‘n Paar dae na Moedersdag 2020 sou ek weer tussen my twee Suid-Afrikaanse kleinkindertjies op die bank kon sit. Ek sou vir hulle vrugte kon skil en luister na hulle vertellings oor die avonture van kindwees, ek sou kon oe en aa oor die waaghalsige toertjies op die klimraam en die woeste gespring op die trampolien.
Soos sake nou staan, weet ek nie wanneer ek hulle weer sal kan omhels nie. Omdat ek so verlang, gaan sit ek met WhatsApp en begin lees aan die boodskappe tussen my en my skoondogter, die enetjie wat amper ses jaar gelede haar hart en haar huis vir my oopgemaak het.
Terwyl ek my aan die foto’s van ‘n veel jonger Gabby en Joshi verkyk, ontvou daar ‘n beeld van die alledaagse lewe in ‘n jong huishouding. Daar is uitstappies en inkopietogte, enkele heerlike vakansies. Die wasmasjien sukkel, ‘n sleutel raak soek, my karretjie se battery gee moeilikheid. Die kleintjies kom vorendag met oulike sêgoed en Gabby vra dat ek tog nou moet “ophou juig” oor haar rapport. Tussendeur is daar kindersiektes en inentings, koors en ‘n jaagtog na Ongevalle. Ouma vat die kleintjies Kinderkerk toe en haar gespog word met sagtheid bejeën, want dáár is baie oumas en oupas…
Soos wat ek lees en kyk, besef ek: Hier is ‘n beeld van ‘n besonderse verhouding tussen skoonma en skoondogter. Dis g’n wonder dat Laatlam eendag bitterlik gekla het dat ons teen hom saamsweer nie! Ek sien hoe sy vir ons albei in die bresse tree as ek en my seun koppe stamp, hoe sy haar vreugdes en kommer met my deel.
Ek onthou my eie skoonma en hoe lief sy vir ons twee kindertjies was wat sy geken het. Op hierdie foto hou sy my dogtertjie vas op haar doopdag.
Hoe dankbaar is ek oor elke ou woordjie van waardering wat ek ooit teenoor haar geuiter het! Die herinnering aan my driejarige dogtertjie wat tevergeefs in die leë huis roep: “Ouma? Ouma!” die eerste keer toe ons na haar dood daar ingestap het, eggo nou nog droewig in my hart.
Dis baie baie kosbaar en durf ek se skaars? Sterkte daar vir jou. SA verlang
Frannie. ❤❤❤
My hart is vol: daar is joy – met familie, tog wil jy graag huistoe kom – en hier is my oudtse seun – by ons, maar ver van sy familie in Noorwee: wanner kan julle huistoe gaan? Dit is ook goed om oor hierdie goeie verhoudings te lees.
I’ve google translated you post a paragraph at a time because it’s not possible to do the whole post at once🤭 It’s beautiful and heartbreaking. Lovely photo.
Thank you for your patience in the deciphering! That photo was digitalised from an old transparency. The body language says it all, doesn’t it? ❤
Yes. ❤️
I’ve finally translated your name (at last) and found that Tannie means Aunt. That google translate is great stuff.
“Tannie” and “Oom” are much used honorifics in Afrikaans. However, people have mixed feelings about these words, since they denote an age difference. Often, one hears the retort: “I’m not your aunt,” but still the young ones are taught to use them. I chose the name deliberately, to make my peace with being called “Tannie” 😀
Some here might say, I’m not your mother.I like Tannie. Especially as I like to address people when I comment. I thought that was your full,name.
Dis darem maar lekker om sulke kosbaarhede te herleef. Ek het vanoggend vroeg al hier gelees maar die tyd het my ingehaal. Besluit toe om voor ek gaan slaap ek beter eers hier antwoord. My skoonmoeder was ook n liewe mens gewees. Regte boere tante maar raakvat was haar motto. Jy moet maar moedhou daar waar jy nou is. Dinge sal nog uitwerk te goede.
So op moedersdag verlang ek na al die vroue wat in my lewe iets beteken en tannie is een hoor. Kuier maar lekker voort en kom terug wanneer tannie kan
Dis goed om te hoor dat jy en jou skoondogter so ‘n goeie verhouding het. Kosbare herinneringe!!
*Drukkie* ❤
So dankbaar om te hoor van jou mooi verhouding met jou skoondogter en ook met jou skoonma. 🙂
❤ ❤
Oef! Laat mens se hart net pyn en besef hoe belangrik dit is om ander te laat weet dat jy hul waardeer. ❤️
Ai tog, ek het so ewe onnosel nou-nou op whatsapp gevra of jy al terug is in SA. Natuurlik nie – hoe sou jy hier gekom het? Ek is is nog op ‘n vreeslike “high” van al my medikasie. Verskoon maar. Dis ‘n baie mooi skrywe, Frannie.
Ag ek waardeer dit dat jy gevra het! Suid-Afrika voel so ver…
Ek glo jou