
Die huis is baie stil…
Regs van waar ek sit, staan daar ‘n lugverkoeler op wieletjies, sommer so skuinsweg – gister soontoe gestoot en daar gelaat staan. Hy is wit, met ‘n blink swart beheerpaneel en hortjies wat op- en afgestel kan word. Hy behoort aan Joshua, my kleinseun, wat gister ‘n week gelede na graad R toe is. (Ek gebruik die persoonlike voornaamwoord “hy”, want vir Joshua het toestelle persoonlikhede, net soos mense.)
Sy ouma het hierdie allesverterende belangstelling in masjiene en meganismes vroeg-vroeg opgemerk, terwyl sy in vervoering na die vissies in ‘n groot vistenk gestaan en kyk het, en Joshi as kleuter onder die tenk besig was om die apparaat te bewonder wat die water van die tenk van suurstof voorsien het.
Laasjaar het Joshi en sy mamma dikwels na die lugverkoeler gaan kyk, waar hy in die winkel vir tweedehandse goed gestaan het, want dit was Joshi se hartsbegeerte om ‘n lugverkoeler vir Kersfees present te kry (die vorige Kersfees het hy ‘n dakwaaier gekry). Die dag toe hulle uiteindelik die lugverkoeler gekoop het, was die kassiere net so in haar skik, want, het sy gesê, hy kom dan so lank al na die aircon kyk. (Ouma doen haar bes om die voorwerp “lugverkoeler” te noem, maar almal om haar praat van die “aircon”…)
Joshua bring dikwels van sy skatte na my kamer toe, die uitdrukkingsvolle gesiggie die ene opgewondenheid om die skat aan ouma te demonstreer, en gistermiddag was dit die lugverkoeler se beurt. Hy prop dit ewe behendig in en wys vir my die verskillende stellings ─ stadig, medium, vinnig ─ terwyl ek op my tande byt en die koue lugstroom dapper weerstaan. Of die geraas van die stofsuier… Of die gesuis van die waaier… Of die brr-geluid van die verstuiwer…
Janee, die huis is baie stil vanoggend.

Joshua gaan nog die wereld op sy kop keer om ‘n verduideliking te eis vir die werking van meganiese goete 😉.
Hy het al ‘n hele paar goeters uitmekaar uit gehaal.
Ek hoor sommer hoe trots is ouma op hierdie slim mannetjie is. Hy gaan ver kom, Frannie!
Mag dit so wees, liewe Una!
Hopelik sal hy van middag terugkeer met allerhande stories vir Ouma.
Maar as dit nie oor masjiene gaan nie, is hy ‘n man van min woorde.
Joshi se eersre woorde na skool sal kosbaar wees
Hy vertel maar min. Ouma weetr darem al daar is ‘n groot lugverkoeler teen die klaskamermuur en die een of ander soort elektroniese “UPS” ook.
Ingenieur in wording …
Dis my hartsbegeerte, Toortsie!
Ek vermoed syne ook 😁🎈
Dis kosbaar om die kleintjies waar te neem soos wat hul ontwikkel. Beatrix help altyd Pappa met sie bouwerk. Sy het haar eie tassie met gereedskap en weet hoe om elke een te gebruik(vergeet toe wat is tool in Afr).Sy begin ook nou skool begin Februarie as ons nie weer in by die huis bly mode is nie!
Ag moeder Scrapy, dis te dierbaar! Mag Bea se skooljaar glad begin en goed verloop.
Dankie, sy is nogal opgewonde. Skoolklere is gekoop en boeke oorgetrek. Nou moet hul net begin.
Ag Frannie, die mannetjie is oulik. My masjiene is ook hy en sy. Growwes is hy, soos die bakkie ook. Fyneres is sy, soos my Thermie.
As ek reg onthou, was Dusty ook ‘n “sy”?
Inderdaad was sy ‘n sy. Sagte ou dingetjie gewees, ons mooi opgepas. Ai Frannie, dit voel miljoene jare gelede, ek moes amper eers dink wie Dusty is …
Jy het al weer so baie avonture hier in SA beleef, g’n wonder dit voel lank gelede nie.
Dit is net so, Frannie, as mens so daaraan dink, het ons al 4 keer in die jaar wat ons terug is getrek.
Is dit nie heerlik om hulle te sien ontwikkel nie? Groot voorreg vir ‘n ouma om so naby te wees. Wie weet wat Josh nog vir die wêreld gaan ontwikkel.
Jy ondervind dit self – voorwaar ‘n groot voorreg!
As jy weer eendag jou oë uitvee, werk Joshi vir NASA, Frannie. Hy klink na ‘n jongman wat fyn kan waarneem.
Ja! Hy sal dalk die lugversorging in die ruimtetuie ontwerp 😉
🤣
Ouma se gesonde woordinvloed!
Ja, maar dis ‘n verlore stryd…
my kleinseun is nou weer so oor wiele. Hy beloer en bevat en haal uit mekaar. hulle is so oulik
Dankie vir die steun met ‘Ontkenning”. Wat is jou gevoelens daaroor? – groetnis, willem
Dis ‘n fassinerende onderwerp! By my is daar ‘n daaglikse, hewige stryd tussen wat Erik Erikson beskryf het as wanhoop en wysheid – en ek het van dag tot dag geen benul watter een gaan wen nie…
Dankie vir die steun met ‘Advertising” – altyd waardeer – willem