In die oomblik – 2021(24)
22 Vrydag Okt 2021
Posted Uncategorized
in22 Vrydag Okt 2021
Posted Uncategorized
in18 Maandag Okt 2021
Posted Uncategorized
inVanmiddag sien ek die praktiese demonstrasie van ‘n goeie onderwyser se invloed. Gabby (graad 2) was vandag vir die eerste keer in die skoolbiblioteek. Sy is ewe vroom verontwaardig dat “die kinders die nommer 1-reël gebreek het”: Moenie praat nie! Sy wys my hoe mens ‘n liniaal gebruik om ‘n boek se plek op die rak te merk terwyl jy daardeur blaai om te sien of jy dit graag sal wil uitneem, sodat jy dit kan terugsit as jy daarteen sou besluit. Sy het reeds die boekie wat sy uitgeneem het klaar gelees en snuffel al ‘n hele rukkie deur die boeke op ouma se rak.
‘n Boekwurmpie in wording…
13 Woensdag Okt 2021
Posted Uncategorized
inGabby (sewe jaartjies oud, so by haarselwers): “My ma het incredibly sensitive ore.”
07 Donderdag Okt 2021
Posted Uncategorized
inJoshua (5 jaartjies oud, met die sagste hartjie): “Daar’s ‘n mier, ouma, maar kom ons los hom uit dat hy kan lewe. Onthou, Jesus het die insekte gebou.”
01 Vrydag Okt 2021
Posted Uncategorized
inAs student het my dogter twee maal op ‘n uitreik na Mosambiek gegaan. Toe ek vir haar foto’s uit Bilene stuur, was haar reaksie: “Daardie water is so mooi soos ek dit onthou”.
Wanneer ek nou terugdink, besef ek: Mosambiek is kleur.
Die mense se klere is helder – van José se bont bermudabroek en luiperdpatroonhempie tot by die rooi bloesie en bypassende sisromp van die vroutjie wat langs die markstalletjie sit. Ek dink sy is siek, want sy is baie maer en die stoel is duidelik spesiaal vir haar uitgesit. Daar is ‘n sagtheid in haar uitdrukking soos wat sy ons, “toeriste”, met belangstelling bekyk.
Een dag kom Arleta werk met los haarverlengings ipv haar gebruiklike bolla en ek merk verras op dat die punte diep pers van kleur is.
Nou nog is ek spyt dat ek nie ‘n foto geneem het van die skoenstalletjie nie: netjiese rye plakkies in die helderste kleure.
Selfs bruin kom in talle skakeringe: kasjoeneute, honde, kleipotte…
In Bilene is ‘n reënboogkroeg met die vriendelikste kroegman.
Tot ons drankies was kleurvol: rooi koeldrank en rum; pienk Strawberry Lips-likeur met klein ysblokkies.
‘n Mark langs die pad is ‘n kunswerk – torings van kleur en lekkerte: groot geel lemoene, helderrooi tamaties en klein piesankies wat aan die plant ryp word en rêrig na piesang smaak.
Die kleurvolste van alles is die persoonlikhede saam met wie ek daardie heerlike week kon beleef. Dankie, Una, Positief en Woestynkind, vir die vreugde van ’n voornaamwoord: “ons”.
Disappearing into South Africa's wild places... Again!
Docendo discimus
Sonder 'n masker
Journey to the wild
Exploring Our Connection to People and Place
Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"
Leer, Speel, Skep
... en sê nou daar's 'n ... kat?...
Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer
Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies
Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas
A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough
Every journey begins with the first step
Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten
Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir
Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer
Lig is beter as duisternis
Afrikaanse kortverhale
Missives from far and near
Skrywer
Camino Stories & Other Journeys
Saam kan ons ‘n verskil maak
Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend
Idees, raad en pret !
Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals
Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!
Home
My journey, my lewe in Skotland
Reisjoernaal oor Hier, asook Daar
Musings about my travels...
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
From pregnancy to parenting in a busy world
A pensioner's blog
Ons onthou die lekker dinge van die verlede
- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand
Fine Art Photography, Napier, South Africa.
My vreugdes en frustrasies
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
Living the life of the common people.
'n Webwerf vir die Afrikaanse digkuns