Natuurlike aanleg is ‘n vreugde om te sien.

Joshua speel met sy ouma se ou stofsuier: “Hierdie ding is omtrent twee en duisend jaar oud.”

Hy skuif ‘n plastiekuitsteeksel aan die suierkop in ‘n gleuf aan die masjien in en siedaar – die apparaat staan kompak en reg om gebere te word!

In al die twee en duisend jaar wat ouma daai stofsuier gebruik het, het sy nooit van daardie slim plan geweet nie – die suier en die pyp het maar altyd orals rondgelê en haar gefrustreer…