Sleutelwoorde

, , ,

Bloganuary writing prompt
What’s the thing you’re most scared to do? What would it take to get you to do it?

Dit was ‘n bittere stryd om te leer motor bestuur, ek het eers die derde keer wat ek probeer het, my bestuurstoets geslaag. My arme boetie moes in bittere koue op parkeerareas die vier pienk kartonpale wat my mammie in vier asblikkies staangemaak het, optel en kyk wat ek verkeerd doen om hulle keer op keer om te stamp. Ek het my eie karretjie gekoop en met hom geoefen, ‘n rooi Volkswagenkewer.

Photo by Ahmad Ramadan on Pexels.com

Die dag toe ek daardie toets slaag, het my boetie uit pure uitbundige verligting reg rondom die lisensiekantoor gehardloop.

My gebrek aan ‘n sin vir rigting het ook nie gehelp om my bestuurdery makliker te maak nie. My kinders was heel filosofies: hulle het verwag om ten minste een keer te verdwaal elke slag as ons ‘n nuwe pad moes ry (dit was in die dae voor GPS).

Nou is ek in die VSA, waar mense aan die verkeerde (= regter-) kant van die pad ry. Ek hou nou al as voetganger mooi regs in plaas van links en is dus nie meer stroomop nie, maar ek gaan dit nooit, ooit waag om hier in ‘n kar te klim en iewers heen te probeer ry nie.

Naskrif: Baie dankie, julle wat hier kom lees het, vir julle ondersteuning en interessante kommentaar. As dit nie vir julle was nie, sou ek met Bloganuarie liederlik in die hek geduik het 🥰