Rebusfontein – die towerplek waar selfs horingoue tannies op Harleys ry en nuwe liefde vind…

Woordnoot se uitdaging om ‘n konsert in die lieflike Rebusrus Amfiteater te reël, het aan ons blogmaats oneindige plesier verskaf. Daar is nog twee dae oor voor hierdie skakel na InLinkz toemaak, en ek besef dat ek net eenvoudig ‘n konsert aan Silver sal moet opdra. Wat sy motorfietsmakkers daarvan gaan dink, weet nugter!

Hoe het ek dit tog waardeer dat die Towerinne (met VirgoC op die voorpunt, entoesiasties deur die ander ondersteun) hulle laasjaar op ons reis deur Suid-Afrika oor my ontferm en ‘n virtuele liefde vir my geskep het! Want dan is dit effens makliker om in die werklike lewe oor ander se geluk te lees en vrede met my eie alleenpad te maak.

Ek loop die pad

Daar ry Silver toe op sy Harley in my droomlewe in – en hierdie liedjie vang my onwillige aangetrokkenheid so goed vas. (Kyk net hoe geniet Laurika die kuns van ‘n briljante musikant.)

Blou

Om te stry teen die liefde is ‘n onbegonne taak, al is dit slegs ‘n hersenskim. Wat sou ek wou gegee het om eenmaal in die werklike lewe so ‘n allesoorrompelende liefde te kon belewe as die een waarvan Karen Zoid sing…

Vir jou

Die volgende lied is vir my ‘n besonder nugtere beskrywing van hoe ware liefde behoort te wees. (Hierdie twee kunstenaars se intense, dog ingehoue, emosie is vir my so mooi – ek raak net nie moeg om na die video te kyk nie.)

Toe vind ek jou

Op die ou einde glo ek graag met my hele hart in die liefde, al was standhoudende liefde toe nou nie in hierdie lewe vir my beskore nie.

The Rose