• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: Julie 2020

Dag van die donkie – ‘n Rebusfonteinfantasie

28 Dinsdag Jul 2020

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 15 Kommentaar

Photo by Leroy Huckett on Pexels.com

Toortsie het haar towersak vol wonderlike soeweniers van die VVVTT se reise gepak en dit hier op Rebusfontein kom uitgiet.

Onder andere was daar die rêrige êrige donkie, Santie, wat Toorts uit slawerny op Santorini gered het. Santie het so ‘n entjie galop, totdat sy in die weiveld by Blommetjie die koei en haar kalfie tereggekom het. Elke dag sien Frannie die driedierskap rondkuier daar in die veld, en dan wens sy sy kon op Santie se ou rug gaan ry. Haar mammie het as dogtertjie donkies gery, sy het baie staaltjies gehad oor hoe steeks en snaaks hulle kon wees. Sy en haar sussies moes die donkies saans gaan inhaal en dan het hulle probeer om terug te ry huis toe. Soms het dit gewerk en soms nie. Ag, Frannie weet nie eens hoe om ‘n donkie nader te roep nie!

Maar wag, Positief, haar buurvrou van Towerinstraat 8, is vandag hier en sy het die mooiste donkiefoto op haar blog. Sy ken ook bokke en bokke en donkies is mos maar ewe moeilik. Frannie draf gou oor langsaan, waar sy met ope arms ontvang word. Hulle klink ‘n glasie frangelico en Frannie vra raad: “Toortsie het gesê ek mag op haar donkie Santie van Santorini gaan ry – hoe roep ‘n mens ‘n donkie?” “O aarde, nee, ek weet nou nie eintlik nie – seker maar op die naam? Ek weet wel dat mens hulle met mieliepitte kan naderlok.” Positief gaan haal ‘n meelsakkie met mieliepitte in, watter behulpsame buurvrou is sy tog! Taktvol ook, want sy uiter nie ‘n enkele woord van bedenking oor Frannie se vaardigheid as donkieruiter nie, byt net op haar tande en skink nog ‘n knertsie.

‘n Rukkie later huppel Frannie straat-op na nr. 5, meelsakkie met mieliepitte in die hand, vrolik en reg vir die ding: vandag is die dag van die donkierit, van vryheid en grasievolle ruitery! Sy klop uitbundig aan Toortsie se rooi deur: “Joehoe, Toortsie! Waar’s daai oulike donkie van jou? Ek wil asseblief op haar gaan ry? Weet nie hoe om haar te roep nie, maar ek het mieliepitte!!”

Met haar gebruiklike gasvryheid gooi Toortsie haar deur wyd oop: “Kom binne, Frannie, kom binne! Ek het nou net bantingmuffins in die oond – wat van ‘n ou teetjie terwyl dit bak?” Frannie stowe egter nou voort op frangelico en misplaaste selfvertroue: “Ag hoe lekker, maar ek is nou so opgewonde, ek kan nie langer wag nie, waar is Santie?” Toortsie gaan staan op die stoep en roep: “Saaaantieeee! Waa’s my ou eseltjie? Waa’s ounooi se liefieding? Saaaaaantieeeee!” “O, so dis hoe mens dit doen,” dink Frannie terwyl sy huiwerig ‘n handvol mieliepitte uithou na die donkie wat stadig naderslof. Toortsie gaan haal ‘n toukontrepsie wat sy om Santie se kop regskik. Daar’s g’n saal nie, donkies word  immers bloots gery, volgens die staaltjies van Frannie se ma…

Van die stoep af swaai Frannie ‘n been oor die donkierug en vat die leisels stewig vas. Dis nogal hoog hier van bo af!  Santie staan mooi stil…Santie staan té stil! Frannie klik met haar tong en ruk die leisels dat dit op die donkienek tik. Sy wip-wip so effens om die donkie aan te moedig om te beweeg. Die towerinne wat Positief bymekaargemaak het om na die petalje te kom kyk, roep aanmoediging en raad uit.    

Toe haak Frannie af en skop vir Santie met mening in die lieste. Ummm – dit is ‘n fout, ‘n gróót fout. Daardie donkie trek weg teen ‘n duiselingwekkende spoed en hol vervaard oor Rebusfontein se wye vlaktes terwyl sy sulke uitasem hie-ho-tjies laat hoor. Die ruiter los die touleisels en slaan haar arms om die galoppende donkie se nek. Sy gil in die donkieoor: “Stop, stô-ô-ô-p, Santie, stôp! Halt! Hokaai, sie-jy!” maar dis tevergeefs. Al wat Frannie kan doen, is om met arms en knieë vas te klou, terwyl haar lewe in volkleur voor haar geestesoog verbyflits – nou nie juis ‘n aangename ervaring nie… Santie gooi wye donkiedraaie en gaan staan uiteindelik langs Blommetjie die koei, so mak soos ‘n lammetjie. (Ja-ja, ek weet dis gemengde dierevergelykings…) Die langoor balk lank en uitdagend – waar sou sy al daai asem vandaan kry?

Frannie val soos ‘n vrot vel in die stof, waar sy lank bly lê voordat sy na haar toringhuisie begin hinkepink…

Die dun plek: ‘n brief aan myself in die hier en nou

24 Vrydag Jul 2020

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 15 Kommentaar

Photo by Jose Vega on Pexels.com

Christa rig ‘n bloguitdaging: skryf ‘n brief aan jouself (op enige ouderdom) en haar uitnodiging maak ‘n hoogs nodige konfrontasie moontlik.

Hallo …? (Hoe moet ek jou noem? Jy het so baie vervormings van jou naam beleef en geniet deur jou lange lewe. Dalk maar net op jou blognaam…)

Hallo Frannie,

Toe jou kuier by jou dogter in die VSA nuut en vars was, het hierdie lied reeds om jou kom vou.

Dit was ‘n wonderlike, vrolike Kerstyd – ontwrigting en verlange was nog ver in die toekoms.

Nou is jy op ‘n dun plek, ‘n drumpelplek, ‘n tussenplek vol van verlies en vergeefsheid…

Jy en jou skoondogter in SA WhatsApp en Joshi kom staan digby die kamera – so bekend en so vreeslik ver weg. Hy dra sy plastiekfietsie aan om vir jou te wys: “Hy’s baie blouerig!” Asof Ouma nie daardie blou fietsie maar al te goed ken nie. Ou seuntjie – toe Ouma daar weg is, kon hy nog nie eens die fietsie optel soos wat hy nou kan nie! Gabby kom speel met haar mamma se hare terwyl julle gesels, glimlag vir jou met haar perfekte twee nuwe voortandjies. Ag ou liefie, Ouma het dan nou die hele haasbekkiestadium misgeloop!

Ses jaar lank het hierdie kleinkindertjies jou so besig gehou dat jy verby die leemtes in jou eie lewe kon kyk. Die eerste twee jaar na jou aftrede was Gabby bedags in jou sorg – die rede waarom jy soggens opgestaan het. Daarna het haar boetie gekom en was daar nog vier jaar lank sin aan jou bestaan.

Nou is daardie tyd verby en jy is vasgevang in ‘n tyd van oorgang en onsekerheid. Die oue is verby, die nuwe het nog nie gekom nie en jy het geen benul van hoe die nuwe sou kon lyk nie…  

Hoe kan ek jou moed inpraat? Ons deel immers hierdie eienaardige spasie. Tog gaan ek probeer. Skrywers oor “liminaliteit” (groot woord, nè? dit kom van die Latyn “limen” wat “drumpel” beteken) sê mens moet die spasie tussen dit wat verby is en dit wat nog nie gekom het nie, aangryp as ‘n geleentheid om te groei. Richard Rohr gee raad: slaan bekommernis hok; leer om met onpeilbaarheid saam te leef; wag en vertrou; moenie die wolk van onsekerheid probeer ontvlug nie.

Gaan jy dit regkry? Nie uit eie krag nie, maar deur oorgawe…

O kom, o kom, Immanuel.

Mooi loop

Frannie

Dié taal van my hart

22 Woensdag Jul 2020

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 11 Kommentaar

‘n Sterk, oorspronklike stem! Klik gerus op die skakel aan die einde om na die lied ook te luister.

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

My hande lig en gryp na bo – woorde wat ek saam:

sin.

Om met woord te skep is ‘n gawe:

om stilte in woorde te vorm,

om woorde te ruik,

te proe en meeste van als,

styf teen jou se vas,

vas te hou.

In die tyd van Inperking, beteken my eie-woorde meer. Dit is asof ek in my soms-pyn-dae, in Afrikaans, werklik diep in my donker, kan ween.

Om te onthou hoe ek as kleinste kind nie die woorde gordyne kon klank nie – gerdyne het my mond gevorm, palalas vir paddas, pêde vir perde.

Vanaad in die stilte van die voorhuis, tewyl die vuur in die herd, my oë reis vat. Loop die reent buite dak, speel die lig-weer saam met die klank, van slag wat kaats-dans-trap teen die rante-se-kimme-se-rante.

As ek vanag my oë sluit, sal my laaste gedagte Afrikaans, in woord spel?

Ek onthou paar…

View original post 456 more words

In die oomblik – VSA7

21 Dinsdag Jul 2020

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 10 Kommentaar

Psalm 139:3. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.

Photo by Anthony on Pexels.com

Ontmoet vir Donut

19 Sondag Jul 2020

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 38 Kommentaar

Donut het nog drie slapies hier by ons voordat sy eie mense van vakansie af terugkom. Hy is die mooiste goue labrador, vaartbelyn en energiek sonder om freneties te wees. Sy slanke lyf is waarskynlik hoekom ek hom aanvanklik “Biscuit” wou noem, want ‘n ronde “donut” is hy beslis nie.

Donut help my kind om vir Honey te sosialiseer, hy is die eerste hond met wie sy goed oor die weg kom.

Verder help hy my ook om ‘n splinternuwe vaardigheid aan te kweek – dié van hondeoppasser. Wie het nou ooit kon dink ek sal hier in die VSA my CV kom uitbrei? Die eerste dag toe hy hier by my kinders se huis kom intrek het, het hy my al bekoor: ‘n ware jintelman, kompleet met strikdassie en al!

Die kinders is terug werk toe en Donut het my geselskap gehou, so sjarmant dat Ouma hom sommer toegelaat het om saans in haar kamer te slaap. Die nag toe hy ‘n nagmerrie gehad het, het hy sulke klein tjankies gegee – andersins blaf hy glad nie, nie eens as die swart kat Midnight reg voor hom kom sit om hom te vertel dat hierdie huis eintlik haar en die gemmerkat Diesel se terrein is nie. Arme Donut! Midnight het sy snoet nou-die-dag van voor af ‘n vinnige linker- en regterhou toegedien en Diesel het die aanval afgerond met ‘n genadelose kaphou op die boud, wat die liewe stil hond ‘n enkele tjankie laat tjank het. Hmmm, ek is besig om my onvoorwaardelike liefde vir katte te hersien…  Wanneer Donut met sy mense herenig is, lê daar ‘n lang proses van brugbou voor met hierdie twee moedswillige kleinkatte!

Tamatieplant

07 Dinsdag Jul 2020

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 33 Kommentaar

My dogter het twee tamatieplantjies sommer by Walmart gekoop, in twee groot potte oorgeplant en vertroetel. Die een is ‘n “beef steak tomato”, die ander een klein kersietamatietjies. Onder haar liefderike sorg blom die plante letterlik en figuurlik, ons gaan een van die dae begin oes.

 My skoonseun en ek verjaar op dieselfde dag. Hulle nooi ‘n paar vriende oor en “grill” op die Amerikaanse manier. Daar is ballonne en feestelike papierritse. Ons kry elkeen ‘n koek (sjokolade en grondboontjiebottervulsel vir Paul; vanielje met soutkaramelversiersel en dolce delizio-vulsel vir my) en daar word twee keer “Happy Birthday” gesing.

Ek sit op die houtstoep en kyk uit oor die groen panorama, hou die maan dop soos wat dit stadig aan die suidekant deur die lug oor die boomtoppe beweeg. Dis nogal ‘n mylpalerige verjaarsdag, ek het soms, destyds in Suid-Afrika soos wat die D-dag stadigaan nadergeskuif het, vaagweg gedink ek sou die een of ander vierinkie moes reël, maar hóé of wát, dit was die vraag…

En kyk nou net: ‘n heerlike somersverjaarsdag vir hierdie suidelike wintersbaba!

Ek en daardie tamatieplante is ewe gelukkig…

In die oomblik – VSA6

06 Maandag Jul 2020

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 23 Kommentaar

Vuurvliegies en vuurwerke op ‘n Sondagaand…Dis die einde van die naweek van “the Fourth of July”. Die aand is soel en die maan kruip agter die wolke weg.

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Nuutste kommentaar

Una oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Weerberig, 25 Januarie 20…
woordnoot oor Weerberig, 25 Januarie 20…
scrapydo2.wordpress.… oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Sondagstap

Argief

  • Januarie 2023
  • Desember 2022
  • November 2022
  • Oktober 2022
  • September 2022
  • Augustus 2022
  • Julie 2022
  • Junie 2022
  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

DeWetsWild Photography

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

Hannes van Eeden

Bodemklippe

Docendo discimus

Enelda

Sonder 'n masker

Wild Adventures Blog

Journey to the wild

Jan Peppler HOME

Exploring Our Connection to People and Place

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino Stories & Other Journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

'n Webwerf vir die Afrikaanse digkuns

Masha du Toit

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 223 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...