Joshua se hartjie is eintlik te sag vir hierdie wrede wêreld. Sy masjiene en ander kietermegefters is vir hom lewende wesens, met wie hy ‘n diepe empatie het.
So krap ouma ‘n klomp ou klankbandjies (wat ons almal maar as “tapes” geken het) agter uit haar kas uit. Na vinnige dog hewige onderhandeling het Joshua ‘n vyfstuks bandjies by haar afgebedel en hy sit dit op die vloer en bekyk. Daar is Storiemanbandjies, Joos Tonteldoos en die Dwarstrekkers (tienermusiek van Josh se oom) en lukrake opnames van musiek wat in die mode was.
Joshua (terwyl hy ‘n bandjie in die plastiekkassie inpas): “Kyk hierdie cool tape-CD. Hy snuggle net so in. Hierdie arme enetjie, hy het nie ‘n boksie nie. Kyk, almal het ‘n boksie behalwe hom.”
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

Siestog, Josh, gelukkig is daar mense met sagte harte, sois jy.
Ai Frannie ek voel saam met jou en Josh. Kindertjies soos hy is spesiale pêrels in veral vandag se harde samelewing. Ek sien met Bea ook sy is sooooo ingestel om te help of te versorg.
‘Tape-cd’ … hoe wonderlik.
En kietermagefters wat is Afrikaans n wonderskone taal
Ag jinne… is dit nie diep dierbaar nie. Sy siel sit reg.
Ek sien hom so met sy tape-cds in my geestesoog. Ek dink Josh gaan ñ sterk mannetjie uitdraai, Frannie, juis omdat hy ñ anderste insig ook het. Jy gaan die kinders weer mis gedurende die 6 maande!🤗
Hy is so n oorsponklike kind
Ag dierbaarheid! Dalk is sy hartjie te sag (ons leef immers in ‘n wrede wereld), maar jy weet ten minste sy hartjie sit op die regte plek! Se vir Joshua ek het ook ‘n paar “tapes” sonder boksies, maar ek sit hulle saam met die ander wat wel boksies het in ‘n mooi houer … dan voel die boksie-lose “tapes” nie so hartseer nie.
🙂 wel Joshua sal nog leer daar is mense wat nie in boksies geplaas wil word nie. Partymaal is dit beter om nie ‘n boksie te he nie.
ek hou van sy tapeCD nuutskepping
Wat ‘n kosbare seuntjie is hierdie nie
Nuwe woorde wat klaar gaan sit! TapeCD, kietermagiefters….en dan is die cherry nogal sy empatiese uitkyk op die arme enetjie wat nie inpas nie!
Kosbaar Ouma