Die HAT verklaar ylings so: Vinnig, snel, in groot haas, bv. Ylings om hulp kom vra. Die woordverklaarders bestempel dit as “deftig”. Hoe graag ek ook al sou wou, sal ek dit seker nooit in ‘n gesprek gebruik nie. Dit keer my egter nie om myself oor die woord te verkneukel nie – oeps, wag…
Die HAT verklaar verkneukel so: Stilletjies lekkerkry oor iets. Hierdie ene het ek wel op fb gebruik, tot my slim seun se verkneukeling.
Ek is dankbaar oor woorde en die mense wat woordeboeke maak. Nou gaan ek ylings tee maak.
Ek verkneukel my in jou taalgebruik
O maar die Afrikaanse taal is werklik besonders as dit by sekere beskrywende woorde kom. Verkneukel voel so lekker op die tong.
Terug pieng: Blogging from A-Z: Letter Y – I scrap 2
Hoe lus het ek ook nou vir ‘n teetjie
As jy ooit in Pretoria kom, laat my weet, dan gaan tee ons iewers saam.
Dit sal lekker wees Ek het twee vriendinne wat in Montana woon
Mooi! Nou het jy geen verskoning nie…
Dit kos net baie geld om daar te kom… die tolgeld is bloedgeld
Baie oulik!
Verkneukel is ‘n woord wat ek lanklaas gehoor het. Dis so beskrywend!
Ek moet ‘n plek kry om ylings te gebruik….. wil hierdie kinders en Engelse man van my se kommentaar hoor.
Hulle gaan jou waarskynlik vra of jy besig is om te yl. 🙂