• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: Januarie 2018

Nostalgie

31 Woensdag Jan 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 10 Kommentaar

Laatlam word vanjaar dertig. In ‘n mandjie vol ou speelgoed wat Ouma uit haar kas torring vir Laatlam se kindertjies om mee te speel, ontdek sy ‘n plastieksak met ‘n stapeltjie kaartjies – gelukwense by geleentheid van Laatlam se geboorte en doop.

‘n Handgeskrewe kaartjie met veldblommetjies opgeplak van my dierbare buurvrou se mammie wat by hulle ingewoon het. Oor haar wil ek nog graag hier kom vertel. ‘n Tweede kaartjie met veldblommetjies van haar af wat saam met ‘n geskenk gekom het. Ai, hoe wens ek nou ek kon onthou wat dit was… ‘n Derde pragtige kaartjie in blou en wit: “Baie welkom Klein Boet”.

‘n Bloemistekaartjie: “Dankie vir die Boetie!” van Pappa, Middelkind en Dogter. Nog een van ons bure: “Van Peetpa en Peetma”. En ‘n kaartjie van hulle af met ‘n vertederende skets van ‘n baba in sy wiegie, van “Jul familie oorkant die straat”. ‘n Verdere vier gelukwensings van bure op en af straatlangs, uit ‘n era toe ons nog die mense van ons omgewing geken het. Gelukkige, goue dae…

‘n Kaartjie met geboortedatum, tyd, gewig en lengte. Ek dink dit het saam met ‘n lelike blou teddiebeertjie gekom. Agterop het ek geskryf: “Liewe Sussie, Dit is my eerste besitting, en ek gee dit aan jou. Met liefde van Flippie.” Sussie is tien jaar ouer as Laatlam en ek het seker gedink hy moet maar haar guns probeer wen.

Nog ‘n pastelblou kaartjie van my boetie se skoonfamilie, met ‘n wensie bygeskryf: “Mag hy vir julle baie vreugde in julle lewe bring” – ‘n wens wat nou in my ouderdom dubbeld en dwars bewaarheid word. Van my boet en sy vrou ‘n vraag op die buiteblad: “A Baby Boy?”, met huppelende hasies en eendjies. Blaai jy dit oop, sit ‘n bolwangbaba in ‘n posbus: “It’s always nice to get a little male!”

‘n Pragtige kaartjie met ‘n cowboy-motief van Gewese Liefling se neef en sy (nuwe) gesin en nog een van sy ouers, GL se geliefde tante en haar man, saam met wie ons gereeld vakansietye by die see gekuier het.

‘n Klein kaartjie met ‘n mooi boodskap van ‘n kollega by die kantoor wat ek eintlik met die nuus van my swangerskap en gevolglike bedanking erg verontrief het. ‘n Uitsonderlike kaartjie in geel en oranje skakerings met ‘n wit babasilhoeët, van GL se sekretaresse. ‘n Seuntjie en sy teddie wat met hulle rug na die kaartjiekyker toe sit: “Dis ‘n Dierbare Seuntjie”, van nog een van GL se kantoormense. ‘n Mooi kaartjie, blou en groen met blinkblou letters en ‘n stroperige versie van GL se veeleisende kollega en sy gesin. Die kollega het dit beslis nie self uitgesoek nie. Wie was Sabrina, wat die bekoorlike klein illustrasie gestuur het? En Amelia? Hier’s nog ‘n sentimentele een van GL se kantoorfonds af.

Bure, vriende, dierbares, familie, kinders, kollegas – hoe verskyn en verdwyn hulle skimme nou voor my geestesoog…

My plan was om elke enkele kaartjie aan te teken en te beskryf en dan môre ‘n verbrandingseremonie te hou. My gô is egter nou uit. Hierdie kaartjies gaan almal maar weer gebêre word. G’n wonder nie dat my liewe dogter verwyt: “Ma is nes ‘n éékhoringgg!”

 

 

In die oomblik…

24 Woensdag Jan 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 5 Kommentaar

Die musiek van Casting Crowns, ‘n babalyfie op my heup en die lied van die milde reën daarbuite – dankie vir strome van seën, o God van al my dae.

Onthou in blou

20 Saterdag Jan 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 2 Kommentaar

Hier is iemand wat Afrikaans skryf soos wat dit verdien om geskryf te word.

Travels of Gerard and Anuta Scholtz

We long for the blue days in the Philippines on these hot, humid summer days. A haven when the days on another island became too claustrophobic. We fled there many times just to detox. We visited the remote Apo Reef twice to snorkel along the reef, where the biodiversity is greater than that of the Great Barrier Reef. Once we sailed on the Coco Explorer for a week – an old banana boat from Mombasa refurbished as a small passenger ship – and sailed through the nights to discover new islands during the day. Of course we dragged our mattresses onto the deck on the first night and slept under the stars. On another occasion our travel companions of many years, Johan and Mariette, joined us. The photographs are mixed up, but below is an article which I wrote for a magazine. Sorry it is only in Afrikaans, but enjoy…

View original post 2 259 more words

In die oomblik…

18 Donderdag Jan 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 4 Kommentaar

Oggendson, ‘n bruin hond en ‘n klein blondekopseuntjie met donker ogies.

‘n Boeiende studie

16 Dinsdag Jan 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 9 Kommentaar

Naamgewing is ‘n Goddelike opdrag en ‘n manier om die omwêreld te tem. In Genesis (2:19-20) se tweede skeppingsprokie lees ons:

Die Here God het toe uit grond al die wilde diere en al die voëls gevorm en na die mens toe gebring om vas te stel hoe hy elkeen sou noem; en wat die mens elke lewende wese sou noem, dit sou sy naam wees. Die mens gee toe name vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere…

Hier aan die suidpunt van Afrika het die Nederlanders wat vir die Vereenigde Oost-Indische Compagnie ‘n verversingstasie moes kom oprig, ‘n totaal vreemde wêreld betree. Die seisoene was verkeerd-om en die plantegroei en diere onbekend. Vir ‘n avonturier was dit sekerlik soos die Paradys self. Reeds in die heel eerste reisverslae oor Suid-Afrika is daar woordelyste met nuwe name vir vreemde plante, voëls en diere.

In ‘n goue era moes Afrikaans-studente aan die destydse Universiteit van Pretoria ‘n klein boekie bestudeer: Naamgewing aan Plante en Diere in Afrikaans, deur J. du P. Scholtz (Emeritus-Professor in Nederlands en Afrikaans, Universiteit van Kaapstad), in 1975 deur NASOU (Nasionale Opvoedkundige Uitgewery) uitgegee. Dit was die tweede uitgawe; die eerste het in 1940/1 verskyn. Prof. Scholtz het geweldig baie bygewerk in die tweede uitgawe; hy skryf self “…geen bladsy het onverander gebly nie.” Tussen die eerste en tweede uitgawe het heelwat meer bronne oor vroeë Afrikaans verskyn, asook belangrike werke soos Austin Roberts se The Birds of South Africa, waarvan die “Index of the Latin Names” die noulettende akademikus Scholtz gehelp het om voëls te identifiseer.

Hier en daar in Afrikaans is ‘n oorblyfsel van die Portugese seevaarders (wat reeds ‘n honderd jaar voor die Nederlanders om die Kaap die Goeie Hoop geseil het) se naamgewing. So ‘n woord is malgas, uit mangas de velludo (“moue van fluweel”).

Vroeg in die 17e eeu het Nederlandse walvisvangers ‘n bepaalde walvis ‘n noordkaper genoem, omdat dit veral in die omgewing van die Noord-Kaap opgemerk is. “By ons word die naam nou algemeen noorkapper uitgespreek” (Scholtz, 1975:14) en so het die herkoms van die naam versluier geraak.

Die nedersetters het vanselfsprekend bekende name gegee aan plante, diere en voëls wat aan hulle Nederlandse eweknieë herinner het, al was dit dalk heel ander skepsels as dié wat oorspronklik so genoem is. Een so ‘n voorbeeld is die verouderde Afrikaanse benaming tier vir die luiperd (Panthera pardus) terwyl die Nederlandse naam tijger na die Panthera tigris verwys, wat glad nie in SA voorkom nie. Hierdie naam bestaan nog in die bekende Kaapstadse benaming Tijgerberg. Ek onthou hoe ‘n oorsese besoeker my Bosveldse nefie van grootlieg verdink het toe die nefie op sy beste Ingels vertel het van die “tiger” wat doer op die plaas in die klofie bly.

Heimwee het gemaak dat mense vaderlands– tot name bygevoeg het, bv. vaarlandsriet vir ‘n soort riet wat ook in Nederland voorgekom het. Omgekeerd is kaap– vir Suid-Afrikaanse diere gebruik, bv. die versamelnaam kaapvogels vir verskeie seevoëls – ‘n woord wat egter “nie in Afrikaans bly leef het nie.”

Name is by die Hottentotte geleen, soos boegoe, dagga, koekmakranka en kwagga. Die Maleise woord loerie wat vir sekere soorte papegaaie gebruik is, word hier op die “helderkleurige, papegaai-agtige Afrikaanse Tauraco toegepas.” Veral voëls kry klanknabootsende name soos die bokmakierie, wat ook kokkewiet genoem word, “na die roepgeluid van die wyfie”! Binnelands leen Afrikaanssprekendes by swart tale, bv. mamba en impala (wat egter grootliks deur die eieskepping rooibok verdring is).

Leenwoorde is ver in die minderheid in vergelyking met eieskeppings in Afrikaans. Prof. Scholtz gee ‘n insiggewende lys redes vir Afrikaanse plantname (net twee voorbeelde van elk word gegee, maar daar is talle meer in die boek):

Plante met eetbare dele: broodboom en suikerbos

Plante wat as medisyne gebruik is: brandblaar en sieketroos

Plante vernoem na die gebruik wat van hulle gemaak is: besemriet en matjiesgoed

Giftige plante (hetsy die sap of die vrugte): wolwegif (hiënas is in vroeë Afrikaans wolwe genoem; vergelyk die benaming strandjutwolf) en malgif

Plante waarvan die wortel of vrug graag deur diere geëet is: kraaibos en bobbejaantjies (wat “hul vreemde naam te danke het aan die gewoonte van bobbejane om hul bolletjies op te grawe”)

Die bevolking het “een of ander verband tussen sekere plant- en diersoorte gesien of in hul verbeelding gelê en die diernaam in die plantnaam opgeneem”: bobbejaantou (verskillende soorte liane wat bobbejane gebruik om mee te klouter) en voëlent (omdat die pitjies in voëlmis op boomtakke aan die groei gaan)

“Aan die vorm of (vir die volksplanters dikwels hinderlike) groeiwyse van hul dorings”: wag-‘n-bietjie en (weer)haakdoring

Vernoem na die vrug of ‘n opvallende eienskap van hout, blaar of blom: melkbos (na die melksap in die bas) en jeukbol

“Een van die weinig suiwer klanknabootsende plantname in Afrikaans” is tjienkerientjee, wat kom van die geluid as mens die stingels teen mekaar vryf.

Bome wat na die kleur van bas, blad of hout genoem is: die Bolandse wit(te)boom of silwerboom en rooipeer

Na die plek of geaardheid van die grond waar hulle groei: duinhout en sandkoekmakranka

Reeds bestaande name is met die voorvoeging van wilde– op nuwe plante toegepas: wildeals en wildekomkommer

Uit hierdie uiters oppervlakkige oorsig blyk die geweldige rykdom van prof. Scholtz se kennis, sy noukeurige navorsing en sy versigtige, deurdringende benadering tot die boeiende verskynsel van Afrikaanse naamgewing.

 

 

In die oomblik…

11 Donderdag Jan 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 9 Kommentaar

Na ‘n pynlike afskeid is sy mamma weg werk toe. ‘n Enkele traan biggel nog oor die ronde babawang. In die yl son wat deur die wolke skyn, kan Ouma sien hoe sout die troebel druppel is en sy wonder hoe baie trane hierdie wesentjie nog gaan huil voordat hy leer om hulle te onderdruk. Waarheen gaan ‘n man met sy opgehoopte trane?

In die oomblik…

04 Donderdag Jan 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 16 Kommentaar

Die ongelooflike lieflike klank van die reënvoël se roep, hier vlakby my venster. Roep, vleiloerie, roep die reën vir ons!

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Winter in die VSA
  • Emmerskoplysie 6
  • Ontmoet vir Barkley
  • In die oomblik – VSA28
  • In die oomblik – VSA27

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Winter in die VSA
  • Emmerskoplysie 6
  • Ontmoet vir Barkley
  • In die oomblik – VSA28
  • In die oomblik – VSA27

Nuutste kommentaar

Will van der Walt oor Emmerskoplysie 6
woordnoot oor Winter in die VSA
katrina oor Winter in die VSA
Abrie Joubert oor Winter in die VSA
alison41 oor Winter in die VSA

Argief

  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

My Cape Town - round and about

My Cape Town

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

~ 'n Kollektiewe weblog vir die Afrikaanse digkuns ~

Masha

The Fynbos Blog

A year in the Cape Floral Kingdom

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

2020 - Nieu Bethesda soutenpeper's blog deur Niël Stemmet

nostalgie - die toekoms van kos en leef lê in die verlede

vetgirlmemoires.wordpress.com/

Hond Se Gedagtes

Advies vir troeteldiereienaars

elanabarkerhome.wordpress.com/

Woorde is een van die min dinge wat aan die hart kan raak.

Vryheidsontdekker

Ek deel dit wat ek ontdek op hierdie pelgrimstog na vryheid.

Die Oerknal van die liefde

'n Versameling van Afrikaanse gedigte, skrywes, liedjies, vertellings en sommer alles wat ek naby my hart wil hou . . . met'n titseltjie Engels ook so dan en wan tussenin rondgestrooi

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

Coetzeeblog 2

Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.

Positief

Griffelbord vir gedagtes en dinge

Always Anne

Sophisticated. Feminine. Chic.

My Mapstieks

"Eendag is vandag"

writingsofthebard

Gypsy Café

The Travelosopher's Home

Enelda

Sonder 'n masker

Bo-Karoo

oor die lewe in Vanwyksvlei

MEDICINE MOMMY

Ouerskap is nie 'n kompetisie nie. - Alyssa Loftus

Kreukels en plooie

Skryfsels oor en uit eie ondervindings

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

deel-woorde

soms, net soms, waag 'n mens om gedinkte woorde te deel...

Dr. Christa van Staden

Afrikaanse Navorser, Opvoedkundige & Blogger

J.T. Strauss

Fiksieskrywer

Maanlig Waansin

'n Treinongeluk in stadige aksie

Poerdezmerdez

Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

Tall tales, truths and lies of a travellover

here I will share some humour, stories, advice that deals with travel, holidays and things travellers do.

Henri Meyer se Blog

Marc Latilla

"The best thing is surprising people, knowing that tomorrow it will all be forgotten" Regine Zylberberg

Engelroeper

Psalm 91:11 "Want Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm orals waar jy gaan. Hulle sal jou dra sodat jy nie eers jou voete teen 'n klip sal stamp nie. Selfs as jy leeus of slange teëkom, sal jy hulle doodtrap."

Mostly Birding

Adventurous Birding, Atlasing and Travel

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy