• About
  • Oor Tannie Frannie

Tannie Frannie

~ My terapie vir oudword

Tannie Frannie

Monthly Archives: November 2018

Vredige Frannie

21 Woensdag Nov 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 20 Kommentaar

SafaribusIn die middel van die giggelgroen bus op pad dieper in die Karoo in sit Frannie en terugdink aan die Graaff-Reinet-avontuur wat Lekkervurig vir hulle bedink het. In haar gemoed heers ‘n diepe vrede. Sy draai ‘n spekboomtakkie tussen duim en voorvinger, dan diékant toe, dan daaikant toe, terwyl sy dink oor die wonderlikheid dat so ‘n plantjie nou as haar verteenwoordiger doer naby die mooie ou dorp in die Kamdeboo gaan groei (Kamdeboo – ‘n Khoikhoi-woord wat beteken groen hoogtes of groen holte). Watter sjarmante gebaar van Lekkervurig – om vir elke Towerin ‘n spekboompie in die reuse-vlagprojek te borg! ‘n Gebaar wat deur Toortsie beaam is, sodat daar nou twee boompies vir elke Towerin gaan groei.

Frannie is so bly dat sy die Vallei van Verlatenheid kon beleef, nadat sy ‘n leeftyd gelede steeds met man en kinders deur Graaff-Reinet moes jaag op pad see toe – nooit was daar kans om eers bietjie dié plek met die sprekende naam te gaan verken nie… O, die heerlikheid van daardie ballonvlug!

Sy dink aan al die pragtige Karoo-huise en -huisies, die beleënheid van ‘n dorp wat reeds 232 jaar lank bestaan en soveel beroemdes opgelewer het. Vir haar sal Anna Neethling Pohl altyd die heel eerste naam wees om met Graaff-Reinet te assosieer. Sy het gaan soek in die Grande Dame van die Afrikaanse teater se outobiografie (Dankbaar die uwe, uitgegee deur Human & Rousseau in 1974) na haar beskrywing van haar tuisdorp:

Ek dink aan daardie land van melk en heuning wat Graaff-Reinet was, daardie lewendige samelewing, omarm deur die (hoofsaaklik droë) Sondagsrivier, met sy geurigheid van sipres en vyelaning en kweperlaning en druiwe en perskes…dit was ‘n land Kanaän in die groot, uitgestrekte Karoo.

Vir Frannie was die rit in die antieke motor van ReCollection Rides ‘n nostalgiese hoogtepunt, want die motor waarin sy kon ry, was soortgelyk aan die een waarmee haar jeugliefde Tom soms op universiteit kon rondry. Sy onthou nou nog hoe hulpeloos hy was van die lag toe sy die eerste keer kon saamry in dié oulike ou kar – toe nog agterin; die ereplek langs die bestuurder is eers later aan haar toegeken. Destyds het die manne nog ‘n deur vir die dames oopgehou, dus kon Tom die petalje van naderby ervaar. Frannie draai toe mooi dwars om met grasie op die sitplek in te skuif – en val kaboems in die ruime spasie tussen die bestuurder se rugleuning en die agterste sitplekke op die motorvloer. Maar selfs die herinnering aan hierdie verleentheid versteur nie haar vredigheid nie, laat haar net sagweg sug en glimlag.

Sy leun vooroor en vroetel met die doekie oor die broodmandjie, trek dit effens opsy om seker te maak dat die antieke koekstaander nog veilig is – die staander wat Frannie vasgelê het nadat Broodina onder die bed in die Uilhuis uitgesleep is, waar die gek vrou die klipharde troukoek lê en kou het dat die krummels so spat. Mens weet nooit – dalk kan mens die staander nog op die Parade gaan verkwansel vir ekstra geldjies sodat die Towerinne Kaapstad behoorlik op horings kan neem. Dis mos nie sy wat die staander gesteel het nie – dit was Broodina! Daar’s in elk geval soveel om te sien in die Uilhuis dat die staander daar heeltemal verlore sou wees.

So salf Frannie haar gewete terwyl sy nadenkend ‘n spekboomblaartjie kou.

Vir WoordNoot – met apologie en waardering

19 Maandag Nov 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 22 Kommentaar

Saterdagoggend spring ek vol moed in my vars gedienste Micratjie om saam met WoordNoot en haar vriendinne, waaronder ook ‘n paar Towerinne, haar verjaarsdag te gaan vier. (Sy verjaar eers in Desember, maar het die praktiese besluit geneem om dit vroeër te vier.) Langs my op die passasiersitplek lê my gehawende padatlas – goed weggesteek, want wie ry deesdae nog sonder GPS rond? Daar is ‘n driekwartier tyd toegelaat en ek is redelik seker dat ek betyds by my bestemming sal uitkom. Dis sommer maklik: klim op die snelweg en draai weer links af as jy die voorstad uitgesprei sien lê…

Ag aarde tog en o wee, daar skryf ek en die Micra nóg ‘n hoofstuk in my verdwaalgeskiedenis. Toe ons verby The Reeds skiet, is daar nêrens ‘n afrit van die snelweg af nie. Ons gooi op ‘n stadium ‘n paniekerige draai aan die buitewyke van Diepsloot, tussen taxi’s, hordes voetgangers en ‘n vasberade bendetjie metro-polisiemanne deur. Ons piekel terug op ons spoor en beland uiteindelik in Centurion – darem nou al van die ellendige snelweg af. Hier en daar stop ons onder ‘n boom, dan blaai ek vervaard deur die kaarte om te probeer agterkom waar ons nóú is. Ek voel hoe ek gaandeweg verlep, dis verskriklik warm en ek was netnou al ‘n kwartier laat…

Uiteindelik kry ons ‘n agterpaadjie wat ek vertrou in die regte rigting loop en daar gaat ons! ‘n Lieflike boomlaning wat ‘n koel groen tonnel maak, gee my nuwe moed en toe Una van Bali Drome met haar gebruiklike bedagsaamheid bel om te hoor waar ek is, kan ek haar verseker ek is “nou-nou daar”. Een hele uur nadat ek daar móés gewees het, arriveer ek, reg in die middel van WoordNoot se verwelkoming. Dat ‘n mens jou naam nou so met ‘n plank kan slaan. Daar is egter geen verwyte behalwe dié in my eie hart nie: Una kom kry my by die hek, WoordNoot laat my aan haar regterhand sit, haar sus (ons gasvrou) skink vir my vrugtesap.

Die lang tafel, in ‘n oop vierkant gerangskik, is feestelik met koel appelgroen en woestynrosies getooi. WoordNoot vertel ons van haar verbintenis met elkeen van die talle vriendinne om die tafel, verwys in die proses ook na die virtuele toer van die groen bus. Una, Positief, ek en Bondels Gedagtes blom tydens haar vertelling oor al ons manewales. Ons stem saam dat Kameel hier moes gewees het i.p.v. in die Knysnabos en wonder of Perdebytjie kans sou gesien het om so ver te ry om te kom kuier.

Ons eet ‘n keurige middagete, afgerond met ‘n sny van die heerlike verjaarsdagkoek wat WoordNoot self gebak het. Ons kuier in die mooi tuin met die dik groen gras, waar voëltjies sing asof hulle betaal word.

Liewe Ria, innig dankie dat ek deel kon wees van jou verjaarsdagviering. Jy is ‘n fyn, stylvolle vrou wat die stampe en die stote van die lewe met grasie deurstaan – ‘n ware “Steel Magnolia”. Mag hierdie nuwe dekade jou sagkens behandel en werklik vir jou veel vreugde bring.

Vrolike Frannie

14 Woensdag Nov 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 22 Kommentaar

Safaribus

(As jy sou wonder wat op aarde hier aangaan, sal die volgende skakel kan lig werp:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

In die middel van die giggelgroen bus sit Frannie en neurie ‘n tangodeuntjie – sy voel vrolik, vrymoedig en vriendelik. Die goue strande van KZN, saam met die geselskap van die Towerinne en so hier en daar ‘n glimpsie van ‘n sekere “aanhanger” het haar sombere gemoedstoestand heeltemal genees.

Sy vroetel met die “spierewit gestyselde doekie” (volgens Perdebytjie) wat oor die broodmandjie gedrapeer is – dit lyk nou al taamlik gehawend van al die hantering. ‘n Oomblik lank keil haar gewete haar op – wat het haar besiel om ‘n diamant te gaan staan en wed op die uitkoms van die waterpolo?? – maar dan ervaar sy weer die salige salwing van die wete dat sy en Trommeltjies gewen het, wat beteken die diamant is veilig EN daar is ekstra kontant in daardie mandjie! Verder het sy mos nou die diamantvoorraad aangevul met ‘n handvol robyne – net sy, Silver en Abrie weet waar dié vandaan gekom het. Sy druk haar gesig in die bos rooi rose, wat ook nou al gehawend is, maar wat – half verlepte rose ruik mos net al hoe lekkerder…

O, die Ifafa-strand! Na die glorieryke waterpolo-oorwinning het sy langs die see gaan stap, tot by die rotspoeletjies van Ifafa, waar sy as agtjarige rondgedwaal en gesing het. (Hoe bitter lank gelede – en tog voel dit soos gister!) Die plantegroei op die duine ruik nog net so soet soos destyds; die seegeruis raak harder en sagter soos wat sy die strandpaadjies volg. In een rotspoeletjie spoor sy ‘n skaars varingagtige anemoon op, wat dromerig vir haar wuif. In ‘n ander rotspoeletjie pla sy die vet, taaierige oranje anemones, druk haar vinger sagkens in die middel sodat die tentakeltjies sagweg daarom vassuig. Sy sien klein vissies, krappies en skulpslakkies wat spore in die dun lagie sand op die rotsbodem maak. Al weet sy mens behoort niks weg te dra nie, glip sy ‘n klein ronde spoelklippie in haar sak as talisman. Dan slenter sy weer oor die klam sand terug na haar reisgenote.

Frannie glimlag by die besef: Ifafa se strandtyd het haar die nodige krag vir daardie wilde middernagfees gegee… En (‘skuus Lou) vir die gruwelike grap wat Woordnoot en Bondels aangevang het!

Van Oribi Gorge onthou sy nie veel nie, sy was ietwat gedaan. Hierdie Towerinne is baie energiek! Die hangbrug was ‘n heerlike avontuur, maar die ziplyn was ‘n bietjies te erg, sy het maar meestal oë toegeknyp. So in die stilligheid haal sy weer haar hoed af vir Kameel wat vir ou Broodina so mooi gaan red het. Sy wat Frannie is, sou Broodjies aan haar lot oorgelaat het!

Nou stu die bus voort na ‘n lekkervurige avontuur…

Verlepte Frannie

06 Dinsdag Nov 2018

Posted by Tannie Frannie in Uncategorized

≈ 81 Kommentaar

Safaribus

Hierdie virtuele toer het legio ondergrondse grappies. Eintlik vat mens net hier en daar grond…

In die middel van die hoggelgroen bus sit Frannie en frons – sy voel voos, vodde en verlep. Sy het nou al twee maal die Elon Musk-vlieger verpas! Hmm, dis nie heeltemal waar nie, maar dis beter as om te moet erken dat sy nie eens saamgenooi is nie… Soos gewoonlik wanneer sy uitgesluit voel, raak sy so stilweg dikbek. (Die kersie op die koek was gistermiddag, toe sy by Una moes lees dat sy vir ‘n derde keer ‘n vuurpylrit misgeloop het!)

Aan die ander kant is dit dalk maar goed dat sy haar stil gedra het daar in Mokwe-, Polo-, Whatever-kwane. Dit het frenetiese Frannie die toerbeplanner en frantiese Frannie wat haar bes gedoen het om die sirkelsafari-spulletjie in Pretoria te beheer, kans gegee om – soort van – tot verhaal te kom. Sy hoop maar so in die stilligheid dat niemand gesien het hoe sy haar aan die “knêrtsies” vergryp het nie. Die laat middagete saam met Rondomtaliedraai het haar verder innerlik verkwik.

(Op haar slimfoon kyk sy alwéér na die tango-toneel uit Scent of a Woman. As Al Pacino met sy rasperstem sê: “There are no mistakes in the tango. Not like life…” sug sy droomverlore.)

In Dullstroom het sy dit ook maar kalm gevat, by die swembad gaan sit met haar voete in die water en haar antieke Suid-Afrikaanse pleknaamwoordeboek deur PJ Nienaber (uitgegee in 1971 deur Tafelberg) byderhand, want sy het gewonder waar die naam Dullstroom vandaan kom. Watter verrassing! Die dorp is vernoem na ‘n Hollander, ene Walterus Dull, en is deur ‘n groep Hollandse immigrante gestig!

Nienaber skryf:
Tydens die Eerste Vryheidsoorlog is ‘n “Boere Komitee” in Holland gestig met die doel om die Afrikaners wat in die oorlog finansiële verliese gely het, weer op die been te help. Voorsitter van die komitee was Walterus Dull…In 1882 het HF Buhrmann Nederland besoek en ook die “Boere Komitee” ontmoet. Op sy advies het die komitee besluit om die ingesamelde geld anders aan te wend: om die immigrasie van Nederlanders na Transvaal te bevorder, om daardeur die Hollandse element te versterk en die toenemende Engelse invloed teen te werk. Hulle besluit toe om ‘n Hollandse nedersetting in Transvaal te stig, bestaande hoofsaaklik uit landbouers en vakmanne.

Voor sy vertrek uit Holland in 1882 het die komitee twee plase (Grootsuikerboskop en Elandslaagte) in die Lydensburgse hoëveld van Buhrmann gekoop. In 1883 het JH Janson met die eerste groep Hollandse emigrante in Durban aan wal gestep. Hulle is per ossewa na Grootsuikerboskop en Elandslaagte, waar hulle hulle gevestig het. In die daaropvolgende twee jaar het nog meer Hollandse gesinne aangekom, sodat die getal volwassenes op ongeveer dertig te staan gekom het…

Die gemeenskap het nou (circa 1890) by die Regering aansoek gedoen om die stigting van ‘n dorp. Die dorp is Dullstroom genoem ter ere van die voorsitter van die Boere Komitee, Walterus Dull, en na ‘n sytak van die Olifantsrivier wat langs die dorp stroom…
Onder die Engels element is die uitleg algemeen gangbaar dat die naam afgelei is van die Engelse woord “dull”. ‘n Engelse koerant het dan ook eenkeer geskryf: “Go anywhere you like, but for goodness sake, never go to Dullstroom”.

Nouja, danksy Perdebytjie en die Towerinne, weet ons dat Dullstroom allesbehalwe vervelig is!

Frannie plas met haar moeë voete in die koel water terwyl sy wonder oor daardie Hollandse immigrante, wat skaars tien jaar na die stigting van hulle dorpie ‘n verwoestende oorlog in ‘n nuwe, vreemde land moes deurstaan…

Heelwat later tuur sy by die busvenster uit en bewonder die panorama, terwyl die giggelgroen bus voortstuwe op hierdie epiese safari, op pad na die growwe, goue strande van KZN.

 

About this blog

This blog is written in Afrikaans, a South African language that evolved from 17th century Dutch. I write in my mother tongue because it is also my heart's tongue, and a language that has been custom-made for life in this country.

Sleutelwoorde

Afrikaans Blogging 101 Om te skryf Ouma wees Persoonlik Toeka-Tokkel

Sonneblomtoekenning vir uitmuntende skryfwerk

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Blogs I Follow

Onlangse Bydraes

  • Weerberig, 25 Januarie 2023
  • Kortgeknip.
  • Sjokoladebomme
  • Sondagstap
  • “A Connie Maxwell Christmas”

Nuutste kommentaar

Una oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Weerberig, 25 Januarie 20…
woordnoot oor Weerberig, 25 Januarie 20…
scrapydo2.wordpress.… oor Weerberig, 25 Januarie 20…
appeltjie oor Sondagstap

Argief

  • Januarie 2023
  • Desember 2022
  • November 2022
  • Oktober 2022
  • September 2022
  • Augustus 2022
  • Julie 2022
  • Junie 2022
  • Mei 2022
  • April 2022
  • Maart 2022
  • Februarie 2022
  • Januarie 2022
  • Desember 2021
  • November 2021
  • Oktober 2021
  • September 2021
  • Augustus 2021
  • Julie 2021
  • Junie 2021
  • Mei 2021
  • April 2021
  • Maart 2021
  • Februarie 2021
  • Januarie 2021
  • Desember 2020
  • November 2020
  • Oktober 2020
  • September 2020
  • Augustus 2020
  • Julie 2020
  • Junie 2020
  • Mei 2020
  • April 2020
  • Maart 2020
  • Februarie 2020
  • Januarie 2020
  • November 2019
  • Oktober 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • Oktober 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016
  • Maart 2016
  • Februarie 2016
  • Januarie 2016
  • November 2015
  • Oktober 2015
  • September 2015
  • Augustus 2015
  • Julie 2015
  • Junie 2015
  • Mei 2015
  • April 2015
  • Maart 2015
  • Januarie 2015
  • Desember 2014
  • November 2014
  • Oktober 2014
  • September 2014
  • Augustus 2014
  • Julie 2014

Kategorieë

  • Afrikaanse blog
  • Uncategorized

Meta

  • Registreer
  • Meld aan
  • Inskrywingstoevoer
  • Kommentaarvoer
  • WordPress.com

Sonneblomtoekenning

Blog at WordPress.com.

DeWetsWild Photography

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

Hannes van Eeden

Bodemklippe

Docendo discimus

Enelda

Sonder 'n masker

Wild Adventures Blog

Journey to the wild

Jan Peppler HOME

Exploring Our Connection to People and Place

Chessalee

Everything/Anything and...Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski: from the foreword to:"Women in chess, players of the Modern Age"

Die lewe gebeur

Lomi

Leer, Speel, Skep

kammakastig

... en sê nou daar's 'n ... kat?...

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SoundEagle 🦅ೋღஜஇ

Where The Eagles Fly . . . . Art Science Poetry Music & Ideas

Felinity Forum

A source of feline knowledge when watching cat videos is not enough

Jack Greeff jr

Pack in the good weather

Every journey begins with the first step

The Pennsylvania Rambler

Exploring the Histories and Mysteries of the Famous and Forgotten

Carmen Niehaus

LioneL.D

Voyager, Dormir, se Régaler, se Divertir

Dr. Christa van Staden

Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer

Dawid Brits

Lig is beter as duisternis

Leeshoekie

Afrikaanse kortverhale

Wegste: Missives from far and near

Missives from far and near

Madeleine Venter

Skrywer

binnetoe

Wet and Dusty Roads

Camino Stories & Other Journeys

Begaafde Kind Suid-Afrika

Saam kan ons ‘n verskil maak

Die Jaaif van Joni

Gedagtes, opinies en stories van iemand soekend

Henny Loves Africa Travel Blog

Kleuter Kliek

Idees, raad en pret !

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

Ek kan nie Blog nie ...

Ek is die hoofkarakter in elke dag se storieboek. Ek leef my lewe op die voorblaaie van koerante en hoofopskrifte in tydskrifte. Kom lees my stories en berigte soos ek dit elke dag beleef!

Detouring

Home

Una se gedagtes

Noem-my-Skottie

My journey, my lewe in Skotland

supermanme

Loer Toer

Reisjoernaal oor Hier, asook Daar

Will Will Travel

Musings about my travels...

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Momma Life 2 the Fullest

From pregnancy to parenting in a busy world

Safari Sunset

A pensioner's blog

Die Aarde en die ruimte

Kan jy onthou

Ons onthou die lekker dinge van die verlede

Natasja Franzsen

- Rou opregte woorde - Partymal vorm woorde in my kop as ek iets hoor, sien of ervaar en dan dans die pen in my hand

Herman van Bon Photography

Fine Art Photography, Napier, South Africa.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Rolbos ©

Living the life of the common people.

Versindaba

'n Webwerf vir die Afrikaanse digkuns

Masha du Toit

Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
  • Follow Reeds gevolg
    • Tannie Frannie
    • Sluit aan by 223 ander intekenaars
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Tannie Frannie
    • Pasmaak
    • Follow Reeds gevolg
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...