…het ek begin blog.
Op die een of ander manier het ek op LitNet se adreslys beland en begin toe eers aan die blogs daar lees en later self deelneem. Daar was interessante bloggers, maar ook kwaaies wat ek maar geïgnoreer het. Die tegniese ondersteuning was nie na wense nie en in Mei 2014 spring ‘n klomp van ons onder leiding van Zeppie uit LitNet se visdam in die oseaan van WordPress in. In die proses verloor ek ‘n klomp blogmaats, na wie ek tot vandag toe nog verlang en oor wie ek wonder. Daar is ‘n groep “ou Litte” op Facebook, met die spitsvondige leuse: “Net uit Lit uit, nie uit lit uit nie”. Maar omdat die lede nou nie meer hulle blogname gebruik nie, weet ek met enkele uitsonderings nie wie is wie nie. Op WordPress huppel ek egter gelukkig rond saam met die enkele LitNetters wat ook hier is en al die nuwe maats wat ek kon maak.
Vandag sê ek dankie aan almal wat hier kom lees en kommentaar lewer, julle is die kruie en speserye wat my blogdisse geur. Dankie vir julle empatie, bemoediging en toejuiging. Julle virtuele vriendskap is vir my kosbaar.

Hiep-hiep hoera 🎉 … dis tog te lekker om nou en dan by jou in te loer!
Ek is nog ‘n nuwe kruie (of dalk ‘n spesery) op jou blog, maar ek kan tog eerlik se: Na ek heerlik gelees (en gekuier) het by jou en dan weer koebaai se, is dit gewoonlik met ‘n glimlag op my gesig 😁! Ek hoop om nog baie lekkertes op jou blog raak te loop.
Vir my is jy soos kaneelsuiker 😘
Ek vrek oor kaneelsuiker 💌.
Heerlike uitdrukkingsplatform en terapie vir ons wat in ons sonsakfase is!
Ja! Ek beleef die heerlikste avonture hier, soos bv. julle Namibië-reis.
Ek is so bly jy is ook op WordPress. Jy weet, Frannie die wilde freezias blom nou weer hier op Struisbaai. Dis rerig tyd om te kom kuier.
Ai, ek verlang na julle mooie see en na julle…nou mik ek maar vir Februarie 2022!
Ag wonderlik!
Ek is baie bly dat ek jou ‘ontmoet’ het!
Ek ook, Anne, ek geniet jou vertellings en foto’s baie.
Dankie (:
Ja, Fran, my website is ook meer as 10 jaar oud – en dis maar net een van vier. Ek het nie geweet dat dit so massief sal word nie. Somtyds is dit net werk en gewoonte, nie plesier nie.
Maar van die os op die jas, dit was nou ’n interessante stukkie nuus van jou af – ek het altyd gewonder wat die storie is agter hierdie Literere Dames wat skryf in Afrikaans en kennisse is van mekaar. Nou weet ek!
En ’n vraag van Nuuskierige Agie af – hoe voel dit nou, maande na jou terugkeer na Suid Afrika? Van Amerikaanse huise en gesinne en tradisies, na – soos ons sê, “Pitooria”. Wat is jou slotsom? Wat mis jy? Skryf iets!
Jammer vir die taalfoute, my Afrikaans is verroes.
Sjoe, dis moeilik om te verduidelik hoe ek voel en wat ek mis van die VSA – dit gaan ‘n hele bloginskrywing benodig. Maar jy sit my nou aan die dink… Jou blog spreek van soveel deeglike navorsing en moeite, ek kan kwalik dink dat daar nog drie ander ook bestaan! Die storie van ons saamskrywery hou eintlik nie met LitNet verband nie – ons het mekaar hier op WordPress raakgeloop. (Watse taalfoute? Jy weet dan hoe om “interessant” te spel 😘)
Baie bly jy het uitgehou tot nou toe. Jy is een van my spesiale “ruimte”vriendinne. Ons het al ‘n paar sakke sout saam opgeëet hier op die blogs. Ek het mos ook probeer op Litnet maar dit nie geniet nie omdat ek nie geweet het waarvoor ek my ingelaat het nie. Sommer op my eie by WordPress ingegaan in 2009 en kap dit steeds nog flou. Baie op en afs maar steeds daar.
Ag Scrapy, ek so sooo graag in lewende lywe by jou wou gaan teedrink…
Ja en ek by jou. Ons sal beslis ‘n hond uit ‘n bos kan kuier.
Wonder ekself wat het van bloggers geword… bv Roosmaryn, dink sy was ‘n prokureer?
Ek was al lus en gaan op daardie fb-groep met ‘n lys blogname en vra hulle om hulself te onthul! Maar ek en fb kom nie goed klaar nie…
Ek glimlag maar net breed, want sonder Frannie in my lewe sal ek armer wees.
Una…❤
Baie bly ek het jou hier op blogland ontmoet Frannie!
En ek vir jou, ek geniet jou kleurvolle wêreld!
Ons lees lekker by jou.
EK is bly jy is hier….anders het ek jou nooit ontmoet nie!
Ek ken glad nie Litnet nie, net WordPress en ek is so baie bly dat ek vir tannie kon leer ken
En ek vir jou! Jou onnutsigheid maak my dikwels bly, soos nou weer met ons ruimtereis 😘
Baie interessant, Tannie Frannie! Dankie daarvoor. En dankie vir ondersteuning vir “Autumn Leaves”. – willem