Joshua (vyf jaartjies oud) is in die wolke: hy speel vandag met ‘n ou stofsuier wat nog loop, maar glad nie meer kan stof optel nie. Ouma vermoed dat die ding teen more ook nie meer sal kan loop nie en op dag drie gaan sy skroewe orals rondlê.

Joshua: Ek gaan hom nou aansit.

Ouma, wat sit en werk: Oe, ek gaan skrik!

Joshua: Jy kan net jou ore toedruk.

Ouma: Maar ek luister musiek, ek kan nie my ore toedruk nie.

Joshua, terwyl hy demonstreer: Jy kan jou neusie toedruk…