooflikste verskeidenheid note.

Ek kon met my voete in die sand vroetel en my arms om wonderlike ou boomstamme slaan.

5 Beautiful path.JPG

Ons het roomys in suikerhorinkies geëet:  souterige karamel en skerp suurlemoensorbet.

Die seelug was vars en die water skoon en helder.

3 Splash!.JPG

Harbour scene.JPG

Dit was ‘n ongelooflike voorreg om so deur my familie gekoester te word en ‘n lieflike land te verken.

 

 

Toeka-Tokkel: Nuwejaarsvoornemens

12 Dinsdag Jan 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 7 Kommentaar

(Scrapydo is die meesterbrein agter Toeka-Tokkel:  https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/)

Ek staan op die rand van ‘n afgrond. Wyd voor my strek die wonderlikste goue lig, deurstraal met rooskleurige skakerings. Ek is bang – so bang! Maar die lig bekoor my só dat ek vorentoe val… Toe ek ‘n vergeestelikte vriendin van hierdie droomervaring vertel, som sy dit perfek op: “Falling into grace”.

In 2010 was ek vas oortuig dat ek daardie jaar nie sou oorleef nie, vanweë die stresvolle uitdaging van my pligte by ‘n internasionale konferensie. Ek was een van die onsigbares, moes toesig hou oor die tolkdienste, en het geglo ‘n hartaanval is my voorland – voete eerste sou hulle my by Sandton se Konvensiesentrum uitdra. Ses jaar later en hier is ek nog steeds.

Dis nou genadetyd – ek het reeds die Bybelse leeftydtoekenning bereik. Om my is daar die leë plekke van mense wat nog soveel sou kon bied. Wanneer sal my tyd op hierdie mooie aarde verby wees? Hoe kan ek intussen die bitterheid van die ouderdom hokslaan?
Ek het net een allesomvattende voorneme vir 2016: “Moenie bang wees nie”.

 

 

 

 

 

Dis tyd…

11 Maandag Jan 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 9 Kommentaar

“Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd”

Vanoggend het ek saam met Gabby en haar mamma na die kleuterskooltjie toe gestap en die kosbare wesentjie in iemand anders se sorg oorgegee.

Ek het nooit kon dink dat ek een dag jaloers sou wees op ‘n kleuterskoolassistent nie…

When My Neck Is Sore and My Feet Are Tired

10 Sondag Jan 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 1 Kommentaar

Kersfees is verby – maar die gedagtes wat Ashlin hier uiteensit, is tydloos…

ASHLIN BOYLES

The whole thing started on a blue piece of construction paper. I was sitting in the lobby of one of my favorite places and furiously scribbling for my next blog post.

I kept getting distracted. Something that has been grabbing at my heart lately kept pulling on me. I would write a sentence, pause and let my mind wander, and the next thing I knew I was playing a long and tiring round of “what if?”

Suddenly, I would remember that I was supposed to be focusing, to be listening to God and not trying to make a bunch of plans.

I leaned my head back against the wall, “Did they look down, God?”

I was thinking about The Wise Men. The ones who had direction, but no details. They knew what they were headed toward, but they didn’t know what it would take to get there. Follow the star and you’ll…

View original post 603 more words

Mymering

10 Sondag Jan 2016

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 12 Kommentaar

In Auckland in Nieu-Seeland staan daar ‘n houthuisie met dakvensters, wat eens ‘n vakansiehuis was (‘n “batch”, soos die Kiwi’s dit om die een of ander onverstaanbare rede noem). Nou is dit die woonhuis van my broer se gesinnetjie wat Suid-Afrika in 2011 vaarwel toegeroep het – vier mense wat van my heel dierbaarste dierbares is. Die huisie nestel onder ‘n steil afrit, sodat die seebries dit net liggies streel. In die een hoekkamer kyk vensters sonder diefwering uit op ruie varings, boomvarings, piesangplante, rankplante en reuse-impatiensblomme. Die buurhuise is net anderkant hierdie skerm, maar dit voel asof mens alleen in ‘n sprokiestuin woon.
Hier het ek twee wonderlike weke deurgebring, omring deur liefde en oorlaai met guns. Elke oggend het my peetseun, nou al sestien, my vaak-vaak ‘n drukkie kom gee. My broer se dogtertjie (sy’s amper twaalf) en ek het ons vingers sagkens tussen die sagte groen suiertjies van see-anemones geplaas en ‘n donkerblou seester in een van die rotspoeletjies ontdek. Ons het die wilde eende in die stroompie gevoer (twee broeisels van drie en vyf eendjies maak miniatuur-v’tjies in die water agter hulle ma’s aan) en die lieflike seelandskap van die “clifftop” af bewonder.
Dis al lank dat ek wonder oor die geheimenis van persoonlike ervaring. Dit voel vir my asof ek, waar ek ook al gaan, die wêreld om my “oopmaak” deur op daardie oomblik dáár te wees. Bly daar iets van my oor as ek weer weg is, of is hierdie hele gedagte in wese ongelooflik egosentries?
Terug in my vaderland moet ek verneem dat een van die steunpilare van ons gemeente skielik oorlede is – so ‘n lewendige, vriendelike, opmerksame en behulpsame mens! En ek wonder oor die dood…

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Nuutste kommentaar

Una oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Weerberig, 25 Januarie 20…
woordnoot oor Weerberig, 25 Januarie 20…
scrapydo2.wordpress.… oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Sondagstap

Argief

  • Januarie 2023
  • Desember 2022
  • November 2022
  • Oktober 2022
  • September 2022
  • Augustus 2022
  • Julie 2022
  • Junie 2022
  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

DeWetsWild Photography

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

Hannes van Eeden

Bodemklippe

Docendo discimus

Enelda

Sonder 'n masker

Wild Adventures Blog

Journey to the wild

Jan Peppler HOME

Exploring Our Connection to People and Place

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino Stories & Other Journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

'n Webwerf vir die Afrikaanse digkuns

Masha du Toit

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 223 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...