Nou-die-dag kom ek op ‘n briefie af wat my pa aan my geskryf het toe ek twee jaar oud geword het. My mammie het dit ‘n leeftyd lank bewaar en in ‘n bloemlesing ingeplak. Ek het dadelik sy geliefde handskrif herken:

“Dit is natuurlik 2 Julie en jou verjaarsdag. Jy is nou twee jaar by ons en vir my was dit die liefste twee jaar wat ‘n mens voor kon wens. Om geboelie te word deur ‘n sonnige wesentjie wat te enige tyd tekens van geweldige uitbarsting toon, is beide snaaks en aangenaam. Verjaar lekker, my liefste skat, en die Vader gee dat jy deur jou mooi lewe gaan met sonskyn in jou hartjie en die beste herinnering van jou ouers.”

Hoe mooi het hy die vertedering en vreugde van ouerskap vasgevang!

Advertisements