Joshua speel sy gebruiklike skool-skool in ouma se kamer voor hy moet gaan slaap. Hy is die klas se meneer en ouma is een van sy leerders, haar naam is Frannie. Joshi kry so ‘n gladde, selfbewuste belangrikheid om hom wanneer hy die meneer is en Frannie is die witbroodjie wat alles reg doen en die soetste kind in die klas is.
Vanaand staan Joshua wydsbeen en vas op sy voete. In sy hand hou hy ‘n klerehanger, wat hy met swier in die rondte draai terwyl hy aankondig:
“Maatjies, vandag gaan ons leer oor … (die hanger draai dramaties) … tegnologie! Ons nuwe pandemie is tegnologie.”
Ja nee ouma Frannie nou gaan jy nie net n paar dinge hoor nie maar ook sien. Slim meneer weet waarvan hy praat.
Die outjie het regtig ‘n aanvoeling vir meganika – ag, ek hoop hy kan dit ten volle ontwikkel.
Hy gaan beslis goed ontwikkel in daardie rigting want sulke outjies as hul regte leiding kry is baie suksevol. Ongelukkig kan sulke outjies ook maar hardkoppig wees en laat nie toe dat hul maklik gewys word nie. Regte benadering is baie belangrik van alle kante. Hy is egter ‘n juweel op sy eie unieke manier.
Joshua sounds like such a little character.
Hy is baie besonders, met ‘n teer hartjie en ‘n koppige streep, wat waarskynlik sy redding sal wees in ons ou wêreld.
Die mannetjie wen harte orals!
Julle meelewing is so kosbaar.
Joshua is reg oor die nuwe pandemie – tegnologie is reeds orals!
Ja, hy is, ne Anne. Dis net jammer daar is nie maskers wat mens teen selfone kan beskerm nie.
En hy sal sekerlik eendag ‘n raat vind teen daardie pandemie!
Hmmm, ek dink nie enige raat daarteen is moontlik nie…
Wat ‘n slim meneer! Ek hoop die witbroodjie in die klas het mooi geluister 😁.
O ja, Frannie is onuitstaanbaar vroom in die klas.
Hy is so reg!!! Tegnologie is ‘n pandemie, veral as mens dit nie meer lekker verstaan nie! Briljante knapie!
Giegiegie, al is hy nou per ongeluk reg, hy is steeds reg!
Ek geniet hierdie mensie (askies meneer) se kommentaar elke liewe keer. Ek is so bly jy deel dit Frannie.
Dankie, Liza, dit verbly my hart as jy hier kom lees.
Liza, my e-posadres is fran.durandt@gmail.com. Stuur asb. vir my ‘n e-pos? Ek wil jou graag nooi na ‘n blogkuier hier in Pretoria.
Groot woorde vir n klein mensie
Jou kommentaar vertel my altyd hoe lief jy vir kinders is.
Beslis Tannie Frannie, beslis
Klink my hierdie meneer kan ‘n paar grootmense ‘n ding of twee leer
Janee, hy is uit op ‘n missie!
Yes? Well …. no, Fine!