Ofskoon ek al wat ‘n hygroman is op my dogter se boekrak met plesier verslind het, voel ek tog dat dinge vandeesweek handuit ruk in die hoenderhok. Daarom stel ek graag vir Philip de Vos aan die woord, uit sy bundel Daar’s Bitterals in die Heuningwals, in 1988 deur Tafelberg uitgegee.
Kyk net
allie goggas –
zoemend
deur die lug –
poedelnakendkaalbas
vlieg hul heen en trug.
Vir iemand
rein en redelik
is goggas wel onsedelik,
en dus is ek vol kommer
oor muskiet en vlieg en brommer.
Gee my liefs ‘n wyfie
met ‘n goggabuustelyfie,
want oor ‘n brommer met ‘n bra
kan g’n mens tog immers kla.
Ek verkies ook elke zoemer
met ‘n skoongewaste bloemer
en ‘n kappie en ‘n rokkie
en ‘n splinternuwe frokkie –
want só – glo ek –
bly goggas
skoon en vroom en rein
en word g’n mens op aarde
se sedes ondermyn.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Kostelik,Frannie…ek het nou lekker gelag!Stel jou voor hierdie gediggie word op kunswedstryde voorgedra…sal ‘n storie afgee!
Ek het nou so gelag vir hierdie gediggie! Ons sedelessie vir die dag.🤣
En daar het ek gehoop vir nog ‘n hygende romanse. Baie oulike gedig
O Frannie, ek het nou gerol soos ek lag. Ek stel my nou voor hoe Hot Lady in ‘n buustelyfie en ‘n bloemertjie sou gelyk het. Lekker gelees en dankie vir die deel.
Lekker systap jy … slim vrou!