‘n Paar dae na haar lang vlug van 16 uur, sit ouma in South Carolina, VSA vir die hoeveelste keer na die video en kyk: verfilm deur Joshua se mamma die aand van sy gradeplegtigheid. Volgende jaar is hy ‘n volwaardige graad eentjie.
Die kindertjies lyk pragtig – die dogtertjies in wit rokkies en die seuntjies in langbroekies en hemde met ‘n kraag. Joshi dra sy wit-en-swart geruite hemp wat ouma laas uit die VSA vir hom saamgebring het.
Hy waai skamerig vir sy mamma, gebruik die verkeerde handjie vir die eerste beweging op maat van die musiek, maar van daar af gaan dit voor die wind. Wanneer die koortjie, handjies in die lug, soos bome heen en weer wieg, hoor ouma die videograaf sug: “Awwww…”
“Ek is gemaak om vir God te sing…” Iewers is daar sekerlik ‘n juffrou wat die gebare saam met die kindertjies maak. Ouma het net oë vir daardie een ou seuntjie, haar hart se punt, wat so verskriklik ver weg van haar af is…
Ek het nou ongelukkig nie die gradeplegtigheid se opvoering gesien nie, maar ek het wel die feesrevue gesien waar die graad Retjies ook opgetree het. Nie net was hulle ouliker as oulik nie, maar hulle het hulle passies goed geken – tussen my en jou, Tannie Frannie; ek dink die juffrouens wat so saam dans doen dit net vir die lekkerte daarvan want nie een van die kleintjies het n juffrou dopgehou om te kyk wat hulle moet doen nie!
Janee, Dries, jy sal weet,ne!
Beter as meeste ja! 😀
Gelukkig is daar deesdae video calls. Ouma en kleinkind kan darem gesels, want ek weer Josua isvook baie lief vir sy ouma.
Ai Frannie. Dis so swaar. Dink aan jou
Ag Tannie Frannie, ek kry sommer ‘n knop in my keel vir die toneeltjie wat so mooi ‘geskets’ word! Kuier heerlik daar in die verte en dink net hoe lekker gaan klein Joshua vir sy ouma van alles vertel wanneer julle mekaar weer sien!
So sad to be so far away.
Thank heavens for modern technology.
It makes the world smaller.
Ek het net so ‘n oomlik gehad met my kleindogtertjie in Kaapstad: ver is ver!
AG ouma Frannie ek Kan net dink hoe jy verlang..
Kan tannie daar in die verte die stywe drukkie voel? Gestuur hier uit SA spesiaal vir tannie
Eish Fran, ek verstaan. Daardie oor en oor kyk terwyl jy eintlik sy asempie ruik. Hy is geseënd met hierdie wonderlike ouma van hom.
n ouma bly n ouma bly n ouma, ver of naby
Ag ek weet! Ek het ook net oë vir ons s’n as hulle op die verhoog is.