Vir my is ‘n reënboog elke keer ‘n wonderwerk.
Reënboë laat my dink aan my kind.
Reënboë laat my dink aan God.
Genesis 9:16 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.
Ten spyte van al die reënboë wat ek al in my lewe gesien het, bly dit nog steeds so lekker as iemand roep “kom kyk net na hierdie reënboog”. Ek hardloop elke keer om te sien.
Dis iets waarvoor mens nie moeg raak nie.
Simbool van HOOP!
Reënboog laat my aan vrede dink. Dis die teken dat dit nie weer gebeur nie. Mens kan nie ophou kyk en soek vir n reenboog aan einde van die reën nie.