• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: April 2022

Vroegherfs

17 Sondag Apr 2022

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 12 Kommentaar

In die onlangse skoolvakansie was talle oumas so bevoorreg om hulle kleinkinders se geselskap te kon geniet terwyl pa en ma moes werk – en ek was een van hulle. Op drie agtereenvolgende dae het ons in drie parkies hier naby ons gaan speel. Hierdie boompie het my vertel dis vroegherfs.

Joshua klim in die “perd” se kop in – hy sal dit nie veel langer kan regkry nie, die mannetjie groei vinnig!

Die kleintjies ontdek ‘n pragtige geverfde klip. Dis deel van ‘n gemeenskapsinisiatief – as mens so ‘n klip vind, moet jy dit weer wegsteek vir die volgende persoon om te ontdek. Vir die volgende twee dae soek ons na nog klippe in die ander parkies, maar tevergeefs. Ons sien wel op fb dat ander mense klippe kry – “ons” klip wat ons weer weggesteek het, word ook (her)ontdek.

Op die laaste dag van ons parkie-driekuns gaan ons na die mooiste parkie, gewapen met koeldrank en eetgoed. Dis weer ‘n lieflike dag. Daar is ‘n bankie vir ouma, gerieflik naby die bolvormige klimraam wat Joshi en Gabby bestorm. Gabby hang onderstebo aan haar armpies en skop dan haar plakkies uit, dat hulle soos vrot velle links en regs val – iets wat ouma geweldig vermaaklik vind.

Ons stap twee keer die paadjie wat reg rondom die parkie uitgelê is. Joshi en Gabby pak die “oerwoud” op ‘n bultjie aan en Josh meet kragte met doringtakke (hy het verloor, maar hy is trots op die prikmerke op sy armpies – medaljes van onverskrokke avontuur).

Wanneer al drie lekker moeg is, gaan ons huis toe, versadig van vars lug, deurdrenk van sonlig, gestreel deur die lieflike vroegherfs.

Dankie, Heer, vir vrede en veiligheid. Ontferm U tog oor die kinders wat deur oorlog verskeur word.    

Hosanna!

10 Sondag Apr 2022

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 25 Kommentaar

In die week pos ons predikantsvrou op fb foto’s van ds Hannes in sy studeerkamer, met hulle eerste kleinkind op sy skoot, besig om sy preek vir Palmsondag te maak. Dit gaan ‘n kinderdiens wees en die kleintjie is glo besig om as konsultant op te tree.

Saterdag in die koue reën sny ek en Joshua twee palmtakke af om Sondag kerk toe te neem, soos wat die kinders gevra is om te maak. Die takke is reusagtig – ons sny net die punte af om saam te vat. Gabby wil nie saamgaan nie, maar Joshua is vuur en vlam.

Photo by Anna Tarazevich on Pexels.com

Ouma was verniet benoud dat die outjie nie gaan stil sit nie – hy is stroopsoet. Die lieflike spel van ons orrelis vul die kerk: “Hosianna, Seun van Dawid!” Ten spyte van die koue, somber dag skyn die loodglasvensters se kleure helder en warm. Terwyl ons sing, vat die kinders hulle takke vorentoe om in die twee groot potte aan weerskante van die preekstoel gerangskik te word.

Ds Hannes vertel die verhaal van al die gebeure op die heel eerste Palmsondag: die Koning wat op ‘n donkie ry; grootmense wat takke en klere op die straat oopsprei en “Hosanna” sing; kinders wat in die tempel aanhou uitroep: “Prys die Seun van Dawid!”; Jesus se verontwaardiging oor onreg en sy genesing van blindes en kreupeles. Ten slotte is daar ‘n treffende boodskap aan die volwassenes in die kerk: Lank nadat julle stemme reeds stil is, sal julle kinders steeds julle voorbeeld ‒ goed of sleg ‒ uitleef.

Hoe dankbaar is ek oor my maatjie vanoggend! As dit nie vir klein Joshua was nie, het ek seker nie vandag by die kerk uitgekom nie en sou ek ‘n uur van loutere vreugde ontbeer het.

(1) 2022-04-10 “Woorde om die kruis : HOSANNA!” Ds Hannes vd Merwe – YouTube

In die oomblik – 2022(11)

03 Sondag Apr 2022

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 10 Kommentaar

Saterdagaand en Joshua is laf. Hy sit op sy hurke en fladder met gebuigde armpies terwyl hy hoendergeluide maak.

Joshua: “Het jy geweet as hoenders slaap, dan lê hulle eiers? Ek was by Hoenderklas, en daai tyd het almal geleer hoe hoenders werk.”

Photo by sarah Richardson on Pexels.com

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Boeke
  • Warmte in die hartjie van die winter
  • Bewaar die knikkertjie
  • Die Goue Vroue hou vakansie
  • In die oomblik – 2022(16)

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Boeke
  • Warmte in die hartjie van die winter
  • Bewaar die knikkertjie
  • Die Goue Vroue hou vakansie
  • In die oomblik – 2022(16)

Nuutste kommentaar

Anne oor Boeke
scrapydo2.wordpress.… oor Boeke
de Wets Wild oor Boeke
granny1947 oor Boeke
scrapydo2.wordpress.… oor Warmte in die hartjie van die…

Argief

  • Julie 2022
  • Junie 2022
  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

Here Since 1975

Never Too Old To Try Something New

Jan Peppler HOME

Exploring Our Connection to People and Place

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige navorser

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino Stories & Other Journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha du Toit

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 222 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...