Wet and Dusty Roads het ‘n foto van ‘n Eisbein gedeel en my teruggevoer na baie lange jare gelede…

Middelkind was altyd lief vir eet. In Jeffreysbaai het ‘n reusekok met swier die yslike Eisbein voor hom neergesit, met ‘n gebaar wat niks minder as ‘n uitdaging was nie. Middelkind het gekom, gesien, en alles opgeëet.

‘n Mens kan altyd op ‘n middelkind staatmaak.