Joshua se hartjie is eintlik te sag vir hierdie wrede wêreld. Sy masjiene en ander kietermegefters is vir hom lewende wesens, met wie hy ‘n diepe empatie het.
So krap ouma ‘n klomp ou klankbandjies (wat ons almal maar as “tapes” geken het) agter uit haar kas uit. Na vinnige dog hewige onderhandeling het Joshua ‘n vyfstuks bandjies by haar afgebedel en hy sit dit op die vloer en bekyk. Daar is Storiemanbandjies, Joos Tonteldoos en die Dwarstrekkers (tienermusiek van Josh se oom) en lukrake opnames van musiek wat in die mode was.
Joshua (terwyl hy ‘n bandjie in die plastiekkassie inpas): “Kyk hierdie cool tape-CD. Hy snuggle net so in. Hierdie arme enetjie, hy het nie ‘n boksie nie. Kyk, almal het ‘n boksie behalwe hom.”
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.