Bloggers is ‘n interessante groep mense, met ‘n hele paar gemene delers. Seker die belangrikste vereiste is dat ‘n mens lief moet wees vir lees. Dit beteken dan dat die hele ou spulletjie boekeliefhebbers is, met lewendige belangstellings, wat sorg vir boeiende gesprekke.
Vanselfsprekend is hulle lief vir skryf. Daar is professionele skrywers en amateurs, deelnemers aan skryfkompetisies en -uitdagings, digters, prosaïste, joernaliste en resensente. Dan is daar ook die Goue Vroue, wat soms saam aan ‘n storie skryf en sorg vir skreeusnaakse avonture.
Hulle is ook lief vir mense – hoekom dan anders sou hulle belang stel in ander bloggers se stories? En hulle is lief vir diere, vir honde en voëltjies – maar veral vir katte. Dis seker omdat katte sulke goeie geselskap is wanneer ‘n mens stil sit, dis nou as jy lees of skryf. Katte hou ook daarvan om naby en soms sommer bo-op rekenaars te lê, want dis lekker warm.
Hulle menseliefde gee aan die bloggers ‘n besondere empatie, wat weer van hulle uitstekende gespreksgenote maak – virtueel d.m.v. die blogkommentaar en ook in lewende lywe. Gister het ‘n klompie bloggers in Pretoria bymekaargekom en ‘n hond uit ‘n bos uit gekuier. Hoe het ons gesels, gelag, geluister, raad gegee en gefilosofeer! Die tyd het heeltemal te vinnig verbygeglip. (Kyk hier as julle Woordnoot se foto’s wil sien.)
Daar bestaan so iets soos velhonger – alleenlopers is daarmee goed bekend. Gister het ek soveel innige drukkies gekry dat ek vir lank daardie hongerte sal kan besweer.
Dit lyk te lekker!!
Dit was ‘n groot voorreg…
Nou is ek sommer lekker jaloers. Gelukkig keer die internet nie dat ons nie mekaar kan sien en ook beleef nie. Dis waar van die boeke, lees en skryf.
Toemaar, liewe Scrapy, ons sien jou darem op Rebusfontein 😘
Presies. Dis wat heerlik is.
Velhonger. ‘n Woord wat ek in my jongdae gehoor en geken het en nie weer nie en nou die 2e keer hoor in ‘n week se tyd. So bly jou velhonger is nou weer bietjie gevoed.
Dis nou interessant, Toortsie – ek het gedink die woord is ‘n nuutskepping!
Maar jy kon dit ook maar nuut skep! 😁
What a lovely post Frannie.
I have not been to a meeting of bloggers for years.
They were great fun.
Dis net ongelooflik hoe ‘n mens tuis voel in daardie geselskap.
Jou beskrywing is so mooi – ek is bly julle kon saam kuier!
Anne, ek wil graag vir jou so ‘n ou dun, verflenterde boekie stuur – “The Diary of Iris Vaughan”, ek het jou al voorheen daarvan vertel. E-pos vir my jou adres, sal jy asseblief? My adres is fran.durandt@gmail.com
Ek het my adres vir jou gestuur – baie dankie.
Ek sien in my geestesoog hoe drink jy daardie drukkies en liefde in, Frannie.
My beker was laas so vol saam met julle daar in Mosambiek.
Dis so goed om te hoor, Frannie.
Soms is dit nodig dat daar iets in ‘n mens se lewe moet gebeur. Dalkies net om ‘n salfie te smeer, of om ‘n giggel los te laat, of net om te voel jy is veilig en jy behoort. Saterdag se kuier was sommer alles vir my.
Altyd kom daardie salwing net op die regte tyd, ne Woordnoot. Dankie vir jou mooie foto’s wat die kuier in ons geheues vasgevang het.
Nou dit lyk mos nou lekker Tannie Frannie! Dis nodig … om so tussen maters te kuier. Die lag en herinneringe aan so ‘n dag bly mens lank by – dit voed mens se siel sommer vir ‘n paar weke. Ek het na julle foto’s gaan kyk op Woordnoot se blad en kan die lekkerte op julle gesigte sien!
Hoe graag sou ons jou ook daar wou gehad het!
Tannie Frannie, as ek ooit daardie geleentheid kry, sal dit ‘n blye dag wees! So ‘n klomp wyse vroue bymekaar … wat ‘n voorreg!
Hmm, dalk meer “eiewys” 😉
😅 is ook reg!
Frannie ek herhaal sommer die kommentaar wat ek pas by Woordnoot gaan pleeg het (nuuskierig agter die gesigte aan nadat jy my soontoe gestuur het)
“En vir hierdie ode sal die glase Franse sjampanje en kreef en kaviaar vir jou rekening wees!!” Dis reg laat sy betaal vir haar “sondes”. In die “hey days” van my blogging dae het ek nogal ‘n ernstige behoefte gehad om my mede-bloggers te ontmoet (nie dat ek dit nie meer het nie). In my geval was dit nie Una wat wat daarvan beskuldig kan word dat ek begin blog het nie maar sy het definitief langs die pad ook my griffels beinvloed. Die persoon wie my die meeste beinvloed het as ek nou eerlik moet wees is Hester met haar skryfuitdagings wat van my eerste volgelinge was en ook paar 100km van julle af sit. Maar nou ja ek blog nou weinig en dit wat ek op die oomblik skryf is op spesifieke versoek van ‘n stapgroep, maar diegene wat Tolkien se skrywes interessant vind sal dit waardeer. Maar op ‘n stadium was ek in gereelde interaksie met julle almal en hierdie Kaapse bergstapper sou wesenlik heerlik daar om die tafel saam met julle pragtige dames gekuier het. Goed om die gesigte te sien.
Ai, Abrie – reeds in die dae van die Towerinne was jy ons eregas en beskermheer! Jy sal uit die kommentaar op jou blog sien hoe erg ons almal jou mis.
Ag dit is te lekker, julle kan gelukkig wees.
Dit was ‘n epiese kuier.
Raak beskryf. Liefde vir jou
En vir jou ook!
Ek is so jammer ek het uitgemis! Hopelik volgende keer.
Vir seker, Liza! Hoop jy voel al beter.
Ek is beter dankie Frannie🌻
So bly om dit te hoor, jou stempos het my bekommerd gehad.
Ek wou jou sommer optel en lank styf vashou. Dit was baie lekker om name te ontmoet.
Dit was ‘n voorreg om jou uiteindelik te ontmoet, liewe Kameel, jy met jou romantiese siel en jou alter ego met die rooi stiletto’s 😘
Velhonger…wat ‘n pragtige woord en beskrywing. Julle lyk awesome🌻
Hoe wonderlik sou dit gewees het as jy en Una ook daar was!
Hierdie was so heerlike kuier gewees, dankie vir almal wat daar was al het on die gom gemis
Dankie dat jy en Woestynkind so ver gery het om te kom kuier!
Dit was heerlik lekker gewees, selfs die ryery
Ek verlang sommer terug na die kuier. Wat ‘n voorreg om langs jou in te skuif tannie Frannie. Die tyd het so gou verby gevlieg. Maar dit was so vrolik in my hart na die kuier. Tannie is seker al amper oppad?
Veilig hier, dankie Bondeltjies!
AG wonderlik!!!!Geniet die kuier tannie.😍