“Gaan haal jou vlerkie-ding, Ouma,” beveel die helder stemmetjie.

Ek skarrel kamer toe en bring die bleekpers wolsjaal; gooi dit oor my skouers; sprei dit oop en nooi haar: “Kom sit onder my vlerk.”

Die asempie jaag van erns; die lyfie wikkel tot gemaklikheid.

Ek vou haar in my wolvleuels toe en ek wens – ag, ek wens! – dat ons vir altyd so sou kon sit, met my veilige arms vol van liefde en asem en warm lewe…

Advertisements