Sielkundiges sê ‘n pa het ‘n geweldige invloed op sy dogter en as ek sien hoe my kleindogtertjie se hele hart aan haar pappa behoort, glo ek dit goed.
As ek so terugdink aan my pa, besef ek dat ek besonder geseënd was om hom as pa te hê. Ek het ‘n klein kiekie van hom met my onhebbelike kat in sy hande, toe hy een dag by my in my woonstelletjie in Sunnyside kom kuier het. Sy een hand het die kat se voorpote in ‘n ferm greep en sy ander hand ondersteun die ou katlyf, terwyl hy sagweg met my glimlag: eintlik ‘n onverwagse uitbeelding van die rotsvaste deernis waarmee hy na sy gesin en sy beroep omgesien het. Hy was ‘n laerskoolhoof – een van die wonderlike hoofde wie se kantoor ‘n toevlug was, nie ‘n plek van afrekening nie. Toe hy kort na sy aftrede oorlede is, moes my mammie sy bedroefde personeellede troos. Self het sy tot aan die einde van haar lewe oor hom getreur.
‘n Aardse pa is die verteenwoordiger van ons hemelse Vader. Dankie, Pappa, vir die Godsbeeld wat Pappa by my ingeprent het.
Terug pieng: Blogging from A-Z: Letter P – I scrap 2
Pragtige beskrywing van die waarde van ‘n pa!
Raak ek nou sommer bedroef. My pa was baie ouer as my ma en ons het hom in 1990 reeds verloor. My ma het elke dag na sy dood oor hom getreur.
Dis ‘n verlies wat maar altyd by ‘n mens bly.
Ja, dis waar
Dis ongelooflik mooi dat jy met soete herinneringe aan hom kan dink
Jy maak my sommer hartseer…
Wonderlik om te kan terugdink aan so ‘n pa. My pa was die sagmoedigheid vanself. Nie almal is so gelukkig nie.
Ons was geseend.
Terug pieng: My pa | Tannie Frannie